Son Koerant

Son Koerant Son Sien Alles let wel: wanneer jy comment stem jy in dat Son jou comment kan (edit en) gebruik om in die koerant ook te publiseer.

Geen persoonlike aanvalle, haatspraak, rassistiese kommentaar, vloek- en skelwoorde, sowel as kommentaar wat onwelvoeglike taal bevat, sal geduld word. Enige kommentaar van hierdie aard sal verwyder word en die persoon sal summier geblok word. Die admin van Son se Facebook-blad behou die reg om kommentaar te modereer en om te besluit wat as aanvaarbaar beskou word. Son neem kennis van alle klagtes en sal aksie neem indien dit ‘n regverdige klagte is.

Rowan Phillips van die Hoërskool De Kuilen in Kuilsrivier sê hy het sewe onderskeidings behaal en dat hy medies aan Stel...
13/01/2026

Rowan Phillips van die Hoërskool De Kuilen in Kuilsrivier sê hy het sewe onderskeidings behaal en dat hy medies aan Stellenbosch gaan swot. Sy advies aan vanjaar se matrikulante is: “Begin vroeg, maar moenie jouself overwork nie. Werk deur ou vraestelle en moenie bang wees om te vra vir help nie.”

DIS weer daai tyd van die jaar wanneer matrikulante nou die vrugte van ’n hele jaar se harde werk kan pluk. Die klas van 2025 het vandag hul gedetaileerde uitslae ontvang.

Die brand, wat op Woensdag 7 Januarie in Langrug ontstaan het, bly aktief, met brandlyne wat steeds in sekere gebiede br...
13/01/2026

Die brand, wat op Woensdag 7 Januarie in Langrug ontstaan het, bly aktief, met brandlyne wat steeds in sekere gebiede brand. Kommerwekkende opvlammings is ervaar, waartydens helikopters ontplooi is om te help om die vlamme te blus.

Die brandweerdienste van die Kaapse Wynland Distriksmunisipaliteit (KWDM) het ’n stabiele nag gehad met goeie vordering tydens oornagbedrywighede op die Wemmershoek-brand in Franschhoek.

” Hy het klem gelê op die feit dat dit Louw was wat met die idee van ’n merger na hom toe gekom het, wat toe later daarv...
13/01/2026

” Hy het klem gelê op die feit dat dit Louw was wat met die idee van ’n merger na hom toe gekom het, wat toe later daarvan onttrek het. Fransman het op sy b***t gesê Van Heerden is iemand wat in die volgende paar jaar “hoër en hoër sal gaan om die mees benadeelde te dien.”

PASTOOR Curt van Heerden, die voormalige leier van People’s Prosperity Movement (PPM), het hom nou by die People’s Movement for Change (PMC), Marius Fransman se party, aangesluit, nadat ’n moontlike samesmelting van dié partye deur die mat geval het.

Volgens die Wes-Kaapse departement van mobiliteit is 12 mense tussen 5 en 11 Januarie 2026 op die provinsie se paaie doo...
13/01/2026

Volgens die Wes-Kaapse departement van mobiliteit is 12 mense tussen 5 en 11 Januarie 2026 op die provinsie se paaie dood in 11 noodlottige ongelukke. Dit is ’n groot verbetering in vergelyking met die vorige week, toe 25 mense hul lewens verloor het.

Voetgangers bly die kwesbaarste padgebruikers, met agt van die slagoffers wat voetgangers is, terwyl twee motorfietsryers en twee bestuurders ook in ongelukke gesterf het.

Die boewe het toe 14  selfone in ’n skoolsak gesit en op die vlug geslaan.Die geraamde waarde van die selfone beloop ong...
13/01/2026

Die boewe het toe 14 selfone in ’n skoolsak gesit en op die vlug geslaan.Die geraamde waarde van die selfone beloop ongeveer R34 000. Polisie ondersoeke het vasgestel dat die selfone na Mthatha gestuur is.

Die personeel is toe in ’n kantoor toegesluit waarna die verdagtes aangedring het op sleutels vir ’n kamer waar selfone gebêre is. Die boewe het toe 14 selfone in ’n skoolsak gesit en op die vlug geslaan.

DIE binnegeveg in die DA is nou besig handuit te ruk nadat die voormalige minister van bosbou, visserye en die omgewing,...
12/01/2026

DIE binnegeveg in die DA is nou besig handuit te ruk nadat die voormalige minister van bosbou, visserye en die omgewing, dr. Dion George, die DA-leier, John Steenhuisen, by die openbare beskermer, adv. Kholeka Gcaleka, ge-piemp het.

DIE binnegeveg in die DA is nou besig handuit te ruk nadat die voormalige minister van bosbou, visserye en die omgewing, dr. Dion George, die DA-leier, John Steenhuisen, by die openbare beskermer, adv. Kholeka Gcaleka, ge-piemp het.

Volgens inligting het die polisie verbonde aan die Tactical Response Team (TRT) ’n opvolgoperasie uitgevoer om ’n wanted...
12/01/2026

Volgens inligting het die polisie verbonde aan die Tactical Response Team (TRT) ’n opvolgoperasie uitgevoer om ’n wanted verdagte te arresteer wat gesoek is vir ’n reeks misdade insluitend poging tot moord, moord en veediefstal.

’N MAN (33) is doodgeskiet tydens ’n shootout met die polisie in die Etwa Location naby Qumbu in die Oos-Kaap.

’N DONKER wolk het Maandagoggend oor Oudtshoorn gehang toe die liggaam van ’n bejaarde vrou op ’n oop veld langs die R32...
12/01/2026

’N DONKER wolk het Maandagoggend oor Oudtshoorn gehang toe die liggaam van ’n bejaarde vrou op ’n oop veld langs die R328 ontdek is – ’n liggaam wat later bevestig is as dié van die vermiste 82-jarige Delia Visagie.

“Niemand wen die titel al in Januarie nie. Ja, ons het die festive break gebruik om ons reg te ruk en dit het ons ’n goe...
12/01/2026

“Niemand wen die titel al in Januarie nie. Ja, ons het die festive break gebruik om ons reg te ruk en dit het ons ’n goeie kans gegee om ons spelers beter te leer ken. Dit het ook veral die nuwe spelers kans gegee om gewoond te raak aan ons planne en structures,” het die Pirates coach bygevoeg.

Tien doele in die eerste twee wedstryde ná die Xmas break is genoeg bewys dat Young Pirates dié seisoen ernstig is oor die Regional Third Division title van Safa Cape Town.

Ooggetuies sê dat hy “lelike knoppe” op sy gesig en kop gehad en daar is ook ’n groot baksteen langs hom gevind. Julius,...
12/01/2026

Ooggetuies sê dat hy “lelike knoppe” op sy gesig en kop gehad en daar is ook ’n groot baksteen langs hom gevind. Julius, wat in sy 40’s was, het ook steekwonde opgedoen.

INWONERS van Bishop Lavis sê die hawelose man wat wreed in dié area vermoor is, het niemand gepla nie.

Vir Nigerië wat die titel al drie-keer gewen het, wag daar ’n reuse uitdaging wanneer hulle die gasheer, Marokko, aandur...
12/01/2026

Vir Nigerië wat die titel al drie-keer gewen het, wag daar ’n reuse uitdaging wanneer hulle die gasheer, Marokko, aandurf. Die tuisspan op sy b***t het die titel tot dusver net eenkeer gewen toe hy die titel in 1976 verower het.

Die vier spanne wat om die Africa Cup of Nations se halfeindstryde sal meeding, Senegal, Egipte, Marokko en Nigerië, het almal vantevore reeds die gesogte kontinentale titel verower.

Die inligting is opgevolg, en die twee verdagtes is in besit van skaapkarkasse gevind, en kon nie ’n bevredigende verdui...
12/01/2026

Die inligting is opgevolg, en die twee verdagtes is in besit van skaapkarkasse gevind, en kon nie ’n bevredigende verduideliking gee rakende die eienaarskap van die vleis nie.

TWEE mans is deur die polisie vasgetrek nadat hulle vee gesteel, geslag en toe aan die publiek verkoop het.

Address

112 Edward Road
Bellville
7530

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when Son Koerant posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Contact The Business

Send a message to Son Koerant:

Share

Category