Netwerk24 Sport

Netwerk24 Sport Sport hou jou op hoogte van nuus, statistieke, ontleding, menings en uitslae. Reëls van die blad:
1. Geen haatspraak sal toegelaat word nie.
2.

Die menings wat deur vriende en ander gebruikers op die blad uitgespreek word, weerspieël nie die standpunt van Sport nie. Weerhou jou van kru taalgebruik en om ander deelnemers te dreig of te boelie.
3. Ons behou ons die reg voor om negatiewe en lasterlike kommentaar te modereer of te verwyder.
4. Duplikaat-inskrywings sal verwyder word.
5. Die blad is 'n forum waar sport-ondersteuners met mekaar

in gesprek kan tree en menings kan uitruil.
6. Enige foto's, video's en kommentaar wat vriende op ons muur maak, kan in ons publikasies, op ons webwerwe en ander verwante sosiale media gepubliseer word. Dit kan ook uittreksels van kommentaar met vriende se meegaande profielfoto en gebruikersnaam bevat.

* As jy herhaaldelik bogenoemde reëls verbreek, sal jy van die blad verban word.

Die Ierse Rugbyunie (IRU) het sy hoofafrigter, Andy Farrell, se kontrak tot en met die einde van 2031 se Wêreldbeker-toe...
05/06/2026

Die Ierse Rugbyunie (IRU) het sy hoofafrigter, Andy Farrell, se kontrak tot en met die einde van 2031 se Wêreldbeker-toernooi verleng.

Die Ierse Rugbyunie (IRU) het sy hoofafrigter, Andy Farrell, se kontrak tot en met die einde van 2031 se Wêreldbeker-toernooi verleng.

Suid-Afrika het Kenia met 26-5 in hul Groep A-wedstryd geklop. Die Blitsbokke het vroeër Vrydag hul deelname aan die Bor...
05/06/2026

Suid-Afrika het Kenia met 26-5 in hul Groep A-wedstryd geklop. Die Blitsbokke het vroeër Vrydag hul deelname aan die Bordeaux-toernooi op ’n vals noot begin deur met 14-19 teen Brittanje vas te val. Met gewone speeltyd verstreke, was die telling 14-14 en daar was toe ekstra speeltyd.

Nadat die Blitsbokke Vrydag in hul eerste kragmeting in die Bordeaux-sewestoernooi vasgeval het, het hulle van rat verwissel om met Kenia af te reken.

Nog net een oorwinning.Dis al wat staan tussen die Duitser Alexander Zverev en sy Grand Slam-droom wat hy al so lank naj...
05/06/2026

Nog net een oorwinning.

Dis al wat staan tussen die Duitser Alexander Zverev en sy Grand Slam-droom wat hy al so lank najaag; ’n droom wat al telkens aan skerwe gelê het.

Nog net een oorwinning. Dis al wat staan tussen die Duitser Alexander Zverev en sy Grand Slam-droom wat hy al so lank najaag; ’n droom wat al telkens aan skerwe gelê het.

Die senter Jooste Nel het die Cheetahs Vrydagaand ’n goue begin in hul nuwe truie gegee in hul sege met 54-24 oor die Lu...
05/06/2026

Die senter Jooste Nel het die Cheetahs Vrydagaand ’n goue begin in hul nuwe truie gegee in hul sege met 54-24 oor die Lusitanos van Portugal in Bloemfontein.

Die wenspan het met die rustyd reeds met 40-10 voorgeloop.

Nog Suid-Afrikaners is Vrydag as Verenigde Rugbykampioenskap (VRK)-pryswenners aangekondig, met Ivan van Rooyen en Sacha...
05/06/2026

Nog Suid-Afrikaners is Vrydag as Verenigde Rugbykampioenskap (VRK)-pryswenners aangekondig, met Ivan van Rooyen en Sacha Feinberg-Mngomezulu, wat onderskeidelik as Afrigter van die Seisoen en die Spelers se Speler van die Seisoen aangewys is.

Nog twee Suid-Afrikaners is Vrydag met Verenigde Rugbykampioenskap (VRK)-eerbewyse vereer.

Die Kiwi’s het ses drieë gedruk om die spanne se Groep A-wedstryd op ’n drafstap met 42-0 te wen. Ter versagting moet ge...
05/06/2026

Die Kiwi’s het ses drieë gedruk om die spanne se Groep A-wedstryd op ’n drafstap met 42-0 te wen. Ter versagting moet genoem word dat Nieu-Seeland en Australië se vrouespanne by verre die pas aangee in sewesrugby.

Suid-Afrika se vrouespan het Vrydag sy tweede nederlaag op die eerste dag van die Bordeaux-sewestoernooi gely toe hy ook teen Nieu-Seeland verloor het.

Terwyl Bafana Bafana nog besig is om hul voete in Mexiko te vind waar hulle in Pachuca voorberei vir die openingswedstry...
05/06/2026

Terwyl Bafana Bafana nog besig is om hul voete in Mexiko te vind waar hulle in Pachuca voorberei vir die openingswedstryd van die Wêreldbeker-toernooi teen die tuisspan, het Mexiko reeds die eerste waarskuwingskote afgevuur.

Bafana Bafana sal Jamaika Saterdag agter geslote deure aandurf in die span se laaste WB-opwarmingstryd voor die openingskragmeting met Mexiko.

Die Poubloues, wat heelwat van hul gereelde spelers laat rus het en ’n paar nuwelinge ingespan het, het met 35-20 gewen ...
05/06/2026

Die Poubloues, wat heelwat van hul gereelde spelers laat rus het en ’n paar nuwelinge ingespan het, het met 35-20 gewen nadat hulle met die rustyd met 21-13 voorgeloop het.

Griekwas het gewys hulle het goeie diepte toe hulle Roemenië A Vrydag in hul eerste wedstryd in die Toyota-uitdaagreeks in Bloemfontein geklop het.

Toetsrugby teen die beste span in die Verenigde Rugbykampioenskap (VRK).Dís hoe Johan Ackermann, hoofafrigter van die Bu...
05/06/2026

Toetsrugby teen die beste span in die Verenigde Rugbykampioenskap (VRK).

Dís hoe Johan Ackermann, hoofafrigter van die Bulle, sy span se uitdaging teen die Glasgow Warriors Saterdagmiddag in die halfeindronde van dié kompetisie bestempel het.

Toetsrugby teen die beste span in die VRK wag Saterdagmiddag op die Bulle, sê Johan Ackermann, hoofafrigter.

Black Lion van Georgië het die Pumas Vrydag in tipiese koue en nat “Europese” toestande met 46-36 in die eerste wedstryd...
05/06/2026

Black Lion van Georgië het die Pumas Vrydag in tipiese koue en nat “Europese” toestande met 46-36 in die eerste wedstryd van vanjaar se Toyota-uitdaagreeks in Bloemfontein geklop.

Black Lion van Georgië het die Pumas Vrydag in tipiese koue en nat “Europese toestande” met 46-36 in die eerste wedstryd van vanjaar se Toyota-uitdaagreeks in Bloemfontein geklop.

Address

Naspers Centre, 40 Heerengracht
Cape Town
8001

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when Netwerk24 Sport posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Share