Sport Sport hou jou op hoogte van nuus, statistieke, ontleding, menings en uitslae. Reëls van die blad:
1. Geen haatspraak sal toegelaat word nie.
2.

Die menings wat deur vriende en ander gebruikers op die blad uitgespreek word, weerspieël nie die standpunt van Sport nie. Weerhou jou van kru taalgebruik en om ander deelnemers te dreig of te boelie.
3. Ons behou ons die reg voor om negatiewe en lasterlike kommentaar te modereer of te verwyder.
4. Duplikaat-inskrywings sal verwyder word.
5. Die blad is 'n forum waar sport-ondersteuners met mekaar

in gesprek kan tree en menings kan uitruil.
6. Enige foto's, video's en kommentaar wat vriende op ons muur maak, kan in ons publikasies, op ons webwerwe en ander verwante sosiale media gepubliseer word. Dit kan ook uittreksels van kommentaar met vriende se meegaande profielfoto en gebruikersnaam bevat.

* As jy herhaaldelik bogenoemde reëls verbreek, sal jy van die blad verban word.

Die Israel-Premier Tech-span was die middelpunt van verskeie ontwrigtings in vandeesmaand se Vuelta a Espana-fietsren in...
26/09/2025

Die Israel-Premier Tech-span was die middelpunt van verskeie ontwrigtings in vandeesmaand se Vuelta a Espana-fietsren in Spanje nadat die byeenkoms deur pro-Palestynse betogings oor Israel se oorlog in Gasa geteiken is.

Een van fietsry se topspanne is deur sy hoofborg aangemoedig om “Israel” uit sy naam te verwyder.

Die voormalige Arsenal-speler Billy Vigar (21) is dood nadat hy ’n “beduidende breinbesering” opgedoen het terwyl hy die...
26/09/2025

Die voormalige Arsenal-speler Billy Vigar (21) is dood nadat hy ’n “beduidende breinbesering” opgedoen het terwyl hy die afgelope naweek vir Chichester City gespeel het.

‘Sy familie is verpletter dat dit gebeur het terwyl hy die sport gespeel het waarvoor hy so lief was.’

Ná die Leeus se hartverskeurende nederlaag in die Curriebeker-eindstryd het die Johannesburgers die afgelope paar dae in...
26/09/2025

Ná die Leeus se hartverskeurende nederlaag in die Curriebeker-eindstryd het die Johannesburgers die afgelope paar dae inspirasie uit die Springbokke se onlangse rekordoorwinning oor die All Blacks geput.

Argentinië het drie van die spelers wat in 2015 vir ’n opskudding teen die Springbokke in Durban gesorg het in sy 23-tal...
26/09/2025

Argentinië het drie van die spelers wat in 2015 vir ’n opskudding teen die Springbokke in Durban gesorg het in sy 23-tal vir Saterdag se Rugbykampioenskap-toets op Kingspark gekies.

Argentinië het drie van die spelers wat in 2015 vir ’n opskudding teen die Bokke in Durban gesorg het in sy 23-tal vir Saterdag se toets.

Vorige prestasies tel niks wanneer die Springbokke Saterdag op Kingspark in Durban uitdraf vir hul Rugbykampioenskap-toe...
25/09/2025

Vorige prestasies tel niks wanneer die Springbokke Saterdag op Kingspark in Durban uitdraf vir hul Rugbykampioenskap-toets teen Argentinië nie, waarsku die losvoorspeler Kwagga Smith.

Vorige prestasies tel nie wanneer die Bokke Saterdag op Kingspark uitdraf vir hul Rugbykampioenskap-toets teen Argentinië nie.

Rassie Erasmus, Springbok-hoofafrigter, is nie net besig om Suid-Afrika se hand te versterk met sy klem op veelsydigheid...
25/09/2025

Rassie Erasmus, Springbok-hoofafrigter, is nie net besig om Suid-Afrika se hand te versterk met sy klem op veelsydigheid nie, maar ook om met die koppe te smokkel van rugbybase wat reëls graag verander. Dit is die mening van die voormalige Bok-haker Schalk Brits.

Rassie Erasmus, Springbok-hoofafrigter, wil hê ‘dat elke speler elke rol in die span begryp, ongeag die nommer op sy rug.’

Terwyl die Wêreldbekertoernooi reeds volgende jaar tot 48 spanne uitbrei, oorweeg Fifa ’n byeenkoms met 64 lande om die ...
25/09/2025

Terwyl die Wêreldbekertoernooi reeds volgende jaar tot 48 spanne uitbrei, oorweeg Fifa ’n byeenkoms met 64 lande om die 100ste herdenking van die sokkerskouspel in 2030 te vier.

‘Ons doen ’n beroep vir eenheid, kreatiwiteit en groot drome.’

Fernando Alonso, die oudste renjaer in Formule Een, sê die kans is groter dat hy volgende jaar sal uittree indien sy Ast...
25/09/2025

Fernando Alonso, die oudste renjaer in Formule Een, sê die kans is groter dat hy volgende jaar sal uittree indien sy Aston Martin-span ’n mededingende seisoen geniet.

‘As ons nie mededingend is nie, sal dit baie moeilik wees om op te gee sonder om weer te probeer.’

Indien pres. Donald Trump daar is vir ’n trofee-oorhandiging en Europa sy Ryderbeker-titel vandeesweek op Bethpage Black...
25/09/2025

Indien pres. Donald Trump daar is vir ’n trofee-oorhandiging en Europa sy Ryderbeker-titel vandeesweek op Bethpage Black suksesvol verdedig, sal Justin Rose met graagte die trofee by die president van Amerika in ontvangs neem.

‘Luister, dit is goed vir gholf dat hy betrokke is in die spel en hy bring natuurlik baie aandag saam met hom.’

Jannik Sinner, tweede op die wêreldranglys, sê hy is besig om klein aanpassings aan sy spel te maak nadat hy vroeër vand...
25/09/2025

Jannik Sinner, tweede op die wêreldranglys, sê hy is besig om klein aanpassings aan sy spel te maak nadat hy vroeër vandeesmaand in die Amerikaanse Ope-eindstryd teen Carlos Alcaraz verloor het.

‘Ons het baie oor daardie eindstryd nagedink.’

Boris Becker sê hy is spyt dat hy Wimbledon as ’n 17-jarige tiener gewen het omdat hy gesukkel het om die verwagtinge wa...
25/09/2025

Boris Becker sê hy is spyt dat hy Wimbledon as ’n 17-jarige tiener gewen het omdat hy gesukkel het om die verwagtinge wat op sy eerste Grand Slam-titel gevolg het, te hanteer.

‘Wat ook al jy doen, waar ook al jy gaan, met wie ook al jy praat, dit word ’n wêreldsensasie.’

Die flank Ardie Savea sal Nieu-Seeland die naweek teen Australië aanvoer, terwyl die stut James Slipper in sy 150ste toe...
25/09/2025

Die flank Ardie Savea sal Nieu-Seeland die naweek teen Australië aanvoer, terwyl die stut James Slipper in sy 150ste toets vir die Wallabies sal uitdraf nadat die spanne Donderdag aangekondig is.

‘Jy leer op die verhoog en hulle was onder die kollig en dit is nog ’n kans vir hulle.’

Address

Naspers Centre, 40 Heerengracht
Cape Town
8001

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when Sport posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Share

Our Story

As jy wil kommentaar lewer, lees asseblief hier:

Netwerk24Sport moedig ’n intelligente, oop gesprek aan op sy Facebook-blad en waardeer sinvolle kommentaar deur gebruikers.

Lewer asseblief hier konstruktiewe kommentaar wat relevant tot die onderwerp van die artikel is.

Geldige kritiek en sinvolle meningsverskille word aangemoedig, maar hierdie is nié ’n platform vir enige vorm van kwetsende kommentaar, haatspraak, persoonlike aanvalle of neerhalende kommentaar oor taal-, kultuur- en etniese groepe of gelowe nie.