Leef Inpas - Wees Geanker

Leef Inpas - Wees Geanker Leef inpas met hart, siel, gees en liggaam, jou eie Godgewe bloudruk! Verder voeg by woorde van liefde en waarheid wat ons vlerke gee!

Wees geanker in Jesus en saam skryf ons stories sonder pretensie wat lig, lag en hoop sal bring.

Liewe vriendinVroeg oggend sien ek op 'n besigheids groep hierdie foto en met 'n boodskap by "This photo was taken at th...
14/01/2026

Liewe vriendin

Vroeg oggend sien ek op 'n besigheids groep hierdie foto en met 'n boodskap by "This photo was taken at the Golden Globes when Michelle Yeoh won Best Actress for her role in "Everything Everywhere All at Once.”

Dadelik d**k ek dit is Jamie Lee Curtis wat gewen het maar nee, dit is Michelle Yeoh wat gewen het en dit ruk aan my hart toe ek verder lees dat dit Jamie was wat Michelle se toekenning vier, hande in die lug...🙌🙌🙌

Soms raak ons so besig en vasgevang in ons eie pas dat ons vergeet dat daar vroue in ons lewe is wat ons anker en vir wie ons ook 'n anker moet wees ⚓soms vergeet ons ook om met hande in die lug mekaar te vier.....ens 🙌🙌🙌

Mag ons in 2026 inpas leef en ook geanker wees om mekaar te vier, te bid vir mekaar, saam te mag huil en saam te lag...mag ons nooit so besig wees dat ons die klein dingetjies wat werklik saak maak vergeet....asook die spesiale vroue in ons lewens!

Ek deel graag met julle so 15 ankers wat ek op die tafel van my hart skryf vir elkeen van julle en dat ek ook opnuut inpas wil leef in 2026 saam met elkeen wat deel is van my reis op hierdie aarde. 💥🙏

JOSHUA 1:9.
Het Ek jou nie beveel, ‘Wees dapper en sterk’ nie? Moenie paniekbevange wees nie en moet jou nie laat afskrik nie, want die Here jou God is by jou, oral waar jy gaan.

PSALM 46:5.
God is in haar midde, sy sal nie wankel nie. God sal haar help wanneer die oggend aanbreek

PSALM 139:14.
Ek prys U omdat ek op ‘n ontsagwekkende, wonderbaarlike wyse gemaak is. Wonderbaarlik is u werke en ek besef dit maar te goed.

SPREUKE 3:15.
Sy is kosbaarder as koraal; niks wat jy begeer, kan met haar vergelyk word nie.

SPREUKE 11:16.
‘n Deugsame vrou is gesteld op haar goeie naam; mense wat niks ontsien nie, is gesteld op rykdom.

SPREUKE 31:16-17.
Sy oorweeg die waarde van ‘n stuk grond en koop dit, sy sit dit onder wingerd met geld wat sy self verdien het. Sy pak die werk aan met krag, haar hande staan vir niks verkeerd nie.

SPREUKE 31:20-21.
Sy het ‘n oop hand vir die armes, sy is vrygewig teenoor die behoeftiges. Sy is gerus oor haar huisgesin as dit sneeu: hulle dra almal warm klere.

SPREUKE 31:25.
Alles aan haar spreek van ‘n sterk en edel persoonlikheid; sy ken geen kommer oor die toekoms nie.

SPREUKE 31:26.
As sy praat, is dit met wysheid; as sy leiding gee, is dit met liefde.

SPREUKE 31:30.
Uiterlike skoonheid hou nie, ‘n mooi voorkoms is nie alles nie; as sy die Here dien, dán verdien ‘n vrou om geprys te word.

LUKAS 1:45.
En gelukkig is sy wat geglo het dat die Here se beloftes aan haar vervul sal word.

1 KORINTHIëRS 11:11-12.
Nogtans bestaan ‘n vrou nie apart van ‘n man nie en ‘n man nie apart van ‘n vrou nie – in die Here – want soos die vrou daar is uit die man, so ook is die man daar deur die vrou. Maar alle dinge kom van God.

1 KORINTHIëRS 15:10.
Maar deur die genade van God is ek wat ek is. Sy genade aan my was nie vergeefs nie, trouens, ek het baie harder gewerk as al die ander – eintlik nie ek nie, maar die genade van God, wat met my is.

1 TIMOTHEUS 3:11.
Net so moet vroue ook van goeie karakter wees, nie skinder nie, nugter en in alles betroubaar.

1 PETRUS 3:3-4.
Julle skoonheid moet nie op uiterlike dinge berus nie – soos die vleg van hare, die dra van goue juwele, of die aantrek van elegante klere nie; maar op dit wat in die mens se hart verborge is – die onverganklike skoonheid van ‘n saggeaarde en rustige gees, wat in God se oë baie kosbaar is.

Ek dank en eer die Here vir elke vrou in my lewe! Ek vier jou lewe vandag!

Mooi loop 👣hou koers🧭⚓🙏
Ziva





11/01/2026

Leef Inpas en Wees Geanker

Today I choose me 🙌💥
08/01/2026

Today I choose me 🙌💥

05/01/2026
Ek is tans besig om my boek "Guard your Heart - Nutrition for spirit, soul and body" te hersien en is dit in my beplanin...
04/01/2026

Ek is tans besig om my boek "Guard your Heart - Nutrition for spirit, soul and body" te hersien en is dit in my beplaning om dit ook later in Afrikaans beskikbaar te stel. So lees ek weer raak in my eie boek dat groei net kan plaasvind wanneer jy uit jou gemaksone beweeg.

Synde dat ek nog eindtlik in vakansie "mode" is trek ek toe maar gisteroggend my dapper stap pakkie aan, pak my rugsakkie (want dit is ‘n mooi petite een, my man dra soms 'n groter rugsak) want ek gaan mos net rustig stap en darem ook net 5km parkrun… easy peasy..... echo die positiewe klanke in my ore...'n gesegde wat 'n goeie vriendin van my gebruik. Golf speel, stap roetes in die natuur is goed maar iets nuuts doen sal dan juis beteken ek beweeg uit my gemaksone.

Ons ry vanaf ons huis na Marloth Park in Swellendam waar die Swellendam parkrun plaasvind elke Saterdag oggend om 8h00. Mense, kinders en honde het reeds begin saamdrom by die wegspring punt toe ons arriveer so 10minute voor die fluitjie gaan blaas.

Met verbasing kyk ek rondom my en sien niemand met 'n rugsakkie of dan rugsak......ek wonder of ons by die regte parkrun is? Vat hierdie mense dan niks saam met hulle behalwe dat hulle darem fraai gym/parkrun” klere aan het en sommige baie fancy tekkies of sneakers ek weet nie regtig nie wat is wat?

Terwyl ek nog so wonder… wat vat ek met my saam en wat los ek.... hoor ek manlief sê, Ziva jy moet maar jou hele rugsakkie los en hy haas vinnig na ons motor om dit daar te gaan los, ek gryp egter gou net ‘n botteltjie water uit my rugsakkie.

Een van die baan beamptes verduidelik so vlugtig die roete en reëls en al wat ek hoor is van 2,5km af en 2,5km weer op...easy peasy….ek het mos darem al baie gestap op ‘n golf baan en ander stap roetes gedoen. Die volgende oomblik blaas die flytjie en die mense, honde en kinders spring weg (wonder nog of daar dalk ook katte was) en dit lyk soos ‘n warrelwind wat mens en dier geskep het en ons gelukkig gemis het.

Toe die stof gaan lê besef ek die draf parkrun ding kan ek glad nie doen en wil ek net omdraai terug kar toe. My man sê, ag man ons stap net rustig en hier is darem nog 3mense met twee honde agter ons (dit lyk of hulle darem ook die warrelwind gemis het) en hulle gaan ook net stap.

Met een botteltjie water in die hand wat my man dra begin ons stap, dit gaan goed en ons tel lekker spoed op en die 3man met die twee honde wat die agter hoede dek begin ons eie Swellendam parkrun!

Eerste 2.5km lekker gelyk pad en die natuurskoon is asemrowend mooi en met die Langeberg berg reeks wat ons omring bring sommer ‘n huppel in my stap dat ek voel ek kan begin draf en dalkies sal ons nog die warrelwind inhaal.

Met die verbygaan by die eerste baan beampte groet ons vriendelik en op sy gesig sien ek ‘n groot vraag teken en my man sê so ewe..dit is ons eerste parkrun. Ek d**k die baan beampte het ook seker gewonder waar het ons die warrelwind gemis of hoekom is ons laat?

Sowat ‘n ent verder is nou waar die dinge eindtlik begin lol en die huppel uit my stap so stadig begin kwyn of miskien was dit omdat die volgende 1km of wat ons nie meer die bewolkte koel oggend lig en oop vlaktes sou kon sien nie.

Die roete wat die volgende 2.5km opdraande pad is tussen denne en bloekom plantasies. Dit is hier waar die liggie begin flits het in my kop en hoekom word dit ‘n parkrun genoem want jy moet eerder park of run want ‘n easy peasy stap is dit beslis nie en veral nie die Swellendam parkrun wat genoem word “The Beast”

My pas raak al hoe stadiger en dat dit my laat d**k aan ‘n bruid wat ingestap kom in die kerk, haar trourok met ‘n moewiese lang sleep wat haar stap vertraag. Met tye vat my man my hand en trek-sleep my teen die steiltes op. Ek drink water maar nie eers 50 meter verder verder hoor en net glug-glug water geluide rond skommel in my maag en dit laat d**k my aan vroeër jare was daar ‘n Sasol petrol advertensie van oupa en ouma met ‘n baba in ‘n stootwaentjie. Die baba maak sulke glug-glug geluide soos die petrol ingegooi word en die volgende oomblik trek die stoofwaentjie daar weg met ‘n spoed. Oupa vra vir ouma waar gaan hy heen…en ouma antwoord seker nie ver en ek wonder hoe ver nog vir my?

Met die glug-glug water geluide in my maag teen die steilte uit ontdek ek ook dat maskara en ‘n sonbril gekombineer met sweet druppels glad nie saam werk nie. Met tye moes ek die sonbril afhaal en die maskara en sweet asook die wasem binne my sonbril afvee met my t-hemp want tissues was dan in my petite rugsakkie.
Soms was dit ook goed dat my sonbril toe gewasem was sodat ek nie te ver vooruit kon sien want dan sou ek daar en dan sommer “park” daar in die woud!

Tree vir tree beur ek egter vorentoe en ontdek ek ook dat wanneer die rivier strome uit jou kop oorspoel (seker die glug-glug water wat ek gedrink het) en jy jou hoed moet afhaal om jou nat toutjies hare net weer bietjie te kan afvee met jou t-hemp (wat jy hierdie keer verder moet oplig) Dit is ook hier dat ek besef dat ‘n sopnat bra baie swaartekrag het wat jou wil aftrek en laat “park”

Ek ontdek ook dat die hoed wat ek dra sy eie watermark het naamlik FWRD vir forward meen ek, en dit maak dat ek sommer weer nuwe moed skep om verder te stap. Plek plek is daar sulke bosse met geel blommetjies en gebruik ek dit as giggel geel amper histeriese lag asem skep tye van wat het my besiel…. en my man gebruik dit as “check-in” tye is jy oraait? Intussen het my gesig en ore se kleur na rooi begin verander en ek vermoed dit tas jou gehoor aan want die frekwensie was nie vir my altyd baie duidelik….oraait of giggel geel histeriese lag van wat het jou besiel?

My lippe begin brand en ek d**k aan my sus wat by my kom kuier het middel Desember en wat sulke “magic” lipice gekoop het iewers daar in Malmesbury, dit het ‘n dubbele doel van jou lippe beskerm en is dan ook sommer ‘n lipstiffie want dit verkleur na rooi wanneer ‘n mens dit aanwend op jou lippe. Nog ‘n item wat in my petite rugsakkie lê en glimlag sonder om gebruik te word.

Volgende keer sal ek dit ek verseker moet saam neem maar ek sal eers vir my een van daai fancy gym/parkrun leggings moet koop met die sakke aan die kant, ek sien die mense sit hulle selfone daarin maar myne sal ek verseker eerder wil gebruik vir nood items.

Voor die laaste 500 meter aanbreek kom daar ook nog ‘n groot laaste ontdekking en dit is dat my longe die grootste stoom simbaal klanke kan voorbring wat al die bloed uit my lippe dreineer en dit vreeslik bleek laat vertoon ek d**k die lipice sal uitstekend kan werk vir die volgende keer want dan is alles rooi en arriveer ek ten minste met ‘n totale rooi gesig by die eindpunt.

Soos ons die eindpunt nader kom daar baie voertuie verby van die mense wat reeds klaar gemaak het en almal waai en ek doen maar ook die Lady Di waai met die een hand terwyl dit in my hart juig, ek het “the beast” oorwin ‘n hele 5km stap “park” run!

Slotsom van my eerste parkrun is leef inpas met jouself (siel, gees en liggaam) jou eie God gegewe bloudruk, stap jou eie pas sonder vergelykings met ander en wees geanker in die doel en plan wat God het vir jou lewe. Vertrou Hom dat Hy tree vir tree saam met jou sal stap, elke besluit wat jy sal neem hierdie jaar, elke uitdaging wat oorkom moet word....weet net Hy is reeds daar by die eindpunt!

Mooiloop
Ziva

Address

Cape Town

Opening Hours

Monday 09:00 - 17:00
Tuesday 09:00 - 17:00
Wednesday 09:45 - 17:00
Thursday 09:00 - 17:00
Friday 09:00 - 17:00

Website

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when Leef Inpas - Wees Geanker posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Share