Peet Vorster met V Toeka tot Nou en Nou gaan ons Braai

Peet Vorster met V Toeka tot Nou en Nou gaan ons Braai Kuier saam met Peet Vorster elke Saterdag vanaf 18:00 en Woensdagaand van 6 tot 9 op Houtstok FM

Vanaand Braai ons
03/10/2026

Vanaand Braai ons

01/10/2026
Ek is so bietjie van die mic af weg die week en volgende week a.g.v 'n baie belangrikke verhoog stuk met my oudste by di...
19/09/2026

Ek is so bietjie van die mic af weg die week en volgende week a.g.v 'n baie belangrikke verhoog stuk met my oudste by die Silvervaring fees en volgende week is dit die Pomp Ouens se jaarlike visvang trip, en dit is n groot een die jaar. Kliphoek river resort, ek hoop jul is reg vir ons.
Louis Baartman sal vir my instaan en seker maak daars genoeg hout op die vuur.

Dit was maar n rustige braai die week want ons het almal baie rustig, sonder vloek,  na die mooi Springbok Wedstryd  gek...
08/09/2026

Dit was maar n rustige braai die week want ons het almal baie rustig, sonder vloek, na die mooi Springbok Wedstryd gekyk.

Die week is dit Christo wat die kroon dra as Braaier van die Week met die egte koolstoof hoender pot.
Anton braai nog altyd.
Barend het worsbroodjies op n ander manier gemaak.
Mev. Viskop van Kleinemonde was besig met n lang sous saam met vlakvark fillet.
Deon Theart was besig met n braai pie.
AC Smal het n baie lekker Watterblommetjie pot gemaak.
Rika het n moerse oorwinnings braai vir een gehad.
Pres. Jim het een of ander bottervretende baber gebraai en Willem het n lekker runaway gebraai.

Ons het ook geleer dat Braai en Sokkie is soos battery en torch, soos boud en supertube. Dit werk net mooi saam.

Ek deel graag so paar van die week se braai fotos.

Oom frikkie se Roekelose Woord Van die Week.Saterdrag.
08/09/2026

Oom frikkie se Roekelose Woord Van die Week.
Saterdrag.

Wat n lekker week op Nou Gaan Ons Braai saam met net die beste Springbok Rugby.Ons het die week geleer hoe om n byl beho...
30/08/2026

Wat n lekker week op Nou Gaan Ons Braai saam met net die beste Springbok Rugby.

Ons het die week geleer hoe om n byl behoorlik skerp te maak, en nee, die kombuis skerpmaker werk nie.

Oom frikkie het sy Roekelose Woord van week met ons gedeel en Anton het die week die kroon gevat as "Braaier Van Die Week" met sy Tradisionele Afval en Rugby pot.

Laas week was ek so bietjie af van sosiale media af so ek deel ook laas week se Braaier van die week, Viskop met sy 3 Springbok Braai.

Van die ander inskruiwings die week was ook,
President iets wat op Loopstraat se sypaadjie gebraai het.
Viskop se Kiwi Hoender spit op vuurwarm kole.
Ronel het al vroeg gebraai saam n lekker pap en sousie.
Stephan het koedoe wors en nog vleis gehad.
Hennie het gekroek met sy lekker ontbeende springbok in netvet gestop met bacon en skaapstert op die weber gebraai.
En Francois het n dubbele pot gemaak.

Oom frikkie se Roekelose Woord Van die Week.Boere Sushi
30/08/2026

Oom frikkie se Roekelose Woord Van die Week.
Boere Sushi

Dit was die week weer so effens aan die rowwe kant op Nou Gaan Ons Braai maar ons het darm geleer dat as jy met n toeknu...
10/08/2026

Dit was die week weer so effens aan die rowwe kant op Nou Gaan Ons Braai maar ons het darm geleer dat as jy met n toeknuip rooster braai, is jy lui, of dalk net moeg.

Anton dra die week die kroon as Braaier Van Die Week met sy Grootbrak Rivier Braai.
Deon het n moerse pie gebraai op n skuit in Mosselbaai.
Retha se krag was af so dit was n kerslig braai.
Volstruisnek se vleis was onder n mandjie.
Die GTVB het n biltong sousie gemaak.
Die Soutpanners het gebrag met Skaaprib.
Kiewiet het lanklaas gemaakte curry tjops gebraai.
Peet het in die bos gebraai.
Reinald op die tumble dryer.
Koos het een moerse T Bone gebraai en Belinda het lekker krimmelpap en oepsies gemaak.

Oom Frikkie se amptelike Roekelose woord van die week,'n Nekpoep - Burp, of net beter bekend as "Sies Man" .🤣
10/08/2026

Oom Frikkie se amptelike Roekelose woord van die week,
'n Nekpoep - Burp, of net beter bekend as "Sies Man" .🤣

Dit was maar n rustige aand om die vuur die week. Op die Weskus gaan eet ons mos by fancy plekke op pay naweek.Mnr Volst...
26/07/2026

Dit was maar n rustige aand om die vuur die week. Op die Weskus gaan eet ons mos by fancy plekke op pay naweek.

Mnr Volstruisnek uit Oudhoorn dra die week die kroon as Braaier van die Week met sy lamsrib braai.

Dit was maar n moeilike besluit veral met iemand wat probeer punte wen het met sy Buffels, maar die kroon is gevat en volgende week maak ons weer so.

Die inskruiwings die week is soos volg,

Martie met haar bitter koue Albertina Braai.
Danie met sy eie Jalapeno popper Braai.
Pres. Jim se gehuimsinnige Boerie Roll Braai.
Mnr Volstruisnek van Oudshoorn se Lamsrib Braai.
Johan se uiteindelike Wildswors op Velddrif Braai.
Ore se lekker skaaptjop Braai.

Address

Cape Town

Opening Hours

18:00 - 21:00

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when Peet Vorster met V Toeka tot Nou en Nou gaan ons Braai posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Shortcuts

Share

Category