01/10/2026
As kind het ek en my boetie na die bloopers reel van Die Casper Rasper Show season 3 gekyk, en dis hoe ek Marion Holm leer ken het. Haar lag het ons altyd laat lag en dadelik beter laat voel oor alles.
Vandag is ek baie bevoorreg om haar goed te ken en vriende met haar te wees. In hierdie episode van Origins vertel Marion hoe sy in Worcester groot geword het, van haar vriendskap met Nataniël wat begin het toe hulle 10 jaar oud was, en van Piekniek by Dingaan, die kabaret wat in die tagtigerjare onder apartheid vir groot ophef gesorg het.
Sy is ongelooflik snaaks en net so goed in ernstige rolle, want alles by haar kom uit 'n plek van eerlikheid. Sy het 'n groot hart, maar is terselfdertyd kompleks, en eintlik 'n groot introvert wat baie tyd op haar eie nodig het. Daarom is sy ten volle daar wanneer sy by jou is, en gee sy alles.
Daar is regtig net een soos Marion. Sy het 'n ongelooflike uitkyk op die lewe, sy is ryk in ervaring, menswees en deernis, en sy is ongelooflik talentvol.
Die volle episode is nou op die Kwena Studios YouTube kanaal. Skakel in my bio. Like, deel en volg vir meer gesprekke oor waar ons vandaan kom.