Landbouweekblad

Landbouweekblad Landbouweekblad is so tuis soos beskuit en biltong in SA boere se huise. Ons sal op eie diskresie kommentaar goed- of afkeur.

Landbou.com se beleid oor kommentaar:

Ons is ten gunste van oop gesprek en bied aan ons lesers platforms om saam te gesels, kommentaar te lewer en hul menings te lug. Om onsself en ons lesersgehoor te beskerm sal ons nie gratis advertensies, haatspraak, rassisme, homofobie, pornografie, swak taalgebruik (vloekwoorde) of seksisme in kommentaar goedkeur nie. Kyk ook na Landbou.com se gebruiksvoorwaardes: http://landbou.com/gebruiksvoorwaardes/

Die debat oor onteiening sonder vergoeding is nie net ’n saak vir boere en landboubesighede nie, dit is iets wat elke Su...
05/09/2026

Die debat oor onteiening sonder vergoeding is nie net ’n saak vir boere en landboubesighede nie, dit is iets wat elke Suid-Afrikaner raak. Wat beteken dit vir jou huis, jou werk en jou kinders se toekoms?

Makadamias Suid-Afrika (Samac) neem sy jaarlikse MacDay-konferensie in September na vier van die belangrikste makadamia-...
05/09/2026

Makadamias Suid-Afrika (Samac) neem sy jaarlikse MacDay-konferensie in September na vier van die belangrikste makadamia-produserende provinsies in die land om die navorsing, markinligting en besluitneming in dié bedryf na die produsente te bring.

Twee Daan van der Merwes lei nou Agri Noordwes nadat kol. Daan van der Merwe as mede-ondervoorsitter aangewys is op die ...
05/09/2026

Twee Daan van der Merwes lei nou Agri Noordwes nadat kol. Daan van der Merwe as mede-ondervoorsitter aangewys is op die provinsiale unie se jaarkongres wat by die ATKV-oord Buffelspoort by Rustenburg gehou is.

Die raad van Onderstepoort Biological Products (OBP) het die instelling se waarnemende uitvoerende hoof voorsorg geskors...
05/09/2026

Die raad van Onderstepoort Biological Products (OBP) het die instelling se waarnemende uitvoerende hoof voorsorg geskors ná bewerings van ernstige wangedrag oor die prysbepaling van bek-en-klouseer-entstowwe.

Die staat kyk na kompartementering sodat Suid-Afrika in die geval van uitbrekings van ernstige veesiektes soos bek-en-kl...
05/09/2026

Die staat kyk na kompartementering sodat Suid-Afrika in die geval van uitbrekings van ernstige veesiektes soos bek-en-klouseer steeds produkte kan uitvoer, het Willie Aucamp, minister van landbou, op Agri Noordwes se kongres by die Buffelspoort-vakansieoord buite Rustenburg gesê.

John Chelius is sedert 2004 die eienaar van die Waterfield-boerdery buite Durban, wat verskeie soorte slaai en veral bla...
05/09/2026

John Chelius is sedert 2004 die eienaar van die Waterfield-boerdery buite Durban, wat verskeie soorte slaai en veral blaargroente, asook kruie, aan die kleinhandel lewer.

John Chelius is sedert 2004 die eienaar van die Waterfield-boerdery buite Durban, wat verskeie soorte slaai en veral blaargroente, asook kruie, aan die kleinhandel lewer.

Verskeie weerwaarskuwings geld terwyl sterk wind en swaar donderstorms reeds skade aan geboue en kraginfrastruktuur in v...
05/09/2026

Verskeie weerwaarskuwings geld terwyl sterk wind en swaar donderstorms reeds skade aan geboue en kraginfrastruktuur in verskeie provinsies veroorsaak het. Kragonderbrekings het dorpe sonder elektrisiteit gelaat en die Hugenote-tonnel op die N1 teen laat Vrydagmiddag gedeeltelik gesluit moes word.

’n Frats-motorongeluk het dr. Johan Strauss (63), wie se lewensmissie dit was om die liggingsdifferensiaal in die graanb...
04/09/2026

’n Frats-motorongeluk het dr. Johan Strauss (63), wie se lewensmissie dit was om die liggingsdifferensiaal in die graanbedryf meer doeltreffend te maak, se lewe geëis. Die bedryf het 'n groot kampvegter verloor...

’n Frats-motorongeluk het dr. Johan Strauss (63), wie se lewensmissie dit was om die liggingsdifferensiaal in die graanbedryf meer doeltreffend te maak, se lewe geëis.

04/09/2026

🎬 In episode 5 kuier Breyton by Pieter Hendricks, wat vandag in Mpumalanga boer en ook sakebelange in Johannesburg het. Wie sal daardie drie in die openingswedstryd teen die Wallabies in 1995 op Nuweland vergeet? 🏉 Jy ken die Springbok; kom ontmoet die boerbok. Plus, ons kry ’n ontleding van die Springbokke se derde toets teen die All Blacks.

📺 Kyk op VIA (DStv-kanaal 147):
🗓️ 8 Sep | 19:00
🗓️ 10 Sep | 19:30
🗓️ 12 Sep | 08:00
🗓️ 15 Sep | 13:00

Met trots geborg deur Vleissentraal 🤝 en met dank aan ons medeborg, DHL Africa 💛📦

🇿🇦

Dit is die waarskuwing wat Eric Thabo Stoch, uitvoerende voorsitter van die NWUFPA, in ’n amptelike kennisgewing tot die...
04/09/2026

Dit is die waarskuwing wat Eric Thabo Stoch, uitvoerende voorsitter van die NWUFPA, in ’n amptelike kennisgewing tot die betrokke nasionale regeringsdepartemente en provinsiale LUR’e gerig het.

Ondanks sy beste pogings om voorbereid te wees, staan die Noordwes-sambreelbrandbeskermingsvereniging (NWUFPA) voor ’n krisis met die brandseisoen wat op hande is en die voorspelde “super”-El Niño wat droë en warm toestande kan meebring

Address

40 Heerengracht 1802 Bus
Cape Town
8001

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when Landbouweekblad posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Contact The Business

Send a message to Landbouweekblad:

Shortcuts

Share