Die Landbougesprek

Die Landbougesprek Bly hier op hoogte van snitte wat op RSG Landbou uitgesaai word. *Nie die amptelike RSG-blad nie.

In order to adhere to the Protection of Personal Information (POPI) Act, 2013 (Act 4 of 2013) we hereby notify all users of our pages that by participating in posts through likes, comments, etc, you are consenting to your information (profile) being visible on our page. Should you elect to continue participating in this manner, we accept that you are consenting to being a part of this pag

e and to your personal account information being noticeable to any other person on this page. You may at any stage withdraw from participating and you may unlike a page at any time. For more info about our privacy policy and the POPI regulations click here: https://www.agriorbit.com/privacy-policy/

In vandag se RSG Landbou gesels ons met Deidré Carter van Agri Limpopo oor owerhede en landbou in dié provinsie, Anneliz...
18/12/2025

In vandag se RSG Landbou gesels ons met Deidré Carter van Agri Limpopo oor owerhede en landbou in dié provinsie, Annelize Crosby van Agbiz gesels oor wetgewing wat op die landbou van toepassing is en Johan van den Berg lewer sy laaste weergesprek vir die jaar.

Wat landbou in die Limpopo-provinsie uniek maak, is die samewerking tussen kommersiële en nuwe boere. So sê Deidré Carter van Agri Limpopo. En het jy geweet Agri Limpopo het daarin geslaag om die owerhede te kry om in Januarie vanjaar met die herstel van 21 probleempaaie te begin, sónder ‘n beskikbare begroting? Ons hoor wat sy nog oor landbou in dié provinsie te sê het.

Dan praat ons met Annelize Crosby van Agbiz oor wetgewing wat ook op die landbou van toepassing is en tans aandag in die parlement geniet. Een hiervan behels die regulering van chemiese middels.

Moet ook nie ons laaste weergesprek vir die jaar met Johan van den Berg misloop nie.

Klik op die skakel om na die uitsendings te luister: https://agriorbit.com/rsg-landbou-18-desember-2026/

Agbiz (Agricultural Business Chamber) Agri Limpopo

Op vandag se RSG Landbou gesels ons met Deidre Carter van Agri Limpopo oor owerhede en landbou in dié provinsie.

In vandag se RSG Landbou gesels ons met dr Danie Odendaal van Veearts Netwerk oor die sertifisering van kalwers vir voer...
17/12/2025

In vandag se RSG Landbou gesels ons met dr Danie Odendaal van Veearts Netwerk oor die sertifisering van kalwers vir voerkrale. Ons vind ook meer uit oor hittestres by skaap- en beeskuddes en hoor oor Agbiz Grain se planne vir ‘n vaardigheidsontwikkelingsprogram vir silopersoneel.

Een van die grootste behoeftes by voerkrale is kalfnaspeurbaarheid. Dr Danie Odendaal van Veearts Netwerk verduidelik watter rol die kuddeveearts speel by waarborge oor die gesondheidstatus van kalwers wat aan voerkrale gelewer word.

Het jy geweet hittestres het ‘n impak op besetting in skaap- en beeskuddes tydens die teelseisoen? Dr Johan van Rooyen van die Steynsburg Dierehospitaal gee terugvoer oor ‘n studie hieroor.

Ons praat ook met dr Charl van der Merwe van Agbiz Grain. Een van hul fokuspunte vir 2026 is die ontwikkeling van ‘n vaardigheidsontwikkelingsprogram vir silopersoneel.

Klik op die skakel om na die uitsendings te luister: https://agriorbit.com/rsg-landbou-17-desember-2025/

Plaas Media Agbiz Grain Steynsburg Animal Hospital

In vandag se RSG Landbou gesels ons met dr Danie Odendaal van Veearts Netwerk oor die sertifisering van kalwers vir voerkrale.

In vandag se RSG Landbou gesels Agbiz oor hulle fokuspunte vir 2026, ons vind uit wie die 2025 Nasionale Meestersuiwelbo...
15/12/2025

In vandag se RSG Landbou gesels Agbiz oor hulle fokuspunte vir 2026, ons vind uit wie die 2025 Nasionale Meestersuiwelboer wenners is en dr Frikkie Maré gesels oor die rooivleisbedryf in 2025.

Waarom speel sentiment so ‘n belangrike rol wat groei in die landbou betref? Dit is een van die vrae wat tydens die onlangse Agbiz-mediadag in Pretoria beantwoord is. En het jy geweet sakevertroue in die landboubedryf het in die vierde kwartaal van 2025 met vyf punte tot 67 gestyg? Theo Boshoff het met ons hieroor gesels.

Die Landbounavorsingsraad (LNR) het in November die wenners van hul 2025 Nasionale Meestersuiwelboertoekennings aangekondig en ons hoor wat ‘n paar van ons top melkboere te sê het.

Moet ook nie ons gesprek met dr Frikkie Maré van die Rooivleisprodusente-organisasie misloop nie want, ten spyte van bek-en-klouseer, het rooivleispryse die afgelope jaar met tussen 20 en 40% verbeter.

Klik op die skakel om na die uitsendings te luister: https://agriorbit.com/rsg-landbou-15-desember-2025/

Agricultural Research Council National RPO / Nasionale RPO Agbiz (Agricultural Business Chamber)

In vandag se RSG Landbou gesels Agbiz oor hulle fokuspunte vir 2026, ons vind uit wie die 2025 Nasionale Meestersuiwelboer wenners is en dr Frikkie Maré gesels oor die rooivleisbedryf in 2025.

In vandag se RSG Landbou gesels ons met Kobus Bester oor die nuut gestigte Stoettelersfederasie en ons ontvang die nuuts...
11/12/2025

In vandag se RSG Landbou gesels ons met Kobus Bester oor die nuut gestigte Stoettelersfederasie en ons ontvang die nuutste vleispryse en weervooruitsigte.

Twee belangrike rolspelers in die rooivleisbedryf, SA Stamboek en die Lewendehawe Registrerende Federasie, het onlangs die Stoettelersfederasie op die been gebring. Kobus Bester is as voorsitter verkies en hy brei uit oor hul primêre mandaat, naamlik om die belange van stoettelers en produsente wat van geregistreerde diere en/of genetika gebruik maak, te beskerm.

Oudergewoonte is Chris Derksen terug met die week se vleispryse en moet ook nie ons gesprek met Johan van den Berg misloop nie. Hy praat oor landbou-weervooruitsigte.

Klik op die skakel om na die uitsendings te luister: https://agriorbit.com/rsg-landbou-11-desember-2025-geborg-deur-bkb/

BKB SA Stud Book / SA Stamboek Livestock Registering Federation Plaas Media

In vandag se RSG Landbou gesels ons met Kobus Bester oor die nuut gestigte Stoettelersfederasie en ons ontvang die nuutste vleispryse en weervooruitsigte.

Johan van den Berg is weer terug op sy pos met sy weeklikse weersake-gesprek met Lise Roberts op RSG Landbou. Klik op di...
11/12/2025

Johan van den Berg is weer terug op sy pos met sy weeklikse weersake-gesprek met Lise Roberts op RSG Landbou.

Klik op die skakel en luister nou na hierdie week se weerverslag soos op 11 Desember: https://agriorbit.com/weeklikse-weer-met-johan-van-den-berg/

Plaas Media

Onafhanklike weerkundige, Johan van den Berg, gesels elke week weersake. Luister nou na hierdie week se weerverslag om op hoogte te bly.

In vandag se RSG Landbou vind ons meer uit oor somergraan-aanplantings, in- en uitvoerverwagtinge vir graan in 2026 en o...
10/12/2025

In vandag se RSG Landbou vind ons meer uit oor somergraan-aanplantings, in- en uitvoerverwagtinge vir graan in 2026 en ons kyk saam BKB terug na wat 2025 vir hulle opgelewer het.

Koud en nat – dis hoe Graan SA die huidige seisoen se somergraan-aanplantings beskryf. Moenie ons gesprek vanoggend misloop nie, want ons praat ook oor in- en uitvoerverwagtinge vir graan in 2026.

Die BKB-groep se uitbreiding by hul meule op Bethlehem was ‘n goeie besluit, sê Johan Stumpf. En het jy geweet suiker is ook deel van BKB se besigheid? Ons kyk saam met hom terug na wat 2025 vir hulle opgelewer het.

Klik op die skakel om na die uitsendings te luister: https://agriorbit.com/rsg-landbou-10-desember-2025-geborg-deur-bkb/

Grain SA/Graan SA BKB

In vandag se RSG Landbou vind ons meer uit oor in- en uitvoerverwagtinge vir graan in 2026 en ons kyk saam BKB terug na wat 2025 vir hulle opgelewer het.

In vandag se RSG Landbou vind ons meer uit oor ‘n studie wat die Universiteit van Pretoria gedoen het wat produsente, ab...
09/12/2025

In vandag se RSG Landbou vind ons meer uit oor ‘n studie wat die Universiteit van Pretoria gedoen het wat produsente, abattoirs, voerkrale, kleinhandelaars en werkers ingesluit het, ons vind uit oor wat Melk SA se Bedryfsinligtingsprojek behels en ons ontvang die nuutste wolmarkverslag.

Hoe kwesbaar is die rooivleiswaardeketting? Dr Danie Jordaan van die Universiteit van Pretoria praat oor ‘n studie wat hulle gedoen het wat produsente, abattoirs, voerkrale, kleinhandelaars en werkers ingesluit het. Die gehalte van kommunikasie ‘n faktor wat by al die rolspelers sterk na vore gekom het.

Ons vind ook uit wat Melk SA se Bedryfsinligtingsprojek behels. Bertus van Heerden van die Melkprodusente-organisasie kuier in die ateljee.

Moet ook nie ons laaste wolmarkverslag vir 2025 misloop nie. Heinrich Victor is terug met goeie nuus oor wolpryse.

Klik op die skakel om na die uitsendings te luister: https://agriorbit.com/rsg-landbou-9-desember-2025-geborg-deur-bkb/

Cape Wools SA BKB MPO - Milk Producers Organisation University of Pretoria

In vandag se RSG Landbou vind ons meer uit oor haarwurm en ons gesels met Rensgrow Beefmaster oor hulle boerdery.Het jy ...
08/12/2025

In vandag se RSG Landbou vind ons meer uit oor haarwurm en ons gesels met Rensgrow Beefmaster oor hulle boerdery.

Het jy geweet, haarwurm is die grootste enkele rede vir sterftes onder skape in Suid-Afrika? Moenie hierdie interessante gesprek met dr Danie Odendaal van Veearts Netwerk vanoggend misloop nie. Dis belangrik, veral aangesien dié parasiet nou floreer.

Ons kuier ook op die plaas Koksley in die Komga-distrik van die Oos-Kaap. Guy Rensburg van Rensgrow Beefmaster gesels met ons oor sy boerdery en die sukses van dié beesras in Suid-Afrika.

Klik op die skakel om na die uitsendings te luister: https://agriorbit.com/rsg-landbou-8-desember-2025-geborg-deur-bkb/

Rensgrow Beefmaster Stud BKB Plaas Media

In vandag se RSG Landbou vind ons meer uit oor haarwurm en ons gesels met Rensgrow Beefmaster oor hulle boerdery.

Johan van den Berg is weer terug op sy pos met sy weeklikse weersake-gesprek met Lise Roberts op RSG Landbou. Luister no...
04/12/2025

Johan van den Berg is weer terug op sy pos met sy weeklikse weersake-gesprek met Lise Roberts op RSG Landbou. Luister nou na hierdie week se weerverslag soos op 4 Desember.

Klik op die skakel om saam te luister: https://agriorbit.com/weeklikse-weer-met-johan-van-den-berg/

Plaas Media

Onafhanklike weerkundige, Johan van den Berg, gesels elke week weersake. Luister nou na hierdie week se weerverslag om op hoogte te bly.

In vandag se RSG Landbou is daar meer oor ‘n risiko-ontledingstudie vir die Suid-Afrikaanse rooivleisbedryf, aspekte wat...
04/12/2025

In vandag se RSG Landbou is daar meer oor ‘n risiko-ontledingstudie vir die Suid-Afrikaanse rooivleisbedryf, aspekte wat in ag geneem moet word met die aankoop van ‘n bossiekapper en ons ontvang die jongste weervooruitsigte en vleispryse.

Het jy geweet dat die wisselvalligheid van die klimaat ‘n impak op die rooivleisproduksieproses het? Dit is maar een van die risiko’s wat die plaaslike rooivleisbedryf in die gesig staar. Winsgewendheid, dieresiektes en menslike hulpbronbestuur is ook ter sprake. Die Universiteit van Pretoria is tans besig met ‘n risiko-ontledingstudie vir die Suid-Afrikaanse rooivleisbedryf en dr Danie Jordaan vertel ons meer.

Ons praat ook met Anthony Jacobs van Husqvarna oor aspekte wat in ag geneem moet word wanneer ‘n bossiekapper vir die werk op jou plaas aangekoop moet word.

Dis Donderdag en veral ons produsente in somerreënvalgebiede moenie Johan van den Berg se bydrae oor landbouweervooruitsigte misloop nie.

Chris Derksen brei uit oor die jongste vleispryse.

Klik op die skakel om na die uitsendings te luister: https://agriorbit.com/rsg-landbou-4-desember-2025-geborg-deur-husqvarna/

Husqvarna University of Pretoria Plaas Media National RPO / Nasionale RPO RMIS - Red Meat Industry Services

'n Risiko-ontledingstudie vir die Suid-Afrikaanse rooivleisbedryf, aspekte wat in ag geneem moet word met die aankoop van 'n bossiekapper en ons ontvang die jongste weervooruitsigte en vleispryse.

In vandag se RSG Landbou gesels SATI oor die vooruitsigte vir die 2025/26-tafeldruifseisoen, ons vind meer uit oor kwali...
02/12/2025

In vandag se RSG Landbou gesels SATI oor die vooruitsigte vir die 2025/26-tafeldruifseisoen, ons vind meer uit oor kwaliteitsvereistes van laboratoriums vir ontledings en ons ontvang die jongste wolmarkverslag.

Vooruitsigte vir die 2025/26-tafeldruifseisoen lyk gunstig. Mecia Petersen van die Suid-Afrikaanse Tafeldruifbedryf (SATI) brei hieroor uit.

Die Verenigde State het onlangs sy invoertariewe ten opsigte van sekere landbouprodukte aangepas, maar tafeldruiwe is nie hierby ingesluit nie. Ons hoor ook wat SATI se reaksie daarop is.

In ons opvolggesprek met dr Elrisa Taljaard van Labworld oor die keuse van ‘n laboratorium vir ontledings, fokus ons op kwaliteitsvereistes.

Heinrich Victor is ook terug met die jongste wolmarkverslag.

Klik op die skakel om na die uitsendings te luister: https://agriorbit.com/rsg-landbou-2-desember-2025-geborg-deur-husqvarna/

Plaas Media

Vooruitsigte vir die 2025/26-tafeldruifseisoen, ons vind meer uit oor kwaliteitsvereistes van laboratoriums vir ontledings en ons ontvang die jongste wolmarkverslag.

In die nuutste RSG Landbou gesels ons met Andries Gouws oor sy 51 jaar as landbouskrywer en ons gesels met Agri SA oor d...
02/12/2025

In die nuutste RSG Landbou gesels ons met Andries Gouws oor sy 51 jaar as landbouskrywer en ons gesels met Agri SA oor die Suid-Afrikaanse landboubedryf.

In vanoggend se RSG Landbou gesels ons met die 84-jarige Andries Gouws oor sy 64 jaar lange loopbaan as joernalis, waarvan hy 51 jaar as landbouskrywer spandeer het. Hy sê vir hom was joernalistiek nie ‘n werk nie, maar ‘n lewenswyse. Kom luister saam na ‘n paar staaltjies en hoogtepunte wat hy met ons deel.

Die Harrismith distriksboere-unie het onlangs hul jaar afgesluit met ‘n byeenkoms van boere uit die omgewing en verskeie sprekers. Johann Kotzé van Agri SA was ook daar en hy gee terugvoer oor die geleentheid, sy onlangse besoeke aan China en die VSA, en hoe ons boere met hulle s’n vergelyk.

Klik op die skakel om na die uitsendings te luister: https://agriorbit.com/rsg-landbou-1-desember-2025-geborg-deur-husqvarna/

Agri SA Plaas Media

In vandag se RSG Landbou gesels ons met Andries Gouws oor sy 51 jaar as landbouskrywer en ons gesels met Agri SA oor die Suid-Afrikaanse landboubedryf.

Address

Centurion
0157

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when Die Landbougesprek posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Share

Category