03/09/2026
In vandag se aflewering van RSG Landbou:
‘n Medeprofessor in Vleiskunde aan die Universiteit van Idaho in Amerika, dr Phil Bass, is een van die sprekers by die Wagyu-wêreldkonferensie wat in Oktober in die Wes-Kaap plaasvind. Hy is bekend vir sy kennis van karkasse, waardetoegevoegde snitte en spierprofilering. Ons hoor in vanoggend se program waarna konferensiegangers kan uitsien.
Hendrik Meyer praat oor Rhenostervallei en Beef on Grass se produksieveiling van 12 September by die Warmbad Veemark.
Dan is Chris Derksen terug met nuus oor vleispryse en Johan van den Berg is op sy pos met ons weervooruitsigte.
Klik op die skakel in die kommentaarafdeling om na die uitsending te luister! 👇
Wagyu South Africa Rhenostervallei Beefmasters Beef on Grass Beefmasters