LEKKER FM

LEKKER FM LEKKER FM 98.3 is jou Nr. 1 Afrikaanse radiostasie in Pretoria en omliggende gebiede, so ook aanlyn, wêreldwyd. Dit kan net LEKKER raak!!!
(3)

LEKKER FM Kommentaarbeleid. Die doel van ons Facebook-blad is om luisteraars en lesers ingelig te hou van relevante nuus by die radiostasie, ons land en die wêreld. LEKKER FM moedig ‘n intelligente en oop gesprek aan en waardeer sinvolle bydraes deur ons luisteraars en Facebook-vriende. Ons moedig almal aan om deel te neem en kommentaar te lewer op plasings. Elkeen se mening is vir ons belangrik.

Lewer egter kommentaar wat relevant is tot die plasing. Ons versoek alle deelnemers om hulself te weerhou van van enige vorme van haatspraak, persoonlike aanvalle, irrelevante, agressiewe of beledigende kommentaar. Ons behou onsself die reg voor om enige kommentaar wat teenstrydig is met ons beleide en etos by LEKKER FM te verwyder.

LEKKER FM NUUS - BLITSNUUS. Motoriste staar ‘n skerp brandstofprysverhoging in September in die gesig.Dit is volgens die...
21/08/2026

LEKKER FM NUUS - BLITSNUUS. Motoriste staar ‘n skerp brandstofprysverhoging in September in die gesig.
Dit is volgens die jongste data van die Sentrale Energiefonds.
Petrol toon ‘n onderverhaling van tot 94 sent per liter, terwyl diesel met meer as drie rand per liter onderverhaal word.
Paraffien toon ‘n toename van ongeveer twee rand-24 sent per liter.
Die agteruitgang volg op hernieude spanning in die Midde-Ooste, met ontwrigtings rondom die Straat van Hormoes wat wêreldwye oliepryse hoër hou.

Dit was nou LEKKER!!! ABE MIDAS LEKKER FM
21/08/2026

Dit was nou LEKKER!!! ABE MIDAS LEKKER FM

LEKKER FM NUUS - BLITSNUUS. Die DA se Tshwane-burgemeesterskandidaat, raadslid Cilliers Brink, sê ’n inwoner van Bronkho...
21/08/2026

LEKKER FM NUUS - BLITSNUUS. Die DA se Tshwane-burgemeesterskandidaat, raadslid Cilliers Brink, sê ’n inwoner van Bronkhorstspruit het sowat R160 000 van haar eie geld bestee om paaie te herstel wat die Stad Tshwane versuim het om te onderhou. Brink sê die paaie, wat deur munisipale rioolvoertuie en boere gebruik word om produkte te vervoer, word al langer as ses jaar nie behoorlik onderhou nie. Die inwoner sê die Stad het voorheen die paaie sowat twee keer per maand geskraap, maar dié instandhouding het gestaak.

LEKKER FM NUUS - BLITSNUUS. Die rol en toekoms van openbare monumente in Suid-Afrika was die fokus van die Erfenisstigti...
21/08/2026

LEKKER FM NUUS - BLITSNUUS. Die rol en toekoms van openbare monumente in Suid-Afrika was die fokus van die Erfenisstigting se Gerard Moerdyk-gedenklesing by die Voortrekkermonument. Kunshistorikus professor Alexander Duffey het in sy lesing Ons monumente: Quo vadis? gesê monumente dra geskiedenis, identiteit en kollektiewe geheue. Hy het gewaarsku dat vernietiging, vandalisme, metaaldiefstal en verwaarlosing die land se monumentale erfenis bedreig. Duffey sê Suid-Afrika se uiteenlopende geskiedenisse moet egter eerder langs mekaar kan bestaan as dat een groep se monumente ter wille van ’n ander uitgewis word.
Foto's: Voortrekkermonument

LEKKER FM NUUS - BLITSNUUS. Suid-Afrika se 2024-belastingwysigingswet het gister in werking getree. Dit is in Desember 2...
20/08/2026

LEKKER FM NUUS - BLITSNUUS. Suid-Afrika se 2024-belastingwysigingswet het gister in werking getree. Dit is in Desember 2024 deur president Cyril Ramaphosa onderteken en afgekondig, maar was tot nou nie van krag nie. Die wysigings raak onder meer die Inkomstebelastingwet, BTW-wet en belastingaansporings. Dit sluit ’n 150%-belastingaftrekking of beleggingsaftrekking vir nuwe beleggings in elektriese en waterstofvoertuie in. Die wet brei ook strafmaatreëls uit teen werkgewers wat die Indiensnemingsbelastingaansporing misbruik.
Foto: SARS

LEKKER FM NUUS - BLITSNUUS. Toenemende kabeldiefstal in Groenkloof en die Unisa-gebied in Tshwane het volgens die VF Plu...
20/08/2026

LEKKER FM NUUS - BLITSNUUS. Toenemende kabeldiefstal in Groenkloof en die Unisa-gebied in Tshwane het volgens die VF Plus ’n ernstige probleem geword. VF Plus-raadslid Anne-Mari Sparg sê die metro moet meer doen om kritieke infrastruktuur te beskerm. Die jongste voorval het Sondag plaasgevind toe ’n gedeelte van ’n kragkabel langs Nelson Mandela-rylaan gesteel is, waarna inwoners dae lank sonder elektrisiteit was. Die kabeldiefstaleenheid, metropolisie en ’n sekuriteitsmaatskappy het na die verdagtes gesoek, maar hulle is steeds op vrye voet.
Foto: The Citizen

LEKKER FM NUUS - BLITSNUUS. Die DA in Tshwane eis duidelikheid oor ’n tekort van twee miljard rand in die Stad se voorsi...
20/08/2026

LEKKER FM NUUS - BLITSNUUS. Die DA in Tshwane eis duidelikheid oor ’n tekort van twee miljard rand in die Stad se voorsiening vir personeel se salarisse. Die DA se finansieswoordvoerder in Tshwane, Jacqui Uys, sê burgemeester Nasiphi Moya en die burgemeesterskomiteelid vir finansies, Eugene Modise, moet verduidelik hoe die tekort aangespreek sal word. Uys sê die Stad se begroting is nie werklik ten volle befonds nie en dat die party Nasionale Tesourie oor die onderbegroting vir salarisse gewaarsku het. Sy sê ’n Aansuiweringsbegroting is nodig om realistiese inkomste, uitgawes en salarisverpligtinge te weerspieël.

LEKKER FM NUUS - BLITSNUUS. Statistieke SA het vanoggend bekend gemaak dat Suid-Afrika se jaarlikse inflasiekoers van 5%...
19/08/2026

LEKKER FM NUUS - BLITSNUUS. Statistieke SA het vanoggend bekend gemaak dat Suid-Afrika se jaarlikse inflasiekoers van 5% in Junie tot 4,3% in Julie verlangsaam het. Behuising, vervoer en versekering was die grootste bydraers. Die afname is weens laer voedsel- en nie-alkoholiese drankinflasie, kleiner munisipale tariefverhogings en laer brandstofpryse tydens die metingstydperk. Voedsel- en nie-alkoholiese drankinflasie het tot 0,9% gedaal, die laagste vlak sedert Junie 2010.

19/08/2026

LEKKER FM NUUS - BLITSNUUS. AfriForum en March and March het tydens ’n vergadering gister samesprekings gevoer oor moontlike samewerking om gemeenskappe en burgers op voetsoolvlak te bevoordeel. Die gesprekke is gelei deur March and March se stigter, Jacinta Ngobese-Zuma, en AfriForum se uitvoerende hoof, Kallie Kriel.
Moontlike samewerking sluit gemeenskapsorganisering, kapasiteitsbou, onderwys en opleiding, landbou-ontwikkeling, die behoud van kulturele identiteit en gemeenskapsveiligheid in. Die organisasies het ook ooreengekom om regsake van wedersydse belang te ondersoek en mekaar te ondersteun rakende die oppergesag van die reg en misdaadbekamping.
Albei organisasies beklemtoon dat gemeenskapsbelange vreedsaam en binne die raamwerk van die wet bevorder moet word, en dat geweld en intimidasie geen plek in dié pogings het nie.
Video: AfriForum

Address

244 Norma Jean Square, Jean Avenue, Die Hoewes
Centurion
0157

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when LEKKER FM posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Contact The Business

Send a message to LEKKER FM:

Shortcuts

Share

Category