16/10/2026
LEKKER FM NUUS - Die DA gaan ’n strafsaak open om ondersoek te vra na die moontlike versuim van Tshwane-amptenare om inwoners oor onveilige drinkwater in Bronkhorstspruit te waarsku. Tot 160 gevalle van diarree en ander maagdermkwale is na berig word aangemeld. Volgens die DA beweer ’n fluitjieblaser dat die plaaslike watersuiweringsaanleg die afgelope drie weke sonder chloorbehandeling bedryf is. Die oorsaak van die siektes is nog nie vasgestel nie. Die party eis die bekendmaking van watertoetsuitslae en behandelingsrekords, en dring aan op veilige water vir die betrokke gemeenskappe.