Sonvelt Media

Sonvelt Media Entertainment production company. Our dedicated focus is visual and impactful storytelling.

Opwindende nuus! ‘n Desember bederf wag op julle kassie met ‘n nuwe kykNET reeks. Hou platforms dop vir verdere nuus. Vi...
12/09/2025

Opwindende nuus! ‘n Desember bederf wag op julle kassie met ‘n nuwe kykNET reeks. Hou platforms dop vir verdere nuus. Vir nou is dit al wat ons uit die mou kan laat!

Nuwe dag, nuwe week, nuwe maand & nuwe seisoen - Ons het ook vandag begin skiet aan 'n nuwe projek vir kykNET met Lizé V...
01/09/2025

Nuwe dag, nuwe week, nuwe maand & nuwe seisoen - Ons het ook vandag begin skiet aan 'n nuwe projek vir kykNET met Lizé Vosloo in die regisseursstoel en Sunel Haasbroek agter die kamera.
📺🎥🎞️

ONTWAAK se premiere van episode 1  het by die Silwerskermfees afgespeel. Die rolverdeling is uit die boonste rakke en di...
26/08/2025

ONTWAAK se premiere van episode 1 het by die Silwerskermfees afgespeel. Die rolverdeling is uit die boonste rakke en die storielyn aangrypend. Dit is volgende jaar te sien op Showmax.

Dit was ‘n uitsonderlike Silwerskermfees vir Sonvelt Media. Van al die nominasies en wenners in beide Reënboogrant en Pr...
24/08/2025

Dit was ‘n uitsonderlike Silwerskermfees vir Sonvelt Media. Van al die nominasies en wenners in beide Reënboogrant en Pronk Primêr, tot die offisiële premiere van Ontwaak se episode 1. Baie geluk aan almal betrokke, ons kon voorwaar nie nog trotser wees nie! Op nog vele kreatiewe avonture!

Andre Velts Sone Combrinck Minke Marais Mila de Villiers, Tobie Cronjé, Pietie Beyers, Laura-Lee Mostert, Cindy Swanepoel Carel Nel, Chris Chameleon, Sean-Marco Vorster, Deon Lotz

Ons is PRONK trots op ons “onnies” met hul Silwerskermfees TV-benoemings. Baie geluk aan: Pietie Beyers (Kategorie: Best...
30/07/2025

Ons is PRONK trots op ons “onnies” met hul Silwerskermfees TV-benoemings. Baie geluk aan:
Pietie Beyers (Kategorie: Beste hoofspeler in ‘n komedie)
Tobie Cronjé (Kategorie: Beste byspeler in ‘n komedie)
Laura-Lee Mostert (Beste byspeler in ‘n komedie)

Sonvelt Media staan bankvas agter julle! 🦚

Silwerskermfees 🎥📺Ons is ongelooflik trots op ons Reënboogrant Brink sussies met hul TV-benoemings vir die kykNET Silwer...
30/07/2025

Silwerskermfees 🎥📺
Ons is ongelooflik trots op ons Reënboogrant Brink sussies met hul TV-benoemings vir die kykNET Silwerskermtoekennings vir Film en Televisie. Baie geluk Minke Marais en Mila de Villiers! 🌈🌈

Sonvelt Media stel bekend: ONTWAAKWat gebeur as jou grootste vyand die enigste persoon is wat jou kan help? In Ontwaak k...
18/07/2025

Sonvelt Media stel bekend: ONTWAAK

Wat gebeur as jou grootste vyand die enigste persoon is wat jou kan help? In Ontwaak keer die psigiater Melissa Human (Cindy Swanepoel) terug na Suid-Afrika om by Noordlig te werk - ‘n tronk vir gevaarlike geestesversteurdes. Agter die hoë mure ontdek sy ‘n sinistere kultus, Horisonne, wat haar dogter, Adri (Minke Marais) ingesluk het - en haar eksverloofde, Melchior (Chris Chameleon) is die leier daarvan.

Om Adri te red moet Melissa haar eie grense oorsteek en steun op Alwyn Bekker (Carel Nel), ‘n briljante reeksmoordenaar. Elke antwoord lei egter tot ‘n nuwe gevaar, elke keuse het sy prys. Hierdie is nie net ‘n stryd teen ‘n kultus nie - dis ‘n stryd teen die donkerste dieptes van self.

Die bekroonde dramaturg Wessel Pretorius is die skrywer, met André Velts as regisseur en Sonvelt Media as vervaardiger.
**Vanaf 2026 op Showmax

Vanjaar gaan loodsepisodes van 6 nuwe reekse wat vir kykNET en Showmax bestem is, ook by die Silwerskermfees vertoon word.

🌈 Reënboogrant Vrydag Liefde 🌈Skakel elke Vrydag om 18:30 in op kykNET, kanaal 144 vir episodes van Seisoen 1.
11/07/2025

🌈 Reënboogrant Vrydag Liefde 🌈
Skakel elke Vrydag om 18:30 in op kykNET, kanaal 144 vir episodes van Seisoen 1.

08/07/2025

‘n Terugblik op Minke Marais se voorbereiding met die laaste blok (10 episodes) van Reënboogrant SEISOEN 2 as Shani Brink.


DUBBEL DOSIS! Nee, jy kyk nie verkeerd nie! Tina (Cara Kruger) het ‘n tweeling sus. Anri Kruger is ook deel van die Reën...
04/07/2025

DUBBEL DOSIS!
Nee, jy kyk nie verkeerd nie! Tina (Cara Kruger) het ‘n tweeling sus. Anri Kruger is ook deel van die Reënboogrant span in die Kostuumdepartement.
Dié sussies is ‘n wen kombinasie! 🌈🩷

03/07/2025

AGTER DIE SKERMS 🌈🌈
Reënboogrant avonture ⭐️

Address

Rockfields Village, Lenchen Avenue, Rooihuiskraal North
Centurion
0157

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when Sonvelt Media posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Contact The Business

Send a message to Sonvelt Media:

Share