AfriForum Uitgewers

AfriForum Uitgewers Sluit permanent op 15/12/2022. Verkope reeds gestaak. Bestellings kan tot 14/12/2022 afgehaal word.

Fluit-fluit, ons storie is uitAfriForum Uitgewers (voorheen bekend as Kraal Uitgewers) was vir die afgelope 12 jaar die ...
09/12/2022

Fluit-fluit, ons storie is uit

AfriForum Uitgewers (voorheen bekend as Kraal Uitgewers) was vir die afgelope 12 jaar die trotse uitgewershuis van die Solidariteit Beweging. Die primêre fokus was om instellings in die Beweging te ondersteun met die uitgee van hoëgehaltepublikasies oor sake van belang vir die onderskeie organisasies, asook om ’n gebalanseerde weergawe van die Suid-Afrikaanse geskiedenis (in die besonder van Afrikanergeskiedenis) te bied.

Met ’n herbelyning van die Solidariteit Beweging se werksaamhede, is daar besluit dat die uitgewery in sy huidige formaat moet ophou bestaan. Dit beteken dat ons voortaan nie meer boeke en ander produkte gaan verkoop of versprei nie. Manuskripte van die publiek sal dus ook nie meer vir publikasie oorweeg word nie. Die funksie om instellings in die Solidariteit Beweging met publikasies te ondersteun, sal wel behou word.

Let asseblief op die volgende reëlings:

Finale aanlyn bestellings en aankope in die boekwinkel:
Vóór of op Woensdag 7 Desember 2022
Afhaling van bestellings (persoonlik of per koerier):
Nie later as Woensdag 14 Desember 2022 nie
Hiermee bedank ons graag al ons kliënte, beide privaat en in die bedryf, vir jul jare lange ondersteuning. Sonder julle sou die geskiedenis nooit kon lewe kry nie!

Mag julle nooit ophou lees nie.

Boekgroete,
die AfriForum Uitgewers-span

AfriForum Uitgewers is ook nou beskikbaar via WhatsApp! Stuur gerus vir ons ’n boodskap.
15/11/2022

AfriForum Uitgewers is ook nou beskikbaar via WhatsApp!

Stuur gerus vir ons ’n boodskap.

12/11/2022
28 Oktober 1844Sir Thomas Upington (1844–1898) is gebore in Cork, Ierland. Hy was 'n administrateur en politikus en kort...
26/10/2022

28 Oktober 1844

Sir Thomas Upington (1844–1898) is gebore in Cork, Ierland. Hy was 'n administrateur en politikus en kortstondig Eerste Minister van die Kaapkolonie, vanaf 1884 tot 1886 wat 'n uiterste ontstuimige tydperk in die Kaap se geskiedenis was. Die dorp Upington in die Noord-Kaap is na hom vernoem.

Address

H/v DF Malan/en Unielaan, Kloofsig
Centurion
0140

Opening Hours

Monday 08:00 - 16:30
Tuesday 08:00 - 16:30
Wednesday 08:00 - 16:30
Thursday 08:00 - 16:30
Friday 09:00 - 15:00

Telephone

+27128801953

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when AfriForum Uitgewers posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Contact The Business

Send a message to AfriForum Uitgewers:

Share

Category