23/02/2026
Kom ons d**k. Ek gaan dokter toe, word gediagnoseer en stap reguit apteek toe om my voorskrifmeds te kry. Ek neem dit huis toe, bestudeer die instruksies, herroep die dr se woorde, en begin my angs/ anti depressante, antibiotika, ens. te drink. Ek het nie die voorskrif weggesmyt en gesê, Ag dit gaan tog nie help nie, of die pille in my kas gedruk en daarvan vergeet nie. Ek glo die geneesheer se diagnose, ek volg die apteker se instruksies met presisie. Ek meng dit nie met ander substances en volg leke se goedbedoelde "raad" nie. My roetine verander, ek pas aan, en volg ń nuwe dissipline, ek sit selfs ń reminder op my foon - want sien... ek glo en hoop dat my toestand sal verbeter en my lewe gaan weer goed wees.
Wonderlik, dis wat ons moet doen!
Maar hoekom stap ek by die Christenberader weg, maak nooit my Bybel oop, vergeet om te bid, d**k nooit aan die Woorde van die Groot Geneesheer nie.En volg glad nie die leiding van die Gees nie? Hierdie "dissipline" word verwaarloos, of lukraak mee omgegaan. Of selfs erger, ek begin my eie medikasie mix met toxic potions vanuit twyfelagtige, besoedelde flesse - terwyl die WAARHEID, WOORD, LEWE , HOOP EN WAARAGTIGE MAKER VAN DIE MENS, DIE DRIE-ENIGE GOD klaarblyklik nie ń clue het hoe om Sy skepsel tot heelwording te lei nie. My optrede verklaar luidkeels dat Christus se bloed flouer as kasaterwater is. Ek onthou darem so nou en dan om dit ekstern aan te SMEER sommer net in case dit werk, soos ń lucky charm.
Hoe ARROGANT, DWAAS is ek nie!