04/06/2026
Markus is 7! 🥳
Liewe Markie
Elke verjaarsdag maak my so nostalgies, want ek kan nie glo hoe tyd vlieg nie. Hierdie verjaarsdag veral, want dit is die een waar dokters in Amerika geglo het jy sal al loop. Op 7 jaar oud. Ek het altyd in my agterkop gedink watter skoentjies ons vir jou sal kry. Watter fietsie jou die vinnigste sal laat ry... Maar dit was nie die plan nie. Nog nie.
Maar ek sê elke dag vir die Here DANKIE. Dankie vir so ongelooflike seun wat my só baie van die lewe leer. Hoe jy my uit my maag laat lag met jou snaakse sêgoed. Dat jy als om jou so fyn dophou en observeer. Mense is geneig om te dink jy neem nie alles in nie, maar ek sien jou. Ek hoor jou. Jy is só bewus, op jou sagte manier.
Dankie dat jy ons lewe so ophelder met jou daaglikse sokker wedstryde in die huis. Ek het nog nooit iemand ontmoet wat só baie hou van eet nie, veral sop! 😅 Ek klou vas aan die tydjies waar jy my vra om te cuddle. Hoe jy uit jou maag uit lag as iets snaaks is.
Ek staan verstom oor hoe slim jy is. Dat jy op 7 jaar oud al maalsomme doen. Deelsomme. Vlot lees. En upset raak as ons nie vinnig genoeg huiswerk doen nie. Droomkind.
Dankie Liewe Jesus vir hierdie perfekte seun van ons.
Markie, jy is lig. En ek hoop jou liggie skyn helder vir nog baie jare vorentoe.
Gelukkige verjaarsdag, my seun. 🩷