
25/07/2025
Ann het hartseer aan Son gesê dat haar stiefpa Donderdag alleen met Lee-Angela by haar huis aangekom het. “Hy het vir my gesê toe hy omkyk, was my ma nie meer saam met hulle nie en hy het gedink dat sy omgedraai en terug huis toe geloop het,” het Ann nog duidelik bekommerd gesê.
GOUDA. – Die een oomblik het sy nog saam met haar lewensmaat geloop, en die ander oomblik het sy soos mis voor die son verdwyn.