12/12/2025
ACVV George Dienssentrum Kerssangdiens 🎄✨
Ek het weer besef hoe kosbaar dit is om die stories van ons seniors vas te vang. Elke glimlag, elke lied en elke handdruk dra ’n lewe vol genade, herinneringe en oorwinning.
Ek het net gekom om foto's te neem… maar ek het soveel meer ontvang. Mag hierdie oomblikke jou hart ook vul met vrede, hoop en die ware gees van Kersfees. 📸❤️✨
As jy iemand herken op die foto's, tag daardie lieflike mense hieronder! 👇✨