10/09/2026
Musiek het die besondere vermoë om jongmense te inspireer, selfvertroue te bou en talent te laat blom.
In hierdie episode van Alles wat mooi is kuier Jannie Moolman saam met Mnr. Werner van Huyssteen en Wilidia Crous van Laerskool Hartenbos.
Hulle gesels oor die skool se fantastiese musiekprogram, die geleenthede wat aan leerders gebied word en hoe musiek ’n belangrike deel van ’n jongmens se ontwikkeling kan wees.
Van die eerste note tot optredes op die verhoog – dit is wonderlik om te sien hoe jong talent aangemoedig word om hul potensiaal te ontdek en hul liefde vir musiek te ontwikkel.