20/01/2026
Welkom by die KOLSKOOT KRAGKLUB!
Speel saam. Gee krag. Wen saam.
Die Kolskoot Kragklub is nie ’n kompetisie of lotery nie, dit is ons luisteraars se manier om die stasie elke maand te help krag gee.
Wanneer jy aansluit, word jy ’n aktiewe bouer van Kolskoot Radio se toekoms.
Hoe werk dit?
✔️ Lede dra R100 per maand by
✔️ 100% van die geld word deursigtig verdeel:
• 50% – Hou Kolskoot Radio aan die gang (uitsending, tegniek, OB’s, gemeenskapsprojekte)
• 50% – Gaan terug na julle, ons ondersteuners:
– 30% van die totale maandbedrag word deur ’n lukrake trekking aan een maandelikse wenner toegeken
– 20% word opgehoop in ’n afsonderlike jaar-einde prysfonds (“kitty”), uitsluitlik bestem vir die Groot Trek
✔️ Elke maand is daar 1 gelukkige ondersteuner wat waardering ontvang
✔️ Lede wat 9+ maande ondersteun, kwalifiseer vir die Groot Jaar-einde Trek
✔️ Jou deelname is vrywillig, veilig en volledig deursigtig
🎉 Die eerste trekking vind plaas op Vrydag, 30 Januarie 2026! Laaste dag vir deelname aand die Januarie trekking, 29 Januarie 2026.
Hoekom aansluit?
Omdat Kolskoot RADIO ons almal s’n is. As jy na ons luister, saam met ons kuier en deel voel van hierdie gemeenskap, dan is die Kragklub jou manier om te help seker maak dat jou stories, jou musiek, jou mense en jou dorp op lug bly.
Word deel van die Kolskoot Kragklub vandag!
R100 per maand — groot impak, klein bydrae
📻 Alle trekkings word live op Kolskoot Radio aangekondig
Stuur vir ons ’n DM of los jou naam hieronder en ons kontak jou terug!
📲 064 389 7478