20/09/2026
β‘ πππππ-ππππππππ ππ ππππππππππππππππ π
As deel van die Musefees 2026 bied The Stage Coach by Santos Express twee vertonings op een aand aan, en een kaartjie gee jou toegang tot albei!
π
24 September
π The Stage Coach, Santos Express, Mosselbaai
ποΈ R300 per persoon
β
Een kaartjie sluit toegang tot albei vertonings in.
Bespreek hier:
https://qkt.io/L9PNze
β€οΈ HARTE-BLIKSEMS
Met Anke Meyer-Auld en Norman Doubell
Tyd: 17:30 tot 18:30
Wat gebeur wanneer liefde in die digitale era met die werklikheid bots? Harte-bliksems is βn energieke, skreeusnaakse romantiese komedie oor twee Afrikaanse enkellopendes se liefdesuitdagings. Verwag ongemaklike eerste afsprake, misverstande en onverwagse ontmoetings.
π VERKLEUR VROUTJIE
Met Ilne Fourie
Teks en regie: Ilne Fourie
Tyd: 19:30 tot 20:45
Wat gaan ons vanaand kyk? Opera? Skouspel? Komedie? Drama? Hoekom nie sommer iets van alles nie! Ilne Fourie (Sjarrap, en eet jou kos! / Laerskool Noord / Faksie) bring vir jou die hele boksemdaais! Vir die eerste keer is daar iets waarvan almal hou, want jy kan kies. Soek jy iets dramaties of komies? Hou jy van Pavarotti of meer van hokkie-bokkie-sokkie-treffers? Van Rina Hugo tot Patricia Lewis, jy wil nie hierdie skouspel mis nie! Blou, pienk, groen of geel, hierdie vertoning sal jou nie verveel nie.
7 genres. 70 minute. 1 aktrise.
Besoek die Musefees-webwerf om die volledige Musefees-program te sien:
https://musefees.co.za/
Vir meer inligting, skakel 044 691 1995.