Nuusflits SA

Nuusflits SA Nuusflits is Suid-Afrika se nasionale aanlyn koerant in al nege provinsies

8 beseer en talle vasgekeer ná gebou ineenstortKWAZULU-NATAL. – Minstens agt mense is beseer en sowat sewe is vermoedeli...
13/07/2026

8 beseer en talle vasgekeer ná gebou ineenstort

KWAZULU-NATAL. – Minstens agt mense is beseer en sowat sewe is vermoedelik nog onder die puin vasgekeer, nadat ‘n gebou kort gelede by eBuhleni Village in Inanda ineengestort het.

Lees meer hier:

Meer as 10 mense is beseer en sowat sewe is vermoedelik nog onder die puin vasgekeer, nadat 'n gebou in Inanda ineengestort het.

2 mans vas oor beweerde seksuele mishandeling van diereTwee mans is in afsonderlike voorvalle in Mpumalanga en KwaZulu-N...
13/07/2026

2 mans vas oor beweerde seksuele mishandeling van diere

Twee mans is in afsonderlike voorvalle in Mpumalanga en KwaZulu-Natal in hegtenis geneem nadat die nasionale raad van dierebeskermingsverenigings (NDBV) hulle ondersoek verbind het met die beweerde seksuele mishandeling van honde en bokke.

Lees meer hier:

Twee mans is in afsonderlike voorvalle in Mpumalanga en KZN in hegtenis geneem vir die beweerde seksuele mishandeling van honde en bokke.

El Niño kan SA se komende somer beïnvloedKlimaatkenners monitor die ontwikkeling van ‘n El Niño-verskynsel noukeurig, aa...
13/07/2026

El Niño kan SA se komende somer beïnvloed

Klimaatkenners monitor die ontwikkeling van ‘n El Niño-verskynsel noukeurig, aangesien dit Suid-Afrika se komende somerreënseisoen kan beïnvloed. Internasionale klimaatmodelle dui daarop dat die verskynsel gedurende die tweede helfte van 2026 kan versterk en tot in 2027 kan voortduur.

Lees meer hier:

Klimaatkenners monitor die ontwikkeling van 'n El Niño-verskynsel noukeurig, aangesien dit SA se komende somerreënseisoen kan beïnvloed.

4 oorleef nadat motor van brug af in rivier belandKWAZULU-NATAL. – Vier mense het wonderbaarlik ernstige beserings vryge...
13/07/2026

4 oorleef nadat motor van brug af in rivier beland

KWAZULU-NATAL. – Vier mense het wonderbaarlik ernstige beserings vrygespring nadat die motor waarin hulle gereis het, Saterdagaand van ‘n brug in Buffelsdraaiweg in ‘n rivier beland het.

Lees meer hier:

Vier mense het wonderbaarlik ernstige beserings vrygespring nadat die motor waarin hulle gereis het, van 'n brug in 'n rivier beland het.

Die Departement van Justisie het besonderhede bekendgemaak oor diensonderbrekings by die Meesterskantore in Pretoria en ...
13/07/2026

Die Departement van Justisie het besonderhede bekendgemaak oor diensonderbrekings by die Meesterskantore in Pretoria en Kaapstad, waaronder ontoeganklike fisiese lêers, netwerkprobleme, verwerkingsvertragings en agterstande.

Die departement se antwoorde volg terwyl dit voortgaan met die bekendstelling van digitale stelsels vir die administrasie van bestorwe boedels, trusts, die Voogdyfonds en insolvensies.

Lees die volledige artikel: https://nuusflits.com/masters-office-disruptions-place-focus-on-justice-departments-digital-rollout/

The Department of Justice and Constitutional Development has provided details about service disruptions at the Pretoria and Cape Town Master’s Offices, including inaccessible physical files, network problems, processing delays and backlogs.

1 dood, 2 beseer in skieteryKWAZULU-NATAL. – ‘n Vrou is Sondagaand in ‘n skietvoorval in Durban-Noord dood, terwyl ‘n af...
13/07/2026

1 dood, 2 beseer in skietery

KWAZULU-NATAL. – ‘n Vrou is Sondagaand in ‘n skietvoorval in Durban-Noord dood, terwyl ‘n afleweringsmotorfietsryer en ‘n kind ook beseer is.

Lees meer hier:

'n Vrou is Sondagaand in 'n skietvoorval in Durban-Noord dood, terwyl 'n afleweringsmotorfietsryer en 'n kind ook beseer is.

KYK: Toeris deur woedende bison die lug in geskietVideo-opname in berig.VSA. – ‘n Toeris is Vrydag ernstig beseer nadat ...
13/07/2026

KYK: Toeris deur woedende bison die lug in geskiet

Video-opname in berig.

VSA. – ‘n Toeris is Vrydag ernstig beseer nadat ‘n woedende bison hom sowat 2,5 meter die lug ingeskiet het, tydens ‘n aanval in die Bridge Bay-kampeerterrein in Yellowstone Nasionale Park in die Amerikaanse deelstaat Wyoming.

Lees meer hier:

'n Toeris is ernstig beseer nadat 'n woedende bison in Yellow Stone Nasionale Park hom sowat 2,5 meter die lug in geskiet het.

Mel Viljoen werk nie meer saam met Mike Bolhuis nie.Mike Bolhuis, eienaar van SSS, sê die organisasie het sy samewerking...
13/07/2026

Mel Viljoen werk nie meer saam met Mike Bolhuis nie.

Mike Bolhuis, eienaar van SSS, sê die organisasie het sy samewerkingsooreenkoms met haar gekanselleer nadat sy glo nie haar beloofde samewerking gelewer het nie.

Volgens SSS is belangrike inligting vertraag, is openbare veldtogte sonder hul medewete aangepak en het Mel direk met die media geskakel ondanks die ooreenkoms.

Die ondersoeke duur voort.

Lees meer: https://nuusflits.com/mel-viljoen-werk-nie-meer-saam-nie-bolhuis-kanselleer-ooreenkoms/

Mel Viljoen se beloofde “volle en onvoorwaardelike samewerking” met ondersoeke na haar en haar man, Peet Viljoen, het volgens die bekende ondersoeker Mike Bolhuis nie gerealiseer nie.

Speurder vas nadat klaer glo afgepers isVRYSTAAT. – ’n Speursersant (43) van die polisie is Vrydag tydens ’n geheime lok...
13/07/2026

Speurder vas nadat klaer glo afgepers is

VRYSTAAT. – ’n Speursersant (43) van die polisie is Vrydag tydens ’n geheime lokval agter die Sasolburg-polisiekantoor op aanklagte van korrupsie en afpersing in hegtenis geneem. Hy sal na verwagting vandag op die aanklagte in die Sasolburg-landdroshof verskyn.

Lees meer hier:

’n Speursersant is tydens ’n geheime lokval agter die Sasolburg-polisiekantoor op aanklagte van korrupsie en afpersing in hegtenis geneem.

Liggaam van vermiste Kimberley-man by woning aangetrefNOORD-KAAP. – Die liggaam van die vermiste Bernard Ge**er (45), wa...
13/07/2026

Liggaam van vermiste Kimberley-man by woning aangetref

NOORD-KAAP. – Die liggaam van die vermiste Bernard Ge**er (45), wat sedert verlede Woensdag vermis was, is Saterdag by sy woning in Royldene, Kimberley, aangetref.

Lees meer hier:

Die liggaam van die vermiste Bernard Ge**er is by sy woning in Royldene, Kimberley, aangetref. 'n Geregtelike doodsondersoek is geopen.

Address

Green Point

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when Nuusflits SA posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Shortcuts

Share