07/07/2025
Dankie Uitdieperdsebek! ๐ธ
๐ Kry Die boekengel hier: https://loom.ly/oBZnsAY
โ Malene Breytenbach
Boekliefhebbers is dit eens dat daar ล magiese atmosfeer in boekwinkels heers. In biblioteke natuurlik ook, maar eersgenoemde beskik oor ล intieme knusheid, eerder as die gewyde stilte wat biblioteke kenmerk. Dit is derhalwe geen verrassing dat vele romans in en om sodanige ruimtes sentreer nie, enkele voorbeelde hiervan is die internasionale topverkopers โThe little Paris bookshopโ (Nina George) en โThe storied life of AJ Fikryโ (Gabrielle Zevin).
Die aankoop en vernuwing van โn boekwinkel in die Eikestad staan sentraal in hierdie roman. Mara, weliswaar ouer en dunner van nerf as die eertydse student, laat โn toksiese huwelik in die noorde agter wanneer sy haarself in Stellenbosch hervestig: โSy het tog terugverlang, herinneringe gekoester aan โn plek waar sy gelukkig was voordat sy die lewe se draaie, skeefgetrekte sekerhede en uitdagings die hoof moes bied.โ (1)
Laasgenoemde is juis die struikelblok wanneer sy die sjarmante Bart ontmoet; hy is nie net โn gelowige verbonde aan die kweekskool nie, as jongman het hy het sy roeping as predikant gekies bo sy verloofde, die beeldskone Marguerite wat nie kans gesien het vir โn lewe as pastoriemoeder nie. Mara, daarenteen, worstel met โn yl geloof, die onvermoรซ om met die klakkeloosheid van โn kind te glo, die wantroue in mense wat met geloof as oogklappe lewe, en ervaar geloof as beperkend, eerder as bevrydend. Ten spyte van hierdie teenstrydigheid, kruip Bart wel diep in haar hart: โSy is tog bly om hom te sien, al haal hy Bybelversies aan.โ (60)
Met haar Boekeparadys as samebindende faktor, vind Mara wel โn holte vir die voet, maar word ook gekonfronteer met die werklikheid van straatkinders wat vryheid bo dissipline verkies, die verlammende boosheid van โn narsistiese persoonlikheid, en die trauma veroorsaak deur gesinsgeweld, huweliksontrou, kinderloosheid, kleptomanie, materialisme, en selfdood.
Die boekwinkel is wel โn sentrale ruimte, maar die omgewing word eweneens ingespan as metafoor vir emosies en persoonlikheidsaspekte. Die huis van โn opbouende karakter, staan in skrille kontras met die van โn afbrekende karakter: โSy stoot die gietysterhek oop. Dit skreeu nie van droogte en ouderdom nie, maar sug saggies oopโ (89), teenoor: โ...en stoot die geroeste voorhek oop. Dit skree soos iets wat pyn verduur.โ (246)
Die roman, uit die pen van โn gesoute en veelsydige skrywer, slaag daarin om die veelvlakkigheid en kompleksiteit van geloof vierkantig in die werklikheid te setel, aan die hand van โn wye en uiteenlopende spektrum van oortuigende karakters waarmee die leser moeiteloos kan identifiseer.