
25/08/2025
🔥🍳 **Is jy die volgende TV-kosster?** 🍳🔥
Ons is op soek na ’n talentvolle bruin Afrikaanse sjef wat gereed is om die nuwe gesig van ’n kookprogram op eExtra te word! 🎥✨
👉 Stuur jou 5-minute OUDISIE video na [email protected]
👉 Gee vir ons meer detail oor jouself, waar jy geleë is, naam en van en maak 'n vinnige dis, sodat ons kan sien jy weet hoe!
👉 Manlik of vroulik
👉 As kosmaak jou passie is, jy gemaklik voor die kamera is, en mense kan inspireer… dan wil ons JOU hê!** 🌟
**Word die sjef wat Suid-Afrika se huiskombuise aan die kook sit!** 🍲🥘
---
# # # Terme en Voorwaardes 📌
1. Slegs **bruin Afrikaanse sjefs** kan inskryf.
2. Oudisievideo mag nie langer as **5 minute** wees nie. Vertel ons wie jy is en maak 'n vinnige dis sodat ons kan sien jy weet hoe!
3. Video’s moet voor die sperdatum ingestuur word - 1 September 2025
4. Deur jou video in te stuur, gee jy toestemming dat dit intern gebruik mag word vir keuringsdoeleindes.
5. Die beoordelaars se besluit is finaal en geen korrespondensie sal gevoer word nie.
6. Kandidate moet beskikbaar wees vir moontlike verfilming en promosie.