Bosveld Stereo - 107.5 FM

Bosveld Stereo - 107.5 FM Bosveld Stereo 107,5 FM, die gemeenskapsradiostasie vir die groter Hartbeespoort, Brits, Rustenburg area. Kontak ons: 0122590953 / 0122590966 Mnr.
(257)

Graat Pelser het initiatief geneem en saam met plaaslike rolspelers, Mnre. Chris de la Rey, Andries Bresler, Gert van Rensburg, Dr. Bert Botha en Me. Gloria de Koker, die aansoek vir Bosveld Stereo reeds in 2004 begin. Graat Pelser het die akte van oprigting gedoen en die eerste aansoek vir ‘n 5 jaar lisensie by die Onafhanklike Kommunikasie-Owerheid van Suid-Afrika (Okosa) is gedoen. Bosveld Ster

eo is ‘n gemeenskapgerigte radiostasie wat van plaaslike talent gebruik maak om ons luisteraars mee te vermaak. Almal wat tans by Bosveld Stereo werksaam is woon binne die uitsaai voetspoor van die stasie en almal neem ook aktief deel in een of meer van die gemeenskap projekte waarby Bosveld Stereo betrokke is. Ons is ‘n Afrikaans gebaseerde radiostasie met ‘n Christelike agtergrond,dus staan ons geen haatspraak van enige aard voor nie en reik ons ‘n helpende hand uit na die gemeenskap wat ons bedien.

‘N DINAMIESE RADIOSTASIE
Bosveld Stereo het op die frekwensie 107.5FM in stereo begin uitsaai op 1 Oktober 2008. Hierdie mylpaal is behaal na jare se voorbereiding en onderhandeling met Okosa en die gemeenskap wat hy bedien. Bosveld Stereo is ‘n besonderse dinamiese gemeenskapsradiostasie,op die Magaliesbergkruin bokant die Hartbeestpoortdamvallei. Hoë punte in Randburg, Sandton, Bryanston, Pretoria se Moot en Rustenburg is binne siglyn van die sender. BOSVELD STEREO SE VOETSPOOR
Bosveld Stereo saai uit na ‘n verskeidenheid teikengehore binne die radius van sy voetspoor wat strek vanaf Bryanston, Sandton, Randburg, Roodepoort, Krugersdorp en Randfontein in die Suide tot in die hart van die Bosveld by Thabazimbi in die Noordweste. Sywaarts bereik Bosveld Stereo Centurion, Pretoria-Noord, Pta-Wes en Pta-Oos en tot sover as Warmbad en Nylstroom, Weswaarts oor die Magaliesberg, Brits, Rustenburg en omgewing.

Vrydag 8 Augustus 2025 om 14:05 kuier Wentelbaan by Jeandri Fourie in die ateljee. Hulle kom gesels oor hulle nuwe enkel...
07/08/2025

Vrydag 8 Augustus 2025 om 14:05 kuier Wentelbaan by Jeandri Fourie in die ateljee. Hulle kom gesels oor hulle nuwe enkelsnit "Wentelbane Kruis". Kom ontmoet saam met ons vir Wentelbaan. David Gresham Entertainment Group

Onthou elke Donderdagaand tussen 20:00 en 21:00 Theonette Vogt se "Musikale Blokraai". Kom speel saam en toets jou musie...
07/08/2025

Onthou elke Donderdagaand tussen 20:00 en 21:00 Theonette Vogt se "Musikale Blokraai". Kom speel saam en toets jou musiek kennis! Jy kan selfs net saam kom sing!

Donderdag 7 Augustus 2025 tussen 18:00 en 19:00 gesels Ruaan Pienaar in sy Country program met Christiaan Carstens oor s...
07/08/2025

Donderdag 7 Augustus 2025 tussen 18:00 en 19:00 gesels Ruaan Pienaar in sy Country program met Christiaan Carstens oor sy nuwe enkelsnit "Rowwe Aande". Ons almal ken rowwe aande en dae! David Gresham Entertainment Group

Nuus - 🎙Bosveld Stereo - 107.5 FMKrediet & Erkenning Maroela Media
07/08/2025

Nuus - 🎙Bosveld Stereo - 107.5 FM

Krediet & Erkenning Maroela Media

Die VSA se handelstariewe teen Suid-Afrika gaan die ekonomie negatief raak, maar swart ekonomiese bemagtiging (SEB) kan nie vir “nasionale belang” ongedaan gemaak word om die VSA te paai nie.

Nuus - 🎙Bosveld Stereo - 107.5 FMKrediet & Erkenning Maroela Media
07/08/2025

Nuus - 🎙Bosveld Stereo - 107.5 FM

Krediet & Erkenning Maroela Media

“Dit het geen operasionele of strategiese waarde vir Suid-Afrika gehad nie,” sê Chris Hattingh, DA-LP en die party se woordvoerder oor verdediging en militêre veterane.

06/08/2025

So kry Bosveld Stereo sy eie wekkers! Ons is honger man!

Kyk net al hierdie wonderlike produkte van L.V. Nutritional Products Pty Ltd. Propvol vitamiene en minerale wat nie net ...
06/08/2025

Kyk net al hierdie wonderlike produkte van L.V. Nutritional Products Pty Ltd. Propvol vitamiene en minerale wat nie net nou vir die winter seisoen belangrik nie maar vir die hele jaar! Instant MellowMag C in verskillende geure beskikbaar by jou naaste apteek! Besoek hulle webtuiste en bestel aanlyn www.lvnutrition.co.za

Nuus - 🎙Bosveld Stereo - 107.5 FMKrediet & Erkenning Maroela Media
06/08/2025

Nuus - 🎙Bosveld Stereo - 107.5 FM

Krediet & Erkenning Maroela Media

Cevyn Kemp (20) het beken dat hy in Desember 2022 sy 13-jarige broer oor sy swak skoolpunte gekonfronteer het, nadat dié sy eksamen gedruip het.

Nuus - 🎙Bosveld Stereo - 107.5 FMKrediet & Erkenning Maroela Media
06/08/2025

Nuus - 🎙Bosveld Stereo - 107.5 FM

Krediet & Erkenning Maroela Media

Suid-Afrika is bekommerd oor die profiel van die gedeporteerde individue en die moontlike negatiewe uitwerking wat dit op Suid-Afrika se nasionale veiligheid en immigrasiebeleid kan hê.

Een van Bosveld Stereo se Konsultante verjaar ook vandag.  Baie geluk met jou spesiale dag Emsie van As.  Mag dit 'n hee...
06/08/2025

Een van Bosveld Stereo se Konsultante verjaar ook vandag. Baie geluk met jou spesiale dag Emsie van As. Mag dit 'n heerlike daggie wees saam met jou geliefdes. Van almal hier by Bosveld Stereo.

Baie geluk aan Andries Bresler met sy verjaarsdag vandag. Ons wens hom net die mooiste en beste toe. Andries is een van ...
06/08/2025

Baie geluk aan Andries Bresler met sy verjaarsdag vandag. Ons wens hom net die mooiste en beste toe. Andries is een van ons Direkteure.

Vanaand 5 Augustus tussen 19:00 en 20:00 is dit weer tyd vir ons gewilde "Skemerkelkie Uur" met trots geborg deur MG Rus...
05/08/2025

Vanaand 5 Augustus tussen 19:00 en 20:00 is dit weer tyd vir ons gewilde "Skemerkelkie Uur" met trots geborg deur MG Rustenburg aangebied deur Theonette Vogt
So lyk vanaand se musieklys:
Jody Wayne - THE LEGEND met "The Eyes Of My People"
Dennis T East met "Could You Ever Love Me Again"
Koos du Plessis - DIE LEGENDE (KIND VAN DIE WIND) met "Karla
Gwynneth Ashley Robin met "As Ek 'n Lied Kon Skryf"
Bobby Angel DIE LEGENDE - THE LEGEND met "Don Junior"
Billy Forrest DIE LEGENDE - THE LEGEND met "I Loved 'Em Everyone"
Anneli van Rooyen - DIE LEGENDE met "Ek Kan Dit Nie Keer Nie" Anneli van Rooyen
Danie Botha met "Dit Reën In My Hart"
Tommy Oliver - DIE LEGENDE , THE LEGEND en Caroline du Preez met "(Say So Long) Don't Say Goodbye" Tommy Oliver New
Sias Reinecke DIE LEGENDE met "Jy's My Kleine Meisie"
Janita Claassen & Manuel Escorcio Drie met "Vang Die Lig"
Maria (Lopez) met "It's Not Easy TO be Loved"
Danie Niehaus met "Jy Is Vrou" (Niks Is Dan Mooier)
Ken Mullen met "Losing You Again"
Coenie de Villiers met "Sien Jou Weer"
Afrikaanse Musiek AFRIKAANSE TREFFERS Die Huis Van Legendes WOM (Wêreld Onbeperkte Musiek/World Of Music) Lionel Motors Rustenburg

Address

Gedeelte 3, Plot 49, Melodie Landbouhoewes
Hartebeestpoort
0216

Opening Hours

Monday 08:00 - 16:00
Tuesday 08:00 - 16:00
Wednesday 08:00 - 16:00
Thursday 08:00 - 16:00
Friday 08:00 - 16:00

Telephone

+27122590966

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when Bosveld Stereo - 107.5 FM posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Contact The Business

Send a message to Bosveld Stereo - 107.5 FM:

Share

Category