14/07/2025
LANDBOU RADIO: 🤔🚜 HET JY GEWEET? LandbouRadio word op 36 veskillende gemeenskaps radiostasies landswyd, verskeie internet radiostasies en op hulle SoundCloud platform uitgesaai. NETRADIO is trots om deel te wees van die hele LR-span. Die program word sorgvuldig saamgestel, nie net eksklusief vir die Boer of Landbouer nie, maar enige iemand wat geïnteresseerd is in Landbou-onderwerpe.
Luister gerus na hierdié leersame landbou-program weeks-oggende tussen 06:00 en 07:00 op Netradio en 'n herhaling van die oggend se uitsending om 12:00 die middag. Maak seker jy luister Dinsdag-oggend saam op www.netradio.best 🎧
Dís wat vir jou voorlê in Dinsdag, 15 Julie, se LandbouRadio:
• Ons gesels met dr Rulien Erasmus van die Landbounavorsingsraad oor dermatosparaksis - ‘n genetiese velkondisie by beeste.
• Dr Bernice Mostert van SA Stamboek vertel ons meer oor geneties meerderwaardige ramme.
• Madene Conradie van Raisins SA praat oor hulle gala-geleentheid op 18 September.
• En ons leer die nuwe uitvoerende hoof van die Suid-Afrikaanse Varkvleisprodusente-organisasie (SAVPO), dr Marlene Louw, beter ken.
Besoek gerus https://agriorbit.com/category/landbouradio/ of Soundcloud by https://soundcloud.com/andbouadio om na al LandbouRadio se uitsendings te luister.
Agricultural Research Council SA Stud Book / SA Stamboek Raisins SA SAPPO Plaas Media