Hemel & See Boeke

Hemel & See Boeke Uitgewery - publiseer Afrikaanse boeke sedert 2000. Druknaam vir Engelse publikasies: Penstock Publishing
Druknaam vir selfpublikasie: Erfenis Boeke

25/08/2025
25/08/2025

Nuwe boek SJOE! ERVARINGS VAN 'N LEEFTYD -

01/08/2025

SJOE! Petrovna vertel van haar voorouers, van haar kinderjare toe sy skrywers leer ken het, hoe sy geloof bevraagteken het, 'n rebelse pa en eksentrieke ma gehad het, buitestander tussen die hoi polloi van Pretoria geword het. Met by die 200 foto's! Bestel by [email protected], afgelewer teen R300.

13/08/2024

14 Augustus –KOOP-'N-AFRIKAANSE-BOEKDAG

Hemel & See Boeke se spesiale aanbiedings:

Slegs R140 -'n Blywende vreugde - Briewe van Audrey Blignault

Slegs R100: Draer van 'n droom – Die geskiedenis van die Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns - Pieter Kapp

Slegs R100: Wat die hart van vol is – Evette Weyers

Slegs R80 Gesprekke oor Ingrid Jonker – LM van der Merwe
Slegs R50 Los af – Kobus Bothma

Slegs R40 Riemvasmaak – Euodia Engels

Slegs R30 Wenresep van Christus – Jeanette Basson

Slegs R30 Die gevangene in die derde sel – Gene Edwards

Bestel by hemelenseeboeke.co.za

Audrey Blignault - Met my rooi rok voor jou deur, is tot onlangs op RSG voorgelees. Hemel & See Boeke het 'n spesiale aa...
10/01/2024

Audrey Blignault - Met my rooi rok voor jou deur, is tot onlangs op RSG voorgelees.
Hemel & See Boeke het 'n spesiale aanbod vir liefhebbers: 'N BLYWENDE VREUGDE - BRIEWE VAN AUDREY BLIGNAULT - hardeband, 304 bladsye, teen halfprys, koerierkoste ingesluit: R140.
Bestel by [email protected]

06/10/2023

"Verduidelik vir die Engel ons is mede-ingesalfdes op jou laaste reis."

By vanjaar se Woordfees word ‘n besonderse boek bekendgestel –’n klassieke versameling ou Oosterse verhale, uiteindelik ...
03/10/2023

By vanjaar se Woordfees word ‘n besonderse boek bekendgestel –’n klassieke versameling ou Oosterse verhale, uiteindelik in Afrikaans vertel: Duisend-en-een nagte.
Die verhale is deur die loop van die eeue versamel en in Arabies aangeteken. Die meeste van die vertellings kom uit die ou Persië, maar sommige is selfs van Indiese, Griekse, Joodse en Turkse oorsprong.
’n Keur uit die talle verhale is deur ’n Irans-Nederlandse skrywer, Kader Abdolah, in Nederlands oorvertel. Sy 1001 nacht, een hervertelling, verskyn in 2021 in Nederland en handel uitsluitlik oor vroue: jong vroue, oumas, vindingryke diensmeisies en verleidelike slavinne. Sjeherazade vertel elke nag vir koning Sjahriar ’n ander storie om haar lewe te red.
Die skrywer noem die boek “’n magtige rivier wat oor die lewe handel, oor lewenservarings wat tot vandag toe relevant is ... oor ó”
Sedert Kader Abdolah in 1988 as vlugteling uit die ou Persië ’n heenkome in Nederland gevind het, word hy beskou as een van die merkwaardigste skrywers in dié land. Naas die vyftig boeke wat hy reeds gepubliseer het, het hy ook die Koran in Nederlands vertaal.
Hy sal self teenwoordig wees by die bekendstelling van Wium van Zyl se Afrikaanse vertaling van sy 1001 nacht, op Woensdag 11 Oktober om 18:15 in die Hofmeyrsaal in Stellenbosch. Die gesprek word gelei deur Anastasia de Vries.
Kaartjies aanlyn beskikbaar by Quicket of by die deur.

27/07/2023

Fitting the impression their name gives, Vrede’s latest single and video “Hart & Goud” strives to remind people to smile even when things get tough, and that music is often the best company. In…

Vandag 1965 is Ingrid Jonker oorlede. En steeds word haar gedigte wêreldwyd gelees en gesing.
19/07/2023

Vandag 1965 is Ingrid Jonker oorlede. En steeds word haar gedigte wêreldwyd gelees en gesing.

Evette Weyers is vandag oorlede. Haar autobiografiese kunsboek het in 2012 by Hemel & See verskyn. So het ons met dié ui...
11/07/2023

Evette Weyers is vandag oorlede. Haar autobiografiese kunsboek het in 2012 by Hemel & See verskyn. So het ons met dié uitsonderlike kunstenaar en natuurliefhebber kennis gemaak. Haar liefde en optismisme was ’n inspirasie. Wat ’n lieflike mens!
Ons innigste meegevoel gaan aan haar man, Marius Weyers.

Address

15 Hemel & See, Indigolaan, Vermont
Hermanus
7201

Opening Hours

Monday 09:00 - 17:00
Tuesday 09:00 - 17:00
Wednesday 09:00 - 17:00
Thursday 09:00 - 17:00
Friday 09:00 - 17:00

Telephone

028 316 4852

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when Hemel & See Boeke posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Share

Category