10/11/2025
Goeie naand Jeug Span👩🏻 ❤👨🏻
Met gelukwense in orde, wil ons net vir een van ons Bybelstudente, Shalome Botha geluk sê met die Voltooiing van die
📲📖🖍️Aanlyn BybelMerk Studie Kurses.
Sy het die 60 Onderwerpe Bestudeer deur te Registreer vir die Gratis Aanlyn Kurses vanaf 2023, en 2 Jaar later deur haar toewyding en Gebed die Doellyn behaal.
Sy Straal elke Jaar net meer en meer en vertrou die Here gaan haar nog op hoë hoogtes in Sy Sendingsveld gebruik.
AANHOUER WEN🏵🥇🥈🥉🏅
📖🛐1Ko 9:25 En elkeen wat aan ‘n wedstryd deelneem, onthou hom in alles—húlle nogal om ‘n verwelklike krans te ontvang, maar ons ‘n onverwelklike.
1Ko 9:26 Ek hardloop dan soos een wat nie onseker is nie; ek slaan met die vuis soos een wat nie in die lug slaan nie.
1Ko 9:27 Maar ek kasty my liggaam en maak dit diensbaar, dat ek nie miskien, terwyl ek vir ander gepreek het, self verwerplik sou wees nie.