Try Time

Try Time Contact information, map and directions, contact form, opening hours, services, ratings, photos, videos and announcements from Try Time, Media/News Company, Humansdorp.

Is dit, is aan, en dis vas. 🏈
11/07/2023

Is dit, is aan, en dis vas.

🏈

KlopdisselboomIngesteldheid.Dit was n baie intersante rugby week gewees, wat aangeloop het tot Saterdag se wedstryd tuss...
10/07/2023

Klopdisselboom

Ingesteldheid.

Dit was n baie intersante rugby week gewees, wat aangeloop het tot Saterdag se wedstryd tussen United Barbarians teen Kruisfontein United, op die Cyril Ramaphosa Sportsveld in Patensie.
Selfs met weer voorspellings wat erge reΓ«n voorspel het vir Saterdag, kon dit nie rugby geesdriftiges van oor die Kouga heen keer om gestaltes te maak na die Gamtoos Vallei nie.

Gasheer is sekerlik n woord wat saam met gasvryheid gaan. En die warme verwelkoming wat mens mee ontvang was bydi hek, en selfs gedurende die wedstryd; moet United Barbarians en Patensie n pluimpie voor kry.

United Barbarians het in die wedstryd in gegaan, na sekerlik n skok nederlaag teen die nuut geformde, of laat ek sΓͺ gekombineerde span van PE Polisie en Crusaders. Of die week genoeg was om die sokkies op te moes trek, sou Saterdag alleen sΓͺ.
Kruisfontein, aan die ander kant, het in die wedstryd gegaan as een van twee spanne wat nog onoorwonne is in hierdie jaar se kompetisie.
United Barbarians het die wedstryd byde baie ligtelik en baie onvolwasse benader.

Die enigste punt wat Barbarians moes bewys het was teenoor hulle self, dat hulle waardig is. Maar om met daardie tipe ingesteldheid op n veld te klim, waar jy hard, vreesloos, maar respekvol die wedstryd moet speel, moet daar eerder onaangenaamheid, en onplesierigheid heers op n veld, wat n skeidsregter dwing om n wedstryd af te blaas met meer n 20 minute van speeltyd wat oor is. As jy gasheer speel, verwag geen mens dit van n span wat homself met n vrot vis slaan op sy eie tuiste nie.

Maar as een besef dat die n Kruisfontein United span nou is wat huidiglik sonder Jayron Draghoender, Kerwin Felix, Darren Domingo, Ambrose Williams, Jean Maclean sit; wonder mens net gebruik Kruisfontein nie Muthi nie?.. Iemand loop in die Transkei, Matatiele of is dit Lusikisiki rond?

Ek voel ons gebruik nie die terme, die beskrywings goed genoeg wanneer ons Kruisfontein United beskryf nie. Dis eintlik letterlik een ding dat hulle n goeie span is, maar Saterdag was die tipe wedstryd, wat eintlik demonstreer het dat dit n goed afgerigde span is.
Vanaf kondisionering, fiksheid, vaardigheid, intensiteit, direk, passievol, kommunikasie, vertroue, bewys hierdie span dat hulle beskik oor n afrigtingspan wat werklikwaar weet wat hulle doen. Maar dan is dit ook om te besef dat dit n refleksie is van n goed bestuurde klub. Voordat die wedstryd op die veld gewen word, moet dit eers in al die regte plekke en areas gewen word.

Iemand het gevra, was die skeidsregter opgewasse vir die wedstryd; maar dit is dan asof jy dan sekerlik n graantjie van toestemming gee vir spelers en spanne om hulle so te gedra.

Baabas, was van die staanspoor af op die agtervoet. Dit is een ding om te sukkel om uit jou eie gebied te kom, maar iets nog erger as jy moet sukkel om uit jou eie 22 te kom, vir grote dele van die wedstryd. Dan kom die druk in die skrums, waar die voorry van Johnny Ruiters, Johein Jacobs, en Kampstaldraad Sheldon Petersen, morsig geskrum het, wat enige selfvertroue n hupstoot sal gee. En dit was die einste Johnny Ruiters wat oorgeduik het vir die eerste drie in die 8st minuut, na n goeie rolmaal beweging. Die ball was lyn toe geskop na Kruisfontein n skrum strafskop gekry het.
En dit was duidelik dat die fiksheid faktor van so vroeg soos die 10de minuut al sigbaar geword het. Imran Glover en Wade Stuurman, is die toonbeeld van die balans van jeug en ervaring, maar dit is veral goed hoe hulle mekaar uitbalanseer. Wade het goeie meters en momentum op sy baldrae gekry, terwyl Imran weer die aggresiewe een was op verdediging, wat elke keer die swaar voorspelers van Baabas in hulle rieme gekeer het.
Die kaptein het ook weereens van voor gelei, en hy sou sekerlik Saterdag se wedstryd opdrae aan die afgestorwe Josh Felix, wat gedien het as mentor en afrigter in sy rugby loopbaan. Dis seker veregaande om te sΓͺ dat Solomon sekerlik die speler is met die meeste duikslae uitgevoer in hierdie jaar se Grand Challenge kompetisie, en daar is net soveel wat met die spelers rondom hom gebeur as die kaptein van voor lei, hy was selfs een van die drie drukkers. Goed aangevul deur Berwin Rossouw en Duwayne Swartz.

Mario is regtig n Kruisfontein gunsteling, as die aunties eers sΓͺ: "Heeeey dis onse kind daai, julle gaan kleintjie niks maak nie, " besef mens hoe die toeskouers deel is van die klub.
Dit was n goeie dag vir die agterlyn van Mario, Danny, Alwano, Dowanne, Xavier, Josè en Herschele, waarvan byde Josè en Herschele deel is van die drie drukkers

Met n strafdrie wat ook toe geken is, het Kruisfontein die wedstryd 29-10 gewen.

N speler wat ek voor baie opgewonde is was die Baabas nommer 10, of hy in die verkeerde span is, is verkeerd om te sien, maar dis iemand vir die toekoms wat met die regte leiding opslae kan maak.

Oor die aard van hoe die wedstryd geeindig het, sou ek eerder verkies om die dag en wen te gee aan die ondersteuners en toeskouers wat vir n ongelooflike atmosfeer en geesdrif gesorg het langs die veld.

Op nog n suksesvolle week. Op God se guns en genade oor die klub. Vir ons spelers wat ons trots is. Vir reis genade elke week. Vir hoe ons deur ons verskille werk met een gemene doel "Kruisfontein United", en vir ongelooflike ondersteuners, is dit van die dinge wat jou dankbaar moet maak.

Na Saterdag het ons n wedstryd in ons hand op 9 wedstryde wat ons op 44punte sit. Met Progress wat met 10 wedstryde op 47punte sit. Star of Hope is die volgende wedstryd op die Kruisfontein SportsKompleks hierdie komende naweek die 15de Julie 2023

Soli Deo Gloria
πŸ’œπŸ’œπŸ’œπŸ’œπŸ’œπŸ’œπŸ’œ

Vanaf Try Time, baie geluk aan Benito Goeda (Vrystaat, Grey College) en Dominic Malgas (EP, Nico Malan), met julle inslu...
09/07/2023

Vanaf Try Time, baie geluk aan Benito Goeda (Vrystaat, Grey College) en Dominic Malgas (EP, Nico Malan), met julle insluiting in die SA Skole "A" span.
Byde seuns afkomstig en oorspronklik van Humansdorp het inderdaad opslae gemaak by hierdie jaar se Craven week.

Tree vir tree.
Try Time 🏈

29/06/2023

πŸ”₯πŸ”₯πŸ”₯πŸ”₯

"Humansdorp Rugby Klub des jare met legendes soos wyle Eugene Groep, Mr Lloyd Rossouw, Mr Alex Booysen, Leon Munnick en ...
26/06/2023

"Humansdorp Rugby Klub des jare met legendes soos wyle Eugene Groep, Mr Lloyd Rossouw, Mr Alex Booysen, Leon Munnick en Mnr Sysaar

Big-Ups to Jbay πŸ’™πŸ’™πŸ’™
26/06/2023

Big-Ups to Jbay πŸ’™πŸ’™πŸ’™

πŸ’™πŸ’™πŸ’™
25/06/2023

πŸ’™πŸ’™πŸ’™

25/06/2023

When I Look Up I See You Smile
Today Your Life Makes People Smile

South Africa Celebrates You Nana
I Still Miss You So Much Everyday❀️

OUMA SARIE - Episode 3
Tonight 7PM On eExtra
Dstv Channel 195
Openview Channel 105

πŸ‡ΏπŸ‡¦

25/06/2023

Madibas het Hankey op hulle tuiste geklop by die Universiteit. Hankey het die guns verruil gister op hulle eie tuiste om die wen te kry oor Madibas wat Hankey gaan besoek het.

Jeffreysbaai , het Oostelikes op hulle tuiste gaan wen in Despatch. Oostelikes kom gister en verruil die guns op Jbay se tuiste.

Die rugby, die rugby πŸ‰
petrus

Big-ups to Hankey , lately  they have been playing   great rugby and Showing composure..... Super14 πŸ‘€πŸ‘€πŸ‘€πŸ‘€miskien!!!
25/06/2023

Big-ups to Hankey , lately they have been playing great rugby and Showing composure..... Super14 πŸ‘€πŸ‘€πŸ‘€πŸ‘€miskien!!!

Address

Humansdorp
6300

Website

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when Try Time posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Share