30/09/2026
Papgooi vs Method Feeder – Johann Beukes
🔴 YouTube: https://youtu.be/B9aa3ILFr5A
Hierdie week sit ons weer saam met Johann Beukes, nadat hy sy titel suksesvol verdedig het en weer as Distance Casting Champion gekroon is!
Maar dié episode gaan nie net oor hoe ver jy kan gooi nie.
Johann het ook onlangs aan die Method Feeder SA Kampioenskappe deelgeneem, voordat hy net twee weke later weer papgooi by die Nyl gehengel het. Ons gesels oor die verskille tussen die twee dissiplines, wat hy uit method feeder geleer het en hoe van daardie lesse ook in gewone papgooi toegepas kan word.
Een van die interessantste stories kom uit die ses sessies by die Nyl, waar Johann van sy groot karpe slegs sowat 7 meter van die wal af gevang het — ’n goeie herinnering dat die vis nie altyd so ver is as wat ons dink nie.
Ons gesels oor afstandgooi, method feeder, papgooi, hoe om die water te lees en hoekom dit so belangrik is om jou benadering aan te pas by wat voor jou gebeur.
🎣 The Original Podcast – nuwe episodes elke Woensdag.