11/09/2026
Rooksein doen dinge dié keer ’n bietjie anders! 👀 Hulle het 8 opkomende kunstenaars gekies om elkeen saam met hulle ’n bekende Rooksein-treffer ’n splinternuwe akoestiese baadjie te gee.
Maar hier kom die lekker deel… JY help kies wie wen!
Die snit met die meeste stroomsyfers teen einde November word gekroon as wenner – en dié kunstenaar kry die geleentheid om saam met Rooksein ’n splinternuwe oorspronklike liedjie te skryf en op te neem! 🤯
🎧 Die EP is nou beskikbaar op alle digitale platforms. Kies jou gunsteling, STROOM hom, DEEL hom en help verander ’n opkomende kunstenaar se lewe!
Die gewilde Afrikaanse musiekgroep Rooksein breek nuwe grond met die vrystelling van ’n splinternuwe agtsnit-EP wat musiek, samewerking en die ontdekking van nuwe talent op ’n unieke manier bymekaarbring.