21/06/2013
Arri Opperman kuier môreoggend om 6:30 in die ateljee en sing sy liedjie DIEP IN MY HART. Die Jakkals Jol span sing VER IN DIE WÊRELD KITTIE en DIE BUS SE WIELE en die Bosband sing OU TANTE KOBA en SUIKERBOSSIE.
Ouma besluit dit is tyd vir ʼn musiek vasvra en die wenner kry ʼn prys. Jakkals sien die geskenkpakkie in die ateljee en die vraag is wat gaan hy daar omtrent doen?
Die storie is HOEKOM WATERBOK VIR KROKODIL GEHELP HET uit Struik Uitgewers se boek When Hippo was hairy and other tales from Africa.