21/08/2025
🌟 Ingrid: 'n Vlam in die Sneeu - Teaterproduksie – Terug op populêre aanvraag! KAARTJIES VLIEG ALREEDS! Bespreek gou!
🎭 Met: Lizelle Pike as Ingrid Jonker
🎹 Klavier: Chanie Jonker
🎭 Regie: Nadia Beukes
⭐ Teks: Jak J Brits
🎟️ Kaartjies:
https://qkt.io/INGRIDSeptCT25
12 September 2025 | 19:30
13 September 2025 | 11:00 & 16:00
Ingrid: ’n Vlam in die Sneeu is ’n oorspronklike, nuwe produksie wat die intense en komplekse liefdesverhouding tussen Ingrid Jonker en André P. Brink uitbeeld, gebaseer op hul persoonlike en ongesensuurde briewe aan mekaar. Deur Ingrid se tydlose poësie – met oorspronklike nuwe toonsettings – en gedeeltes uit hul korrespondensie, ontvou die produksie soos ’n musikale en dramatiese reis deur hul passie, hartseer en verlange. Die stuk bied ’n unieke blik op Ingrid se soeke na liefde, haar stryd met depressie en haar onvermoë om te ontsnap uit die donkerte wat haar gevolg het, selfs te midde van haar roekelose hoop. Met musiek, woorde en spel word haar storie lewend gemaak: broos, eerlik en ongenaakbaar. Dit is ’n viering van Ingrid se stem en die nalatenskap van haar woorde wat steeds nuwe geslagte inspireer.
💬 Wat sê gehore?
⭐ “Te diep en ongelooflik goed aangebied om sommer net ligtelik oor te skryf. Die spontane, onmiddellike staande toejuiging het alles gesê.”
⭐ “Absolutely blown away by the powerhouse performance and the masterful direction. What a privilege to witness such raw talent and storytelling.”
⭐ “Alles met deernis, pragtig, gevoelvol, outentiek en met passie.”
⏳ Duur: 75 minute sonder pouse
🗣️ Taal: Afrikaans
👀 Ouderdomsbeperking: Geen onder 16’s
👉 Moet dit nie misloop nie. Bring iemand saam. Deel die ervaring. Voel die vlam.
Chanie Jonker
Jak J Brits