25/04/2026
AMEN.
BAIE WAAR
Mag ons vreemd bly en aanhou bid.
So, op ’n reënerige Saterdag, het ek my jongste vir hokkie skool toe geneem. Sy wou vir haar maatjies gaan kyk.
Ek het nie ’n brandende begeerte gehad om op ’n nat paviljoentjie in hoenderweer na ander mammas en pappas se kinders te sit en kyk nie.
Ek gaan toe maar ontbyt eet by die nuwe Spur by Loftuspark. Paaie is toegemaak vir sokker, en die nattigheid het tot gevolg dat daar nie baie mense is nie.
In die Spur is dit net ek en ’n ouer paartjie skuins oorkant my.
Hulle kos kom, hulle vat mekaar se hande, sak die koppe en bid.
Dit was mooi.
Dit herinner my toe weer aan die Vlaamse parlementslid wat onlangs in Suid-Afrika was en toe vra of ons Afrikaners weet hoe vreemd ons is.
Toe ek vra hoekom hy so sê, antwoord hy: “Dis die gebid van julle.”
“Julle bid vir ontbyt, middagete, aandete en voor vergaderings. Dis regtig vreemd.”
Dit was destyds met beurtkrag. Ek antwoord hom toe dat ek eerder in die donker bid as dat my treine betyds is, maar ek nie meer bid nie.
Mag ons vreemd bly en aanhou bid.
Kom ons vat mekaar se hande, sak die koppe en bid.
(Die skets is ’n KI-voorstelling)