Louis Baartman - Stigter en Senior Omroeper

Louis Baartman - Stigter en Senior Omroeper Stigter en Senior Omroeper van Houtstok FM

Houtstok FM bied jou die geleentheid om jou besigheid en dienste bekend stel regoor die hele Weskus streek sowel as die ...
15/09/2026

Houtstok FM bied jou die geleentheid om jou besigheid en dienste bekend stel regoor die hele Weskus streek sowel as die omliggende Boland dorpe soos Paarl, Wellington, Tulbagh sowel as die noordelike voorstede van die Kaapse Metropool!

Ons tariewe is bekostigbaar! Kontak ons gerus op 022 880 0122 of stuur 'n epos na [email protected]

Houtstok FM

Jammer om die draer van slegte nuus te wees!  ESKOM doen môre roetine-onderhoud aan die hoofkraglyn op die berg in Porte...
14/09/2026

Jammer om die draer van slegte nuus te wees!

ESKOM doen môre roetine-onderhoud aan die hoofkraglyn op die berg in Porterville van 09:00 tot 18:00!

Ons batterye sal net tot 11:00 kan krag verskaf daarna sal ons op FM van die lug wees tot 18:00!

Die aanlyn uitsending word geensins nie geaffekteer nie. Dus as jy wil kan jy na ons luister op ons toepassing of op Radio Garden.
Luister hier: https://radio.garden/listen/radio-houtstok-fm-100-6/asvRfsI5

Baie dankie vir almal se geduld die Houtstok Span waardeer dit opreg! Die is ongelukkig buite ons beheer!

Ons is so dankbaar vir elke druppel reen wat hier tans in die Weskaap val!Dankie Jesus!! Daar sal Donderdag tussen 12 en...
14/09/2026

Ons is so dankbaar vir elke druppel reen wat hier tans in die Weskaap val!

Dankie Jesus!!

Daar sal Donderdag tussen 12 en 1 'n gedenkdiens wees om ons Hemelse Vader te bedank vir die genade water!!

Goeie dag HoutstokkersGun my die geleentheid om 'n paar minute van jou tyd op te neem oor iets wat my swaar op hart lê.H...
21/07/2026

Goeie dag Houtstokkers

Gun my die geleentheid om 'n paar minute van jou tyd op te neem oor iets wat my swaar op hart lê.

Houtstok FM is vir baie mense meer as net 'n radiostasie. Vir meer as 'n dekade is Houtstok FM deel van duisende mense se daaglikse lewe.

Soos menige ander gemeenskapsradiostasie ondervind ons ook uitdagings om te oorleef. Die pad is en was nie altyd maklik nie, maar een ding het nooit verander nie: ons passie om die Weskusgemeenskap te dien en 'n platform te bied vir Afrikaans as taal, plaaslike nuus en uitstekende musiek!

Houtstok FM is opreg dankbaar vir elke besigheid wat by ons adverteer. Julle ondersteuning maak dit moontlik dat ons elke dag kan uitsaai. Maar om 'n gemeenskapsradiostasie volhoubaar te bedryf, verg baie meer as net advertensie-inkomste en passie.

Miskien sit jy in jou voertuig, dalk is jy reeds op jou trekker op die plaas. Miskien drink jy ‘n koppie koffie, of dalk luister jy honderde kilometers van die Weskus af. Vir die afgelope agt jaar was Houtstok FM bevoorreg om 'n vertroude stem vir die Weskus te wees.

'n Stem wat saam met jou gelag het.
Saam met jou gehuil het.
Saam met jou gebid het.
Saam met jou fees gevier.

En waar baie van die Houtstok FM omroepers oor die jare amper deel van jou familie en lewens geword het, dan besef ‘n mens elke dag opnuut wat Houtstok FM vir verskillende mense beteken.

Vir sommige is Houtstok FM die eerste stem wat hulle soggens hoor of musiek oppad werk toe. Vir ander is dit geselskap in die trekker of bakkie of werk. Vir baie van ons senior burgers is Houtstok FM die enigste stem wat hulle deur die dag geselskap hou.

Ons kry gereeld WhatsApp-boodskappe, foto's en soms video's van boere wat besig is om te plant of te oes, met Houtstok FM wat in die agtergrond speel.

Houtstok FM is baie meer as net 'n radiostasie. Dit het deel van baie mense se lewens geword.

Maar ongelukkig is die harde realiteit om 'n gemeenskapsradiostasie suksesvol aan die gang te hou, word dit elke jaar moeiliker. Daar is stasies wat nie oorleef het nie!

Ons luisteraargetalle groei konstant, meer mense luister Houtstok FM vandag as ooit tevore, maar die finansiële werklikheid het beslis nie verander nie. Die koste om op die lug te bly styg elke jaar maar ongelukkig het die advertensie inkomste nie teen dieselfde tempo gegroei nie. En dit is die GROOT probleem.

Daarom wil ek vandag met jóú gesels oor ‘n netelige saak. Houtstok FM het jou hulp nodig!

Houtstok FM is jou stasie.... daarom kom ek vandag met vrymoedigheid na jou toe en vra om Houtstok FM in die 2026 Telethon te ondersteun!. Elke bydrae help!

Saam kan ons dit doen en Houtstok FM se voort bestaan verseker!

Houtstok FM is Jou Stasie - Ons Toekoms

Die Houtstok Span bedank jou byvoorbaat!

Dit is weer sulke tyd!  Ons benodig jou stem vir die Houtstok FM Country program!Kom ons maak dit 4 in 'n ry!!https://po...
05/06/2026

Dit is weer sulke tyd! Ons benodig jou stem vir die Houtstok FM Country program!

Kom ons maak dit 4 in 'n ry!!

https://pollie.app/z7p1f

SACMAF 2026 Awards Votes for Radio Stations Country Shows Categories is NOW Live!

Adverteer op Houtstok FM en bereik jou gekose teikenmark Die stem van die Weskus en beslis die No.1 Stasie!    Houtstok ...
11/05/2026

Adverteer op Houtstok FM en bereik jou gekose teikenmark
Die stem van die Weskus en beslis die No.1 Stasie!

Houtstok FM - die radio stasie van die keuse in die WESKUS met meer as 80 000 luisteraars op FM! Die beste musiek en coolste omroepers ooit!

Adverteer nou jou besighede, produkte of dienste op Houtstok vir resultate!

Op Houtstok FM:
• Bereik jy duisende luisteraars in jou gemeenskap
• Vinnigste groeiende streek in die WesKaap met LSM 6+
• Bekostigbare advertensiepakkette
• Plaaslike luisteraars met hoë betrokkenheid
• Ideaal vir klein en groot besighede
• Direkte blootstelling vir promosies en spesiale aanbiedinge
• Professionele en unieke advertensie-opnames beskikbaar

Houtstok FM bied verskeie advertensie-opsies
• Generiese advertensies
• Borgskappe
• Regstreekse promosies
• Kompetisies
• Onderhoude en besigheidsprofiele
• Sosiale media promosies

Houtstok FM 100.6FM & 91.3FM
Jou Stasie • Jou Taal • Jou Musiek
Stel jou besigheid voor aan die regte gehoor

ADVERTEER NOU!
Kontak ons vandag nog op 022 880 0122 of stuur ‘n epos na [email protected]

Jammer!!
27/04/2026

Jammer!!

Wie het groot geword met so outjie?Seven singles en Springbok Treffers!Goeie ou tyd gewees daai!
22/04/2026

Wie het groot geword met so outjie?

Seven singles en Springbok Treffers!

Goeie ou tyd gewees daai!

Toe daar gelukkig nog geen aanlyn dobbelhuise  of Outsurance advertensies op die lug was nie!Kan nie glo dat tot 15 minu...
13/04/2026

Toe daar gelukkig nog geen aanlyn dobbelhuise of Outsurance advertensies op die lug was nie!

Kan nie glo dat tot 15 minute van n 30-minute sepie word in beslag geneem deur advertensies nie!

Address

Langebaan
7357

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when Louis Baartman - Stigter en Senior Omroeper posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Shortcuts

Share

Category