
27/05/2025
MAMBA - Pieter Henning
*’n Spanningsverhaal met kronkels.*
Dit is die verskyning van die slang wat die duiwel losgelaat het. Tog het die moeilikheid reeds vroeër begin …
Adriaan Botha, losloper-argitek, besluit om die land te verlaat. Hy stel sy plan uit ten einde ʼn hoëprofielprojek te voltooi. Intussen erf hy ’n Bosveldplasie by ’n oupa wat hy nooit geken het nie. Terwyl hy sukkel om dié nuus te verwerk dwing ’n insident met die kliënt se vrou hom om die stad inderhaas te verlaat. Vergesel deur sy geliefde hond gaan skuil hy op die plaas in ’n afgeleë
hoek van die Waterberge en spoedig raak hy al hoe vaster verstrik deur ’n sameloop van onverwagse gebeure.
As hy maar net vroeër rigting gekry het! Hoe de hel gaan hy lewend hier uitkom? Sy oupa kon hom netsowel ’n tuimeltreinrit nagelaat het. Mamba is ’n roman wat jou gaan oorrompel en enduit geboei hou.