17/07/2025
op , Woensdae op GROOTfm 90.5. 💖
'n GROOT dankie aan Wheelchairs on The Run wat vir Izak 'n ‘walker’ geskenk het!
Die volledige video is nou beskikbaar op ons YouTube-kanaal. 👇👇
https://youtu.be/zUT2LsxHmzQ
𝗝𝗼𝘂 𝗠𝗲𝗻𝘀𝗲 𝗠𝘆 𝗠𝗲𝗻𝘀𝗲: 𝗜𝘇𝗮𝗸 𝗱𝘂 𝗣𝗹𝗲𝘀𝘀𝗶𝘀
Izak du Plessis (6) is gebore met serebrale gestremdheid, VSD en spastiese displaysia. Hy is op 30 weke met ’n noodkeisersnee gebore, het slegs 5% suurstof ontvang en net 1.4 kg geweeg. Hy het drie maande in die neonatale-ICU deurgebring. Eers op twee-jaar is die regte diagnose gemaak ná 'n tweede opinie by ’n neurologiese pediater.
Sedertdien ontvang hy behandeling van ’n neuroloog, kardioloog en fisioterapeut. Hy het in 2024 by Pretoria Skool vir Serebraal Gestremdes begin en is mal daaroor. Weens sy unieke behoeftes, sou hy nie in ’n hoofstroom-kleuterskool geaard het nie.