Radio Namakwaland 93.4fm

Radio Namakwaland 93.4fm Christian radio station. 93.4 fm. Radio Namakwaland. Media/News Company

Die nuushooftrekke vir Vrydag 19 September 2025:*Alexander Kannemeyer, die raadslid en bestuurder in die Stellenbosch Mu...
19/09/2025

Die nuushooftrekke vir Vrydag 19 September 2025:

*Alexander Kannemeyer, die raadslid en bestuurder in die Stellenbosch Munisipaliteit wat ondermeer weens van rassisme verkla is, kan nie geskors word nie weens 'n tegniese punt.
*'n Jong man (29) se lyk het Donderdag by Sunset Strand in Seepunt uitgespoel. Hy het vermoedelik verdrink, Sy naam is bekend maar is nog nie bekend gemaak aan die publiek nie.
*Die dorp De Doorns is geruk deur die dood van 'n Bolandse rugbyskeidsregter en sy vriendin. Jannie Wilskut (40) het glo eers sy vriendin, Alvinia Faro (35), doodgeskiet en toe sy eie lewe geneem. (Sien berig en foto)
https://www.netwerk24.com/nuus/misdaad/skok-oor-bolandse-skeidsregter-wat-glo-eers-vriendin-vermoor-en-toe-eie-lewe-neem-20250918-1018
*Die Wes-Kaapse teenbende-eenheid ondersoek 'n drie-dubbele moord na 'n skietvoorval Woensdagaand in Westridge, Mitchell's Plain. Daar word vermoed dat dit bendeverwant kan wees.

Jy kan hierdie en ander berigte lees op die sosiale media blaaie en webtuistes van en . Hou ook se Facebookblad dop deur die loop van die dag vir enige opdaterings sowel as blitsberigte.

Ons wens almal 'n pragtige en geseënde dag en naweek.

Hier volg die nuushooftrekke vir Donderdag 18 September 2025:*Alumni van die Universiteit Van Stellenbosch (Maties) het ...
18/09/2025

Hier volg die nuushooftrekke vir Donderdag 18 September 2025:

*Alumni van die Universiteit Van Stellenbosch (Maties) het sterk teëgeskop teen 'n voorgestelde naamsverandering van 'n gebou (Die J G Van Der Horst Gebou) op die Bellville kampus. Die naamsverandering is voorlopig opgeskort.
*Rushne Losper (19), 'n jong ma van Delft in die Kaap, is Dinsdagmôre in die hospitaal oorlede nadat sy etlike minute vroeër geskiet is op 'n erf in Delft. (Sien berig en foto)
https://www.netwerk24.com/nuus/misdaad/jong-ma-van-delft-vroegoggend-doodgeskiet-20250917-0901
*'n Man van Kuruman wat saam met ander 'n valse beleggingsmaatskappy bedryf het, is skuldig bevind op honderde aanklagte van bedrog. Hulle het hoofsaaklik ouer inwoners van die streek uitgebuit.
*Al meer kinders in die Wes-Kaap word in pleegsorg geplaas. Skokkende syfers van die Wes-Kaapse departement van maatskaplike ontwikkeling wys dat die getal kinders wat in die provinsie in pleegsorg geplaas is oor die laaste vyf jaar met meer as 7 800 toegeneem het.

Gaan besoek gerus die webtuistes en sosiale media blaaie van en vir nog vele meer ander berigte en fotos. Jy kan ook se Facebookblad dophou vir verwikkelinge asook blitsberigte.

Ons wens elke een 'n pragtige en geseënde dag toe.

Jou nuushooftrekke vir Dinsdag 16 September 2025:*Ramaphosa sê dat dit hom as leier van die ANC bitter seermaak om te si...
16/09/2025

Jou nuushooftrekke vir Dinsdag 16 September 2025:

*Ramaphosa sê dat dit hom as leier van die ANC bitter seermaak om te sien hoe munisipaliteite wat onder ANC regering is so agteruit gaan en DA-geleide munisipaliteite floreer. Hy sê die ANC munisipaliteite behoort by die DA munisipaliteite te gaan kers opsteek.
*Twee susters het Saterdagoggend hulle lewens verloor net buite Britstown in die Noord-Kaap nadat 'n band op die motor waarin hulle gereis het gebars het.
*Die DA het 'n ondertekende memorandum aan die ministers van polisie en justisie oorhandig waarin hulle dringende ingryping eis in die misdaad en veiligheidskrisis wat heers in die Wes-Kaap.
*'n Boer van Garies in die Noord-Kaap, Tiaan Barkhuizen (33), is aangewys as TLU SA se Jongboer Van Die Jaar, Tiaan het sy eie Dorperstoet en boer kommersieël met bok en skaap. (Sien berig en foto)
https://maroelamedia.co.za/nuus/sa-nuus/garies-boer-is-tlu-sa-se-nuwe-jongboer/

Gaan loer gerus in by die webtuistes en die sosiale media blaaie van en vir hierdie en nog vele ander berigte. Hou jouself ook op datum deur die loop van die dag deur se Facebookblad te volg vir enige verwikkelinge van huidige stories en vir blitsberigte.

Geniet die dag en wees geseënd.

Jou nuushooftrekke vir Vrydag 12 September 2025:*Die ontslape Charlie Kirk is Donderdag hier op Suid-Afrikaanse bodem he...
12/09/2025

Jou nuushooftrekke vir Vrydag 12 September 2025:

*Die ontslape Charlie Kirk is Donderdag hier op Suid-Afrikaanse bodem herdenk en vereer. 'n Groep Suid-Afrikaners het Donderdag by die Amerikaanse ambassade in Pretoria 'n kranslegging gehou vir die held. (Sien berig en foto)
https://www.netwerk24.com/nuus/aktueel/charlie-kirk-word-op-plaaslike-bodem-vereer-20250911-1106
*"n Prokureur van die Paarl was Donderdag in die landdroshof in die Paarl weens bedrog van R 3.2 miljoen. Hy is reeds van die rol geskrap.
*Inwoners van Upington is warm onder die kraag nadat die ANC 'n naamsverandering vir die hoofstraat, ondanks hewige teenkanting uit alle oorde, die verandering deurgedruk het. (Sien foto en berig)
https://maroelamedia.co.za/nuus/sa-nuus/hoofstraat-in-upington-kry-nuwe-naam-ondanks-massiewe-teenkanting/
*Vyf leerders is oorlede en vyf beseer toe 'n minibus-taxi Donderdagoggend deur die muur van 'n kleuterskool in Imbali in Kwazulu-Natal gebars het.

Gaan besoek gerus die webtuistes en sosiale media blaaie van en vir hierdie en nog vele ander stories. Jy kan ook deur die loop van die dag se Facebookblad dophou vir enige verwikkelinge asook blitsberigte.

Mag jy 'n geseënde dag en naweek hê vol vreugde, vrede en liefde.

Hier volg die nuushooftrekke vir Woensdag 10 September 2025:*Volgens die waarnemende polisie minister, Prof. Firoz Cacha...
10/09/2025

Hier volg die nuushooftrekke vir Woensdag 10 September 2025:

*Volgens die waarnemende polisie minister, Prof. Firoz Cachalia, is daar nog geen plan van aksie om die bendegeweld in die Wes-Kaap te bekamp nie.
*Graine Martin, 'n gevangene wat gister uit die Allandale-gevangenis in die Paarl ontsnap het, het kort na sy ontsnapping sy eie lewe geneem. (Sien berig en foto)
https://www.netwerk24.com/nuus/misdaad/gevangene-neem-glo-eie-lewe-nadat-hy-uit-paarl-tronk-ontsnap-20250909-0830
*Die DBV in Kaapstad by die Kaap Die Goeie Hoop DBV het 'n bedrieër ontmasker wat homself voorgedoen het as 'n DBV inspekteur en 'n gekwalifiseerde en geregistreerde dierewelsyns-assistent met vals sertifikate. (Sien berig en foto)
https://maroelamedia.co.za/nuus/sa-nuus/dbv-ontmasker-bedrieer-met-vals-sertifikate/
*Die polisie in Port Elizabeth in die Oos-Kaap het nog 'n deurbraak gemaak in die moord op Frederick Jacobus Botha Ferreira (38). 'n Tweede verdagte is in hegtenis geneem in verband met die moord op 08 Junie 2025.

Vir hierdie en ander berigte gaan besoek die sosiale media blaaie sowel as die webtuistes van en . Hou ook se Facebookblad dop vir enige verwikkelinge en blitsberigte.

Alle seën en vrede aan jou.

Nuushooftrekke vir Dinsdag 09 September 2025:*Die "kitesurfer" van Bloubergstrand wat Sondag vermis geraak het, se lyk i...
09/09/2025

Nuushooftrekke vir Dinsdag 09 September 2025:

*Die "kitesurfer" van Bloubergstrand wat Sondag vermis geraak het, se lyk is Maandagmiddag stroomaf van Eden On The Bay gevind, die plek waar hy vermoedelik vermis geraak het.
*Volgens die hof het Hoër Landbouskool Oakdale in Riversdal in die Wes-Kaap sy magte oorskry deur twee leerlinge te skors en hul beurse weg te vat nadat hulle skuldig bevind is aan damprook (Va**ng). (Sien berig)
https://www.netwerk24.com/nuus/hof/hooggeregshof-tik-landbouskool-oor-vingers-na-twee-skoliere-se-skorsing-weens-damprook-20250908-0756
*'n Sewe-jarige seuntjie van Roodewal in Worcester het in die Hexrivier verdrink na hy deur maats genooi was om saam met hulle te gaan speel. Hy kon nie swem nie.
*Die R303 pad wat Citrusdal met die N7 nasionale pad verbind is Maandag heropen na maande se herstelwerk. Die brug is beskadig tydens die vloede in Junie en Julie 2024. (Sien berig en foto)
https://www.netwerk24.com/nuus/munisipaliteite/r303-lewensaar-na-citrusdal-weer-oop-na-maande-van-herstelwerk-20250908-0821

Jy kan die webtuistes en sosiale media blaaie van en besoek vir hierdie en nog vele ander stories. Jy kan ook se Facebookblad dophou vir enige opdaterings en blitsberigte.

Ons wens jou 'n geseënde en vredevolle dag toe.

https://www.facebook.com/share/p/177BmZe3iK/ Hier is die Bokspan wat die All Blacks Saterdag aanpak.
08/09/2025

https://www.facebook.com/share/p/177BmZe3iK/ Hier is die Bokspan wat die All Blacks Saterdag aanpak.

𝐁𝐑𝐄𝐀𝐊𝐈𝐍𝐆: Rassie Erasmus has made a number of changes to the Springbok team that will face the All Blacks in Wellington this Saturday 🇿🇦🚨
|

Jou nuushooftrekke vir Maandag 08 September 2025*Hoër Landbouskool Oakdale in Riversdal in die Wes-Kaap het vir die vier...
08/09/2025

Jou nuushooftrekke vir Maandag 08 September 2025

*Hoër Landbouskool Oakdale in Riversdal in die Wes-Kaap het vir die vierde agtereenvolgende jaar die wêreldkampioenskap vir toutrek gewen. (sien berig en foto)
https://www.netwerk24.com/jeug/myskool/hoer-landbouskool-oakdale-wen-internasionale-toutrek-kampioenskap-4de-keer-20250907-0926
*'n 21-jarige vrou van Wellington in die Wes-Kaap is oorlede enkele dae na die geboorte van haar baba weens komplikasies wat sy opgedoen het na die keisersnee in Tygerberg hospitaal.
*'n Uitgerbreide lug-, see- en kuslynsoektog is vroeg Maandagmôre gestaak na die verdwyning van 'n "kitesurfer" van Bloubergstrand. Hy het Sondagmiddag die see ingegaan by Eden On The Sea.
*PAGAD G-Force het Sondag 'n optog teen bendegeweld en dwelmhandelaars gelei deur die strate van Mithcell's Plain in die Kaap. Die optog was eers deur die polisie vertraag omdat hulle gesê het die optoggangers mag nie met gesigbedekkings deur die strate beweeg nie. (sien berig en foto)
https://www.netwerk24.com/nuus/misdaad/pagad-g-force-betoog-teen-bendegeweld-in-mitchells-plain-20250907-1030

Gaan besoek gerus die sosiale media blaaie en webtuistes van en vir hierdie en nog vele ander berigte. Volg ook se Facebookblad deur die dag vir enige verwikkelinge asook blitsberigte.

Mag jy 'n geseënde en vredevolle week hê.

04/09/2025

🏡 Episode 5 | Infrastructure as heritage

🌿 Hierdie Heritage Month kyk Minister Tertuis Simmers na hoe grond, behuising en infrastruktuur nie net oor bouwerke gaan nie — dit gaan oor ons geskiedenis, ons gemeenskappe, en hoe ons ’n beter toekoms vir almal kan bou.

In die episode verduidelik hy hoe die Western Cape Infrastructure Framework 2050 werk aan werkgeleenthede, huise, paaie en nuwe kanse vir mense regoor die provinsie.

📲 Kyk die volle gesprek hier: https://www.facebook.com/share/v/1YZq5q1ztL/?mibextid=wwXIfr

Hier volg die nuushooftrekke vir Donderdag 04 September 2025:*Die omstrede konsertpromotor Wynand De Villiers het Woensd...
04/09/2025

Hier volg die nuushooftrekke vir Donderdag 04 September 2025:

*Die omstrede konsertpromotor Wynand De Villiers het Woensdag aangekondig dat die Steve Hofmeyr Ikoon-konsert nie meer sal voorgaan nie.
*In die maand van Augustus het bendes 130 mense afgemaai in onder andere woonbuurte op die Kaapse Vlaktes, Malmesbury en Stellenbosch. In Mitchells Plain was daar die afgelope Sondag nege bendeverwante moorde.
*Die inwoners van die dorp Springbok in die Namakwaland het hulleself boeglam geskrik toe 'n aardskudding van 3.6 op die Richterskaal die inwoners behoorlik laat koes het. (sien berig en foto)
https://www.netwerk24.com/nuus/omgewing/aardskudding-laat-namakwalanders-koes-en-hol-20250903-0918
*Nadat hy 'n polisiebeampte se vuurwapen afgevat het tydens 'n woordewisseling en struweling het 'n naakte, hawelose man skote afgevuur in die grond voor die hooggeregshof in Kaapstad. Gelukkig is niemand beseer tydens die voorval nie.

Jy kan hierdie berigte en nog vele ander lees op die sosiale media blaaie sowel as die webtuistes van en . Hou ook die Facebookblad dop van vir enige opdaterings en blitsberigte.

Mag jy 'n geseënde, vredevolle en vreugdevolle dag hê.

Jou nuushooftrekke vir Woensdag 03 September 2025:*Sihle Somdaka (35), 'n sjef van Kaapstad wat op die privaat eiland Ne...
03/09/2025

Jou nuushooftrekke vir Woensdag 03 September 2025:

*Sihle Somdaka (35), 'n sjef van Kaapstad wat op die privaat eiland Necker in die British Virgin Islands gewerk het, het Saterdagnag verongeluk. Die eiland behoort aan Richard Branson.
*Die polisie in Kuilsrivier ondersoek 'n saak van poging tot ontvoering na 'n vrou amper deur 'n e-taxi bestuurder ontvoer is. Sy het uit die bewegende motor gespring om haarself te red. (Sien berig en foto)
https://www.netwerk24.com/nuus/misdaad/kuilsrivier-vrou-spring-uit-e-taxi-toe-bestuurder-haar-glo-probeer-ontvoer-20250902-1050
*Patricia De Lille, minister van toerisme, is deur die DA gelas om 'n behoorlike verduideliking te gee oor die redes waarom die toerismeraad deur haar ontbind is.
*Die Open Chats podsending se vier aanbieders het aan die Menseregtekommissie gesê dat hulle onvoorwaardelik sal om verskoning sal vra vir die onstellende uitlatings wat hulle gemaak het oor bruin mense.

Gaan besoek gerus die webtuistes en sosiale media blaaie van en vir hierdie berigte en nog vele meer. Hou ook se Facebookblad dop vir enige verwikkelinge asook blitsberigte.

Mag elkeen 'n geseënde en vreugdevolle dag hê.

01/09/2025

💬 Julle Vrae, Beantwoord! | Minister Tertuis Simmers kom terug na julle vrae van Episode 4 van – maand vir maand hou ons die gesprek lewendig. Bly by, bly deel. 🏗

Address

24 Voortrekker Street
Matzikama
8160

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when Radio Namakwaland 93.4fm posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Contact The Business

Send a message to Radio Namakwaland 93.4fm:

Share