20/08/2026
*🌻🪴TUIN ONTWERP KURSUS*🪴🌻
Ons is bevoorreg om Rentia Verster by ons te hê in Memel! Sy ontwerp pragtige tuine landwyd, ook die pragtige tuin van Mirtehof in Prins Albert.
Kom geniet saam met ons 'n interaktiewe kursus waar ons oor verskeie konsepte en meer gaan leer.
- Basiese onderhoud van jou tuin
- Teken/opmeting en beplanning van jou tuin
- Kunsbeginsels soos: ritme, herhaling, lynvorming, tekstuur, kleur, vorm en balans
- Beligting in tuin
- Gebruik van potte, paadjies en waterelemente.
- Plantelys
*Datum* : 22 Augustus 2026
*Venue* : Fijn Vurk Bistro, Memel
*Tyd* : 09:00 - 15:30
*Koste* : R 1780 pp
Koffie/tee en heerlike middagete word voorsien.
Slegs enkele plekke nog beskikbaar.
Kontak Inge Talke vir besprekings en verdere inligting.