04/06/2026
Welkom by Yolande Giezen - Digital Marketing!
Ek is ontsettend opgewonde om amptelik my nuwe digitale tuiste met julle te deel! 🌐🚀
As digitale bemarker is my passie en missie eenvoudig: Ek help klein besighede, kerke en organisasies om ’n sterk, professionele aanlyn teenwoordigheid te bou sodat julle meer mense kan bereik en julle besigheid kan laat groei.
Baie besigheidseienaars het die visie, maar bloot net nie die tyd om daagliks inhoud te ontwerp, sosiale media te bestuur of advertensies op te stel nie. Dit is waar ek inkom om die stres van jou skouers af te neem!
Hier is waarmee ek jou kan help:
✔ Facebook & Instagram bladbestuur
✔ Ontwerp van plasings en professionele inhoud
✔ Advertensies & bemarkingshulp
✔ Inhoudskepping en vars idees vir groei
✔ Bestuur van boodskappe & interaksie
💬 Jou visie. My missie. Kom ons bou sukses saam!
Gaan kyk gerus na my splinternuwe blad, volg my vir daaglikse wenke, of stuur vir my ’n boodskap om te gesels oor hoe ons jou besigheid kan laat uitstaan.
📧 E-pos: [email protected]
📞 WhatsApp: 076 697 5702
🔗 Direkte WhatsApp-skakel: