LUCA Jou tuiste vir Christelike inspirasie 💫 Sluit aan by ons nuusbrief en bly op hoogte van al die nuutste LUCA-nuus: https://bit.ly/3HJPIjB

"’n Verdere bousteen is die feit dat slegte dinge ook met goeie mense gebeur. Verhoudings wat op verskillende maniere ui...
03/06/2026

"’n Verdere bousteen is die feit dat slegte dinge ook met goeie mense gebeur. Verhoudings wat op verskillende maniere uitgedaag word, is volop in die ryk storielyn."

Dankie Amanda Claassens vir die pragtige resensie oor Sunet du Plessis se roman, Groete uit Skotland! 💙

📖 Lees meer hier: https://loom.ly/_VSBAsU

📖 Voeg die boek nou op jou leeslys: https://loom.ly/UClmqVQ

Zivah leef haar passie op Ezra se lieflike plaas in Galilea uit waar sy leer hoe om geurige olies te meng en parfuum te ...
02/06/2026

Zivah leef haar passie op Ezra se lieflike plaas in Galilea uit waar sy leer hoe om geurige olies te meng en parfuum te maak, maar sy dra swaar aan ’n donker geheim uit haar verlede en die pyn van haar gebroke hart.

Barabbas, met sy charismatiese persoonlikheid, onwrikbare avonturiergees en vreeslose najaag van sy ideaal om die Jode van Romeinse heerskappy te bevry, vergestalt vir haar die vryheid en geluk waarna sy hunker. Maar sy obsessie om die Jode van Romeinse onderdrukking te bevry, dryf hom al dieper die verderf in.

In ’n wêreld verskeur deur bloedvergieting, verlies en onvervulde hoop soek Zivah en Barabbas elkeen na heling, liefde en ’n tweede kans 💛

📖 Voeg die boek op jou leeslys hier: https://loom.ly/wmVhR1w

Ons gelukkige wenner is ... Baie geluk aan Renette Basson wat hierdie spesiale Moedersdag-boekpak wen! 🧡Wees asb. op die...
01/06/2026

Ons gelukkige wenner is ...

Baie geluk aan Renette Basson wat hierdie spesiale Moedersdag-boekpak wen! 🧡
Wees asb. op die uitkyk vir ons e-pos om jou prys te eis.

Baie dankie aan elkeen wat deelgeneem het! Hierdie boeke en nog meer is nou beskikbaar by jou naaste boekwinkel asook aanlyn op ons webtuiste: https://loom.ly/5gwfhTM

Lekker lees! 🙏

Dankie Alida de Bruyn Skrywer vir die pragtige resensie oor Frenette van Wyk - Skrywer/Author se nuutste roman, Om weer ...
01/06/2026

Dankie Alida de Bruyn Skrywer vir die pragtige resensie oor Frenette van Wyk - Skrywer/Author se nuutste roman, Om weer te dans!

💛 Voeg hierdie boek op jou leeslys: https://loom.ly/wmVhR1w

Ek deel met julle my Skrywers Mengelmoes Resensie van Frenette van Wyk se boek - Om weer te Dans.

Biografie – Frenette van Wyk
Frennette van Wyk is ’n geliefde Suid-Afrikaanse skrywer wat reeds 26 romanses, 6 superromanses, 4 kortverhale en 2 fantasieverhale vir jeug en jong volwassenes gepubliseer het. Haar eerste boek, Kruisvaart na Liefde, het in 2006 verskyn.
Sy skryf inspirerende verhale vol liefde, hoop, geloof en tweede kanse. Haar nuutste Christelike historiese romans, Stryd vir Liefde en Om weer te dans, vorm deel van ’n reeks wat sy beplan.
Voor haar skryfloopbaan was Frenette ’n hoërskoolonderwyseres in Afrikaans, Engels, Frans en Latyn. Sy woon saam met haar man, Etienne, in Pretoria en geniet dit om te verf, te reis en navorsing vir haar stories te doen.
Outeur: Frenette van Wyk
Boek: Om weer te Dans
“Barabas, kan jy my hartklop hoor? Voel jy die verlange ook in elke polsing van jou hart? Fluister jy soms nog my naam op die wind of in die kwynende strale van die ondergaande son?”
Is dit nie net van die mees romantiese woorde ooit nie? Jy voel sommer die passie waarmee Zivah dit sê. Die omgewing wat Frenette skep, wek dadelik ’n gevoel van nostalgie — die rotsagtige koppies, gespikkelde kleurvolle veldblommetjies, dadels, olywe, karob-, vy- en granaatbome wat oral op die plaas staan waar sy en Barabas mekaar ontmoet en hul liefde verklaar het.
Maar Barabas se verlede en die seer wat die Romeine veroorsaak het, het ’n haat in hom ontwikkel wat tussen hom en Zivah se geluk staan.
In Om weer te dans is Zivah iemand met ’n groot passie vir die maak van parfuum met lelie-olie, mirre, hisop en granaatblom. Sy het ’n ware talent daarvoor. Haar herinneringe aan die intieme oomblikke wat sy en Barabas gedeel het, was haar dryfkrag, maar het haar ook stukkend gelaat. Sy vlug na ’n plaas wat aan Ezra, haar ma se neef, behoort — ’n veilige hawe vir gebroke vroue.
Maar Zivah kry nie rus vir haar hart nie. Sy sien Barabas oral raak — sy sterk manlikheid, die manier waarop hy sy tuniek gedra het. Sy kan nie vergeet hoe sy aanraking ’n polsende hittegolf deur haar laat trek het nie. Ezra ken haar geheime, en sy bystand in haar hartseer is vir haar soos die geur van teerheid, geduld en troos wat sy in roosblaarolie ruik. Sy weet hy sal haar nie in die steek laat nie. Daarom vra sy hom ook om haar te help om die Messias te soek.
Zivah se begeerte om die Messias te sien sodat Hy haar sondes kan vergewe, word al hoe sterker. Die oomblik toe sy sien hoe ’n verlamde se sondes vergewe word en hy opstaan en weer loop, het dieselfde begeerte in haar hart ontstaan. Maar die vrees dat dit nooit vir haar sal gebeur nie, omdat sy glo haar sonde is te groot om vergewe te word, verteer haar.
Terugflitse na Barabas en Zivah se liefde laat jou amper broos voel, asof jy die geur van die olie wat sy spesiaal vir hom gemaak het, self kan ruik. Die soet reuk hang oor elke bladsy. Al leef Barabas ’n gevaarlike lewe en word hy daagliks aan geweld blootgestel, probeer Zivah die stemmetjie van waarskuwing in haar stilmaak, want hy het haar nog altyd veiligheid gebied.
Maar Barabas dra ook sy eie hartseer — ’n pyn wat hom dryf om wraak teen die Romeine te neem. Zivah het ’n vrymoedigheid om haar hart teenoor hom oop te maak. Daar is ’n intieme oomblik waar sy haarself volkome aan hom toewy om hom van haar liefde te verseker. Maar Barabas se drang na wraak neem hom op ’n onbekende pad en ruk hom weg van Zivah af.
Zivah ervaar oorweldigende hartseer, en haar soeke na die Messias vir vergifnis raak net al dringender. Wanneer sy uiteindelik die geleentheid kry om met die Messias te praat, kan jy as leser nie help om self ’n traan af te vee nie. Dit voel asof die Messias reguit met jóú praat. Op daardie manier raak jy deel van Zivah se storie — asof dit eintlik jou eie storie is. Ek het myself telkemale betrap dat ek myself in Zivah sien.
Temidde van haar hartseer en haar voortdurende verlange na Barabas se liefde, word Ezra se wysheid en ondersteuning vir haar van onskatbare waarde. Die dag toe Zivah hoor dat Barabas in hegtenis geneem is, is vir haar ’n geweldige skok. Sy wraak teenoor die Romeine het uiteindelik sy tol geëis.
Dit is ’n dag van pyn en smart waar Zivah besef dat die einde van haar liefdesverhaal met Barabas moontlik aangebreek het. Hulle liefde voel soos ’n bitter olyf. Barabas se bittersoet beloftes en haar verpulpte drome vloei soos kosbare druppels suiwer olie verlore weg.
Die seisoen saam met hom is verby.
Maar God se planne is nie altyd wat ons verwag nie, en hulle kry weer ’n kans. Tog kom daardie kans nie sonder hartseer nie. Sal hulle liefde mekaar weer vind? Sal Barabas en Zivah se liefdesverhaal ’n nuwe seisoen ontvang?
Hierdie storie is gevul met liefde, hoop en geloof. Dit gaan oor baklei vir dit waarin jy glo. Dit is ’n verhaal van vergifnis, tweede kanse en selfs derde kanse. Liefde seëvier altyd.
Hierdie was vir my ’n ongelooflike leeservaring, en ek nooi almal uit om hierdie boek saam met ’n koppie rooibos tee te geniet. Hierdie boek is vir enige iemand wat in romanse glo — ’n verhaal wat jou sal wegvoer na ’n wêreld wat jy nooit ged**k het bestaan nie.
Ek wens ek kon werklik beskryf watter impak Om weer te dans op my gehad het.
Frenette, jy het ’n ongelooflike storie geskryf. Dankie dat jy jou woorde met ons deel.

If you’re ready to approach money with faith instead of fear, this is the book to read next! 📖God & Money by Wilco Nauma...
31/05/2026

If you’re ready to approach money with faith instead of fear, this is the book to read next! 📖

God & Money by Wilco Naumann invites readers to see finances through a different lens – one shaped by faith, wisdom and purpose. Rooted in Scripture and grounded in South African realities, this book offers practical guidance for anyone carrying the weight of debt, financial pressure or uncertainty.

🌱 A hopeful, honest read for those seeking freedom, peace and a healthier relationship with money: https://loom.ly/Vd7WwHA

’n Hartroerende verhaal oor ’n vrou se reis na liefde, vryheid en selfaanvaarding. Isabella ontdek dat die waarheid vrym...
30/05/2026

’n Hartroerende verhaal oor ’n vrou se reis na liefde, vryheid en selfaanvaarding. Isabella ontdek dat die waarheid vrymaak, liefde ’n menigte van sondes bedek, en dat sommige antwoorde net by die Here te vinde is.

💛 Voeg Woestynblom deur Kristel Loots in jou mandjie: https://loom.ly/NfpgBFM

Pak jou tasse, ’n Skotse-avontuur wag vir jou! Een gelukkige leser staan nou ’n kans om Sunet du Plessis se roman, Groet...
29/05/2026

Pak jou tasse, ’n Skotse-avontuur wag vir jou! Een gelukkige leser staan nou ’n kans om Sunet du Plessis se roman, Groete uit Skotland, te wen! 🎉

Hoe om deel te neem:
🔷 Volg ons Facebook-blad
🔷 Like hierdie plasing
🔷 Tag jou vriende in die kommentaar
🔷 Bonusinskrywing: Deel hierdie plasing na jou profiel

Moenie hierdie kans misloop nie! Die kompetisie sluit 4 Junie 2026 en die wenner sal 5 Junie aangekondig word. B’s & V’s geld.

 : Baie van ons het 'n Bybelvers wat vir ons hoop gee in goeie of slegte tye. Watter Bybelverse het jy as ouer vir jou k...
29/05/2026

: Baie van ons het 'n Bybelvers wat vir ons hoop gee in goeie of slegte tye. Watter Bybelverse het jy as ouer vir jou kinders geleer om hulle te help? Vertel vir ons in die kommentaar! ✝️

Walk by Nande Boss is a meaningful companion and a thoughtful gift for anyone seeking to deepen her spiritual life. Each...
28/05/2026

Walk by Nande Boss is a meaningful companion and a thoughtful gift for anyone seeking to deepen her spiritual life. Each devotion draws the reader into Scripture-based reflection, spiritual insight, personal journaling, and guided prayer, offering a gentle rhythm of renewal and connection with God throughout the year 🌿

📖 Grab your copy here: https://loom.ly/r_9QCbs

Lees 'n stukkie uit   deur   hier:Een: FrancesDie vlug van Frankfurt na Edinburgh is gelukkig kort, baie korter as die v...
27/05/2026

Lees 'n stukkie uit deur hier:

Een: Frances
Die vlug van Frankfurt na Edinburgh is gelukkig kort, baie korter as die vlug van Johannesburg na Frankfurt. Dit was eindeloos ...
Frances se hart het bokant die ewenaar ophou hamer, en haar trane het eers êrens voor die Middellandse See opgedroog. Iewers tussenin het ’n lugwaardin sag aan haar arm geraak en gevra of sy oukei is. Oukei. ’n Leë woord wat opnuut ’n knop in haar keel laat spring het.
Sy het die twee uur op Frankfurt se lughawe met droë oë oorleef. Diere en plante wat nie aanpasbaar is nie, oorleef nie. Só leer die ewolusie mos. Sy sál oorleef. Sy moet aanpas by ’n nuwe lewe, nuwe vriende en nuwe horisonne. Dit is al manier waaraan sy kon d**k om te ontsnap en te vergeet.
Nou kyk sy af op die wolkbank wat oor Skotland hang, en sy voel hoe die vliegtuig stadig begin daal. Iewers in haar deurmekaar kop is daar tog ’n sprankie hoop. Dis nie moontlik om so ver te kom sonder om iets moois te bereik nie. En Skotland ís mooi. Sprokiesmooi. Dit onthou sy van haar vorige besoeke en die tydperk wat sy voor haar studies hier deurgebring het. Dis net dat sy nou met ander oë na alles sal kyk. Toe sy laas hier was, was haar hart warm en gelukkig, haar oë sag. Dit voel soos eeue gelede. Nou voel haar hart leeg en haar oë is dof.
Hoekom het sy nie haar hart met haar ouma Martie gedeel nie? Sy is tog die één mens wat sy naby haar toelaat. Maar nee, sy kon nie. Dit was net nie moontlik om haar seer en ontnugtering so te ontbloot nie. Elke keer as sy daaroor wil praat, is dit asof iets haar mond toedruk. Dan gaan lê dit maar net weer loodswaar in haar binneste. Sy het boonop vir Dewald belowe dat sy sal stilbly. Daar was eintlik ’n ander belofte wat sy teenoor hom wou aflê ... Die ironie daarvan laat haar vir ’n oomblik duiselig voel.
Die vliegtuig wip-land liggies op Edinburgh se lughawe. Toe die deure oopgaan, daal die temperatuur in die kajuit merkbaar. Sy grawe vir haar dik jas in die oorhoofse stoorplek.
Mense stamp aan haar, want almal is haastig – van die sakemanne wat verlang na die warm vuurherd van ’n ouwêreldse Skotse huis, die Nigeriese vrou met haar drie kindertjies wat op Frankfurt se lughawe vertel het dat hulle vir haar man kom kuier wat in Edinburgh studeer, tot die energieke sokkerspan wat ná ’n wedstryd terugkeer en na ’n gesellige pub op pad is.
Saam. Op pad na saamwees. Niemand gaan eensaamheid tegemoet nie, of so voel dit vir haar. Dis net sy, Frances van der Westhuizen, wat alleen is. Dit was nie haar keuse nie. Sy is ’n slagoffer van omstandighede.

📖 Lees hier verder: https://loom.ly/3YE4Zmg

📖 Voeg die boek op jou leeslys: https://loom.ly/AXPNVgI

Address

162 Tonetti Street, Midpoint Business Park, Halfway House
Midrand
1685

Opening Hours

Monday 08:00 - 16:00
Tuesday 08:00 - 16:00
Wednesday 08:00 - 16:00
Thursday 08:00 - 16:00
Friday 08:00 - 16:00

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when LUCA posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Share

Category