LAPA Uitgewers

Directions Website

LAPA Uitgewers Waar die leser tuis voel 🛋️ Sluit aan by ons nuusbrief en bly op hoogte van al die LAPA-nuus: https://bit.ly/3yNte9G

Kom ons maak dit moeilik om te kies... 👀Wil jy eerder onbeperkte boekrakspasie hê of onbeperkte tyd om te lees?😉 En ja, ...
09/10/2026

Kom ons maak dit moeilik om te kies... 👀

Wil jy eerder onbeperkte boekrakspasie hê of onbeperkte tyd om te lees?

😉 En ja, jy moet net een kies!

🪳 Kallie Kakkerlak se sewe kaskenades deur Riana Scheepers en Elsabé Ebersöhn is hier! Kallie is klein, maar sy planne i...
08/10/2026

🪳 Kallie Kakkerlak se sewe kaskenades deur Riana Scheepers en Elsabé Ebersöhn is hier!

Kallie is klein, maar sy planne is GROOT!

Toe tannie Chané een oggend vir Kallie in haar blink kombuis sien, gil sy só hard dat die sak met kruideniersware uit haar hande val en die appels oor die vloer rol.

Met sewe skreeusnaakse kaskenades laat hy tannie Chané harder en harder gil. Van "kakkerlakvlerke" in ontbytkos tot vreemde verrassings in die badskuim.

Maar wie gaan op die ou end die slimste wees: die mens of die kakkerlak?

Kallie Kakkerlak se sewe kaskenades is 'n skaterlag-storie vol poetsbakkery, chaos en een baie dapper kakkerlak wat weet hy is 'n supergogga!

🪳 Kry jou kopie hier: https://loom.ly/XvsF408

Wat gebeur wanneer ’n gyselaarsituasie al hoe meer onvoorspelbaar raak? In Blinde kol deur Martin Steyn word AO Karla Bl...
07/10/2026

Wat gebeur wanneer ’n gyselaarsituasie al hoe meer onvoorspelbaar raak?

In Blinde kol deur Martin Steyn word AO Karla Blanckenberg ontplooi na ’n dameskoshuis waar ’n gewapende jong man studente gyselaar hou. Sy en AO Colin Menck moet probeer verstaan wat hom tot hierdie punt gedryf het, terwyl die gevaar vir die gyselaars toeneem.

’n Intense spanningsverhaal oor donker idees, menslike psiges en hoe vinnig ’n situasie kan skeef loop 👀

Hierdie boek is deel van ons Spooktober-kompetisie.

👻 Skryf hier in om te wen: https://loom.ly/ryD-xkM

Kompetisie sluit: 31 Oktober 2026

Hierdie Spooktober kan jy ’n stel van vyf spanningsverhale wen, met boeke deur Martin Steyn, Erla-Mari Diedericks, Marie...
06/10/2026

Hierdie Spooktober kan jy ’n stel van vyf spanningsverhale wen, met boeke deur Martin Steyn, Erla-Mari Diedericks, Marie Lotz, Pieter Stoffberg en Christelle Wessels.

Van gyselaars en ontvoerings tot moord, geheime en donker verlede. Is jy reg vir ’n leeservaring wat jou op die punt van jou stoel hou?

👻 Skryf hier in om te wen: https://loom.ly/ryD-xkM

Kompetisie sluit: 31 Oktober 2026

Ons gelukkige wenner is ... 🎉Baie geluk aan Marianne Visser wat wegstap met hierdie stel boeke! 📚Wees asb. op die uitkyk...
06/10/2026

Ons gelukkige wenner is ... 🎉

Baie geluk aan Marianne Visser wat wegstap met hierdie stel boeke! 📚

Wees asb. op die uitkyk vir ons e-pos om jou prys te eis.

Baie dankie aan elkeen wat deelgeneem het!

Hierdie boeke en nog meer is beskikbaar by jou naaste boekwinkel asook aanlyn op ons webtuiste: https://loom.ly/XA41Vbg

Lekker lees!

🪳 Kallie Kakkerlak se sewe kaskenades deur Riana Scheepers en Elsabé Ebersöhn is hier! Kallie is klein, maar sy planne i...
06/10/2026

🪳 Kallie Kakkerlak se sewe kaskenades deur Riana Scheepers en Elsabé Ebersöhn is hier!

Kallie is klein, maar sy planne is GROOT!

Toe tannie Chané een oggend vir Kallie in haar blink kombuis sien, gil sy só hard dat die sak met kruideniersware uit haar hande val en die appels oor die vloer rol.

Met sewe skreeusnaakse kaskenades laat hy tannie Chané harder en harder gil. Van "kakkerlakvlerke" in ontbytkos tot vreemde verrassings in die badskuim. Maar wie gaan op die ou end die slimste wees: die mens of die kakkerlak?

Kallie Kakkerlak se sewe kaskenades is 'n skaterlag-storie vol poetsbakkery, chaos en een baie dapper kakkerlak wat weet hy is 'n supergogga!

🪳 Kry jou kopie hier: https://loom.ly/XvsF408

Anderkant die water deur Ronel du Plessis 🩵Hoe hou jou hart aan klop wanneer jou kind s’n stop?Wanneer oud-Springbok Jan...
05/10/2026

Anderkant die water deur Ronel du Plessis 🩵

Hoe hou jou hart aan klop wanneer jou kind s’n stop?

Wanneer oud-Springbok Jannie du Plessis en sy vrou, Ronel, se babaseuntjie een aand in hul swembad verdrink, ruk dit die hele land en dompel die Du Plessis in ’n maalkolk van smart. Vyf jaar later vertel Ronel vir die eerste keer die volle verhaal.

Ronel se geloof loop soos ’n goue draad deur die boek.

🩵 Kry jou kopie hier: https://loom.ly/gNNQgWs

🌼 Dit is jou laaste kans om meer te lees vir minder!Die E-boekbonanza eindig vandag!Kry tot 40% afslag op uitgesoekte e-...
04/10/2026

🌼 Dit is jou laaste kans om meer te lees vir minder!

Die E-boekbonanza eindig vandag!

Kry tot 40% afslag op uitgesoekte e-boeke en groei jou leeslys nog net so bietjie 😉

🌷 Kry jou e-boeke hier: https://loom.ly/zSREf8s

LUCA Romanza

Kies jou volgende leesgunsteling, laai dit af en hou ’n hele boekrak in die palm van jou hand. 💐 Met die E-boekbonanza k...
02/10/2026

Kies jou volgende leesgunsteling, laai dit af en hou ’n hele boekrak in die palm van jou hand.

💐 Met die E-boekbonanza kry jy van 25 September tot 4 Oktober 2026 tot 40% afslag op uitgesoekte e-boeke.

🌷 Ontdek die E-boekbonanza hier: https://loom.ly/zSREf8s

LUCA Romanza

Address

162 Tonetti Street, Midpoint Business Park, Halfway House
Midrand
1685

Opening Hours

Monday 08:00 - 16:00
Tuesday 08:00 - 16:00
Wednesday 08:00 - 16:00
Thursday 08:00 - 16:00
Friday 08:00 - 16:00

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when LAPA Uitgewers posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Shortcuts

Share

Category