Romanza

Romanza Liefde leef hier 💕 Hiér kan julle klets, lag of stry oor die karakters wat vir ons vriende, familie of vyande is.

Die liefde en leed van die heldin tussen die Romanza-blaaie leef nog lank na enige van ons die boek toegemaak het. Dié Facebook-blad is 'n saam-geselsblad, kom gesels saam. Sluit aan by ons nuusbrief en bly op hoogte van al die nuutste Romanza-nuus: https://bit.ly/3voOGCu

'n Ryloper met 'n ghitaar was nooit deel van Elliot se planne nie. Tog maak Lani iets in hom wakker wat hy nie kan ignor...
24/06/2026

'n Ryloper met 'n ghitaar was nooit deel van Elliot se planne nie. Tog maak Lani iets in hom wakker wat hy nie kan ignoreer nie.

💙 Volg hulle liefdespad hier: https://loom.ly/tgMvvPs

Dankie Amanda Claassens vir die pragtige resensie oor Jaco Versfeld se Romanza, ’n Laaste noodvlug! 💙📖 Lees meer hier: h...
23/06/2026

Dankie Amanda Claassens vir die pragtige resensie oor Jaco Versfeld se Romanza, ’n Laaste noodvlug! 💙

📖 Lees meer hier: https://loom.ly/TSws-JE

📖 Voeg die boek op jou leeslys: https://loom.ly/GsTU9eE

Het jy al ooit gehoor van ’n wasgoedengel? Ek ook nie, totdat ek in ’n Laaste noodvlug lees van een. “Sy het nog nooit in engele geglo nie. Nou, uit die bloute uit, is al dié engelstemme in haar ko…

Hy verstaan haar sigeunerhart ☕ Lees nou ’n stukkie uit Sigeunerliefde deur René van Zyl hier:Plaça de Catalunya.Die woo...
22/06/2026

Hy verstaan haar sigeunerhart ☕ Lees nou ’n stukkie uit Sigeunerliefde deur René van Zyl hier:

Plaça de Catalunya.
Die woorde teen die rooi metrostasiemuur dui aan dis haar stop, die een naaste aan Barcelona se Gotiese Oudorp. Karmen klou aan ’n p**l om staande te bly toe die trein met ’n uitasem snak tot stilstand kom. Dieselfde snak sidder deur haar toe die deure oopskuif en tientalle warm lywe haar hardhandig eenkant toe stamp om uit die bedompige trein te kom. Een van die stormramme skop haar bonkige reistas amper uit haar hande.
Sy is hondmoeg, maar sy weet dié is ’n lomp tas. Seker te groot vir publieke vervoer. Haar hele lewe is immers hierin geprop.
Met stampe en stote stoei sy vir haarself ’n pad deur die skare oop om betyds uit die trein te kom voordat die skuifdeure weer toegaan. Spitstyd in Europese stede is sy aan gewoond, ook die pendelaars se strak gesigsuitdrukkings wat op hul selfone gevestig is, almal op pad werk toe.
Vandag voel sy egter geïrriteerd. Eerder angstig.
“¿Dónde están tus modales, bárbaro inepto?” skel sy op die naaste ongeskikte ou – tipies soos haar Spaanse ouma dit sou doen. Nie dat sy wil nie. Sy wil juis nie soos Mercedes da Silva wees nie.
Hoekom wonder sy buitendien waar die mense se maniere is? Die barbaarse jongmense op die metro steur hul min aan haar wat blykbaar soos ’n besoeker lyk met haar bont kaftan, ekstreme bruin krullebos hare en Palestina-plakkies. Alles aan haar Wes-Kaapse kunstenaarma te danke, wat nie ’n Spanjaard is nie, maar wat wel met ’n volbloed-Katalaan getrou het. Ook het sy – tot haar ouma se verontwaardiging – haar ma se vreemde ligbruin oë geërf.
By die hysbak waar sy met haar reistas boontoe wil gaan, staan ’n spul jonges soos sardiens ingepers. Selfs ’n grysbaard in ’n rolstoel moet wag vir die hysbak om leeg terug te kom. Hy glimlag verskonend vir haar asof hy hom skaam vir sy volk se tieners.
Sy knik met ’n halfglimlag vir hom, maar haar hak tik-tik onophoudelik die millisekondes af op die ritme van Verdi se “Brindisi”, oftewel die drinklied uit die opera, La Traviata. Die klanke kom van iewers op die volgende vloer af. Die violis ken sy storie.
Nee, geen mens kan so lank wag nie. Sy volg die laaste sleepsel pendelaars met die stel trappe boontoe. Haar tas protesteer. Amper bo. Amper. Uitasem kreun sy die laaste paar trappe uit; die vioolmusiek word dringender, harder soos sy klim.

❤️ Lees nou hier verder: https://loom.ly/8V5n2EA

❤️ Voeg hierdie boek op jou leeslys: https://loom.ly/3VjqXWY

Gelukkige Vadersdag aan die mans wat met liefde lei, met sorg ondersteun en elke dag hul harte vir hul families gee. Mag...
21/06/2026

Gelukkige Vadersdag aan die mans wat met liefde lei, met sorg ondersteun en elke dag hul harte vir hul families gee. Mag julle vandag ekstra bederf en waardeer word 💙

Gaan ’n misverstand hulle brose serenade vernietig? 🎨 Lees nou ’n voorsmakie uit Serenade vir die hart deur Corné van Ro...
20/06/2026

Gaan ’n misverstand hulle brose serenade vernietig? 🎨 Lees nou ’n voorsmakie uit Serenade vir die hart deur Corné van Rooyen hier:

Skewekop bekyk Rinelda die brug wat gebou is uit ’n verskeidenheid groottes blokkies in alle kleure van die reënboog. Dis seker veronderstel om te dien as afdak vir die plaat motortjies wat netjies daaronder gepak is. Sy sug effens. Dit was ’n baie lang, veeleisende dag en die laaste ding waarvoor sy lus is, is om hindernisbaan te speel met al die speelgoed wat haar pad vanaf die voorstoep tot in die sitkamer sal versper. Dít weet sy al uit ondervinding.
“Of jy klim hier oor, Rinelda, of jy moet leer vlieg,” praat sy sag met haarself.
Sy kyk weer na die versperring en besluit om dan maar die hindernisbaan aan te pak, want vlieg kan sy beslis nie. Sy druk haar handsak met een hand teen haar bors vas en klim versigtig oor die blokkiekonstruksie. Sy verloor effens haar balans en gryp na die stoeppilaar om staande te bly, maar is veilig verby die eerste versperring. Met moeite rek sy haar kort bene om oor die driewielfietsie te kom, koes vir die pop in die kombershangmat en spring oor die skottel water waarin badspeelgoed dryf. Sy struikel-val oor ’n teddiebeer en dan is sy uiteindelik deur die hindernisbaan. Sy blaas haar asem verlig uit en buk om die teddiebeer op te tel, wat ongelukkig deels onder haar voete beland het.
“Ek is baie jammer ek het op jou getrap, meneer Teddie.” Die kinders agter die rusbank giggel en sy glimlag ten spyte van haar moegheid. Die irritasies van die dag is skoon vergete as sy daardie giggels hoor.
“En? Het ek die toets geslaag?” vra sy vir die sproetgesigseuntjie wat oor die rusbank se leuning loer.
“Tannie kry ses uit tien,” kondig die sewejarige Marnus aan.
“Net ses?” vra sy teleurgesteld. “Ek het dan mooi oor alles gekom.”
“Tannie het vir meneer Teddie doodgetrap.”
Rinelda kyk na die gehawende teddiebeer in haar hand. “Hy is nie dood nie. Net effens gewond.” Die teddiebeer hoort eintlik lankal op die ashoop, maar Marnus weier om dit te laat gaan.

💚 Lees nou hier verder: https://loom.ly/8z_gCvc

💚 Voeg hierdie boek op jou leeslys: https://loom.ly/cPGA57k

Deel 6: Op die volgende hoofstuk 🥂Romanza se 21ste verjaardagvieringe kom tot ’n einde, maar ons storie is nog lank nie ...
19/06/2026

Deel 6: Op die volgende hoofstuk 🥂

Romanza se 21ste verjaardagvieringe kom tot ’n einde, maar ons storie is nog lank nie klaar geskryf nie.

Vandag deel ons die laaste verjaarsdagwense van ons geliefde skrywers wat hierdie mylp**l saam met ons vier ❤️

Dankie aan elke leser, skrywer en ondersteuner wat deel is van Romanza se verhaal. Hier’s op 21 jaar van liefde, geluk en onvergeetlike romanse. En op nog baie hoofstukke wat wag om geskryf te word! 🎉

Liefde leef tussen die bladsye – staan nou ’n kans om dié pragtige stel liefdesverhale te wen! 😍Hoe om deel te neem:🩷 Vo...
18/06/2026

Liefde leef tussen die bladsye – staan nou ’n kans om dié pragtige stel liefdesverhale te wen! 😍

Hoe om deel te neem:
🩷 Volg ons Facebook-blad
🩷 Like hierdie plasing
🩷 Tag jou vriende in die kommentaar
🩷 Bonusinskrywing: Deel hierdie plasing na jou profiel

Die kompetisie sluit 24 Junie 2026, so maak seker jy neem deel voordat die tyd uitloop! Die wenner word lukraak gekies en sal 25 Junie aangekondig word. B’s & V’s geld.

Deel 5: Saam vier ons die liefde 🎂🎉’n Verjaarsdag is altyd lekkerder wanneer dit saam gevier word. Dankie aan elke leser...
17/06/2026

Deel 5: Saam vier ons die liefde 🎂🎉

’n Verjaarsdag is altyd lekkerder wanneer dit saam gevier word. Dankie aan elke leser wat ’n boek oopgemaak het, elke skrywer wat ’n storie geskryf het, en elke ondersteuner wat deel was van Romanza se eerste 21 jaar. Vandag deel ons nog verjaarsdagwense wat hierdie mylp**l ekstra spesiaal maak 💛

"Oor die algemeen het ek die spitsvondige en intelligente gesprekke tussen Andreas en Krista baie geniet. Die storie is ...
16/06/2026

"Oor die algemeen het ek die spitsvondige en intelligente gesprekke tussen Andreas en Krista baie geniet. Die storie is slim uitgedink en die karakters geloofwaardig. Daar vind veral opvallende karakterontwikkeling by Andreas plaas – ’n emosionele reis wat die leser laat sug van tevredenheid."

Dankie Louise Viljoen en LitNet vir die pragtige resensie oor Hoe lank is vir altyd? deur Dina Botha! 💙

📖 Lees meer hier: https://loom.ly/HaAKYu8

📖 Voeg die boek op jou leeslys: https://loom.ly/Wt2cjoc

"Die storie is slim uitgedink en die karakters geloofwaardig. Daar vind veral opvallende karakterontwikkeling by Andreas plaas – ’n emosionele reis wat die leser laat sug van tevredenheid."

’n Toeoogafspraak. ’n Onverwagse werksaanbod. ’n Verbintenis wat al hoe sterker word. Maar gaan sy beperkings in die pad...
16/06/2026

’n Toeoogafspraak. ’n Onverwagse werksaanbod. ’n Verbintenis wat al hoe sterker word. Maar gaan sy beperkings in die pad van liefde staan?

🩷 Verloor jouself in Ané en Reinhard se verhaal: https://loom.ly/BXGHsJc

Address

162 Tonetti Street, Midpoint Business Park, Halfway House
Midrand
1685

Opening Hours

Monday 08:00 - 16:00
Tuesday 08:00 - 16:00
Wednesday 08:00 - 16:00
Thursday 08:00 - 16:00
Friday 08:00 - 16:00

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when Romanza posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Share

Category