
06/07/2025
Die Wêreld Ekonomiese Forum het die volgende vir 2030 voorspel: “Jy sal baie minder vleis eet, ’n klein bederfie so nou en dan, maar nie ’n stapelvoedsel nie. Vir die omgewing en jou gesondheid.” Die Verenigde Nasies moedig mense aan om “rooivleis te laat vaar en oor te skakel na vegetariese of veganistiese diëte om klimaatsverandering te voorkom.” Wetgewing verbied nog nie die eet van vleis nie, maar dit lyk asof voorstanders van die agenda van klimaatsveranding vasbeslote is om dit in die toekoms wetlik af te dwing. Nederland het byna ’n vleisbelasting ingestel; Nieu-Seeland het gedreig om boere te belas indien koeie sou burp (om nie van ander “uitlaatgasse” te praat nie); en Britte mag dalk minder vleis moet eet sodat hulle regering se teiken van koolstofvrystelling bereik kan word. Om die vleis uit mense se diëte te vervang, stel Bill Gates sintetiese alternatiewe voor, terwyl The Economist wurms, insekte en krieke as onbenutte voedselbronne aanmoedig. Lesers van 1 Timoteus 4 mag vergewe word as hulle dalk d**k bogenoemde klink vaagweg bekend …
Só begin ‘n artikel waarin ek aanvoer dat 1 Timoteus 4:1-5 ‘n verwaarloosde eskatologiese teks is. In 1 Timoteus 4:1 sê die Gees uitdruklik dat sommige in die “laaste tye” hulle aan die leringe van demone sal toewy. Kommentators erken gewoonlik die toekomstige implikasies van hierdie teks, maar fokus nie regtig daarop nie. In meegaande artikel ondersoek ek die uitdrukking “laaste tye”, oorweeg die inhoud van hierdie demoniese leringe en koppel die teks-gedeelte aan die verbond met Noag – en vervolgens aan tekste oor die eindtye. Ek voer aan dat 1 Timoteus 4:1–5 as ‘n eskatologiese teks erken moet word. Die “laaste tye” van die kerktydperk kan dien as agtergrond vir profesieë wat gedurende die sewe-jaar verdrukkingstydperk vervul sal word.
Sleutelwoorde sluit in die leringe van demone; eskatologie; die verbond met Noag; 1 Timoteus 4; laaste tye; en klimaatsverandering.
Om die artikel (gratis) te lees, kliek op hierdie skakel (en wag asseblief ’n paar sekondes terwyl die pdf by die webwerf van die teologiese tydskrif In die Skriflig / In Luce Verbi afgelaai word): https://indieskriflig.org.za/index.php/skriflig/article/view/3162/8860
Laastens, FaithEquip se webwerf het ook ’n verwysing na bogenoemde artikel: https://faithequip.co.za/die-eindtye-en-1-timoteus-4/
Seën in Christus,
Die FaithEquip-span
Foto-erkenning: Balazs Kelemen