SFM Streek RADIO

SFM Streek RADIO SFM - Joù Streek Radiostasie! - Vanaf Stilbaai tot Plettenbergbaai, Oudtshoorn en Ladismith, net die beste Afrikaanse musiek.

SFM - Joù Streek Radiostasie! - Vanaf Stilbaai tot Plettenbergbaai en die Karoo - net die beste Afrikaanse musiek en praatjies. Ateljees geleë te George en Seefront Hartenbos. TEL: 044-2725000 (Slegs Kantoor ure)
W/a: 064-008-1815 (Slegs Mosselbaai ateljee)
Telegram: 071-717-8338 (beide Mosselbaai en George ateljees)

email: [email protected]

Fred Orban gesels met Mareo Bekker oor die unieke botaniese “rewilding”-projek wat deel vorm van ’n eko-ontwikkeling aan...
29/05/2026

Fred Orban gesels met Mareo Bekker oor die unieke botaniese “rewilding”-projek wat deel vorm van ’n eko-ontwikkeling aan die kus naby Boggomsbaai. 🌱
🌾 Hoe herstel ’n mens grond wat jare gelede deur landbou ontbos is?
🌿 Kan die oorspronklike plantegroei en natuurlike balans weer terugkeer?
🏡🤝🌍 Hoe kan ontwikkeling én natuurbewaring hand aan hand saamwerk?
Mareo vertel hoe hulle besig is om die gebied stap vir stap terug te bring na ’n meer natuurlike omgewing — tot voordeel van beide die mens én die natuur. 🌊🌱 SFM Streek RADIO hou jou op hoogte van omgewingsake wat ons almal raak en wys hoe volhoubare denke ’n verskil kan maak in die Tuinroete.
📻 Skakel in: 90.1 FM & 104.1FM in die Tuin Roete en Klein Karoo
🎧 Luister weer: https://iono.fm/e/1680518
Sandpiper Guest Cottages

Fred gesels met Mareo Bekker oor die unieke botaniese “rewilding”-projek wat deel vorm van ’n eko-ontwikkeling aan die kus naby Boggomsbaai. 🌱 🌾 Hoe herstel ’n mens grond wat jare gelede deur landbou ontbos is? 🌿 Kan die oorspronklike plantegroei en natuurlike balans weer terugkeer?...

🌿 Natuur, Sonskyn en Jou Gesondheid 🌞Hoe groot rol speel die natuur regtig in ons liggaam en emosionele welstand? Waarom...
27/05/2026

🌿 Natuur, Sonskyn en Jou Gesondheid 🌞
Hoe groot rol speel die natuur regtig in ons liggaam en emosionele welstand? Waarom voel mens dikwels rustiger, ligter en sommer beter ná ’n wandeling langs die see, tussen bome of net ’n bietjie sonskyn op jou vel?
Vanoggend in Gesondheidsake vertel Gerda van The Local Choice Pharmacy Hartenbos Apteek hoe die natuur ons welstand en gesondheid affekteer:
🍃 Die invloed van die natuur op ons gesondheid
☀️ Hoe sonskyn en vars lug jou “goedvoelhormone” stimuleer
🌱 Waarom mense van nature ’n ingebore band met die natuur het
💚 En natuurlik ’n inspirerende natuurskoon-sonskyngedagte om jou dag mee op te helder
📻 Skakel in: 90.1 FM & 104.1FM in die Tuin Roete en Klein Karoo
🎧 Luister weer: https://iono.fm/e/1680026
🔗 Luister ook aanlyn by sfmstreek.com

Hoe groot rol speel die natuur regtig in ons liggaam en emosionele welstand? Waarom voel mens dikwels rustiger, ligter en sommer beter ná ’n wandeling langs die see, tussen bome of net ’n bietjie sonskyn op jou vel? Vanoggend in Gesondheidsake vertel Gerda van The Local Choice Hartenbos Apteek ...

Hierdie week op Kus tot Kruin deel ons ’n besondere verhaal van omgee, deernis en die natuur se broosheid.’n Baba Rooiva...
22/05/2026

Hierdie week op Kus tot Kruin deel ons ’n besondere verhaal van omgee, deernis en die natuur se broosheid.
’n Baba Rooivalkie het onverwags in die sorg van ’n plaaslike gesin beland — en wat gevolg het, was ’n reis van toewyding, verantwoordelikheid en ’n diep liefde vir die natuur. ❤️
Fred Orban gesels met Noeline Kemp wat vertel van die emosionele ervaring om dié klein roofvoëltjie te red, te versorg en uiteindelik weer ’n kans op vryheid te gee.
🐦 Wat doen mens wanneer ’n wilde voël jou hart steel?
🌍 Hoe belangrik is roofvoëls in ons ekosisteem?
💚 En waarom raak sulke stories ons so diep?
📻 Skakel in: 90.1 FM & 104.1FM in die Tuin Roete en Klein Karoo
🔗 Luister weer: https://iono.fm/e/1678730 Sandpiper Guest Cottages

Hierdie week op Kus tot Kruin deel ons ’n besondere verhaal van omgee, deernis en die natuur se broosheid. ’n Baba Rooivalkie het onverwags in die sorg van ’n plaaslike gesin beland — en wat gevolg het, was ’n reis van toewyding, verantwoordelikheid en ’n diep liefde vir die natuur. ❤....

🌳 𝐑𝐎𝐎𝐓𝐄𝐃 𝐅𝐎𝐑 𝐓𝐇𝐄 𝐅𝐔𝐓𝐔𝐑𝐄 – 𝐓𝐇𝐄 𝐏𝐎𝐖𝐄𝐑 𝐎𝐅 𝐏𝐋𝐀𝐍𝐓𝐈𝐍𝐆 𝐓𝐑𝐄𝐄𝐒 🌳This week on Protek Home & Garden Care, Paul Hartzenberg chats ab...
22/05/2026

🌳 𝐑𝐎𝐎𝐓𝐄𝐃 𝐅𝐎𝐑 𝐓𝐇𝐄 𝐅𝐔𝐓𝐔𝐑𝐄 – 𝐓𝐇𝐄 𝐏𝐎𝐖𝐄𝐑 𝐎𝐅 𝐏𝐋𝐀𝐍𝐓𝐈𝐍𝐆 𝐓𝐑𝐄𝐄𝐒 🌳
This week on Protek Home & Garden Care, Paul Hartzenberg chats about why planting trees is one of the best long-term investments you can make — for your home, your family, and the environment. 🌱🍊
From delicious home-grown fruit and cooling summer shade to supporting birds, wildlife and cleaner air, trees offer far more value than many people realise. 🌍
🌿 In this episode:
✔️ Why fruit trees are worth planting
✔️ The best time and place to plant trees
✔️ Soil preparation and root care tips
✔️ How to use Protek products for healthy growth
✔️ Feeding and protecting young trees during winter

🎧 Listen again https://iono.fm/e/1677819 and discover how a single tree can make a lasting difference.
📻 Skakel in: 90.1 FM & 104.1FM in die Tuin Roete en Klein Karoo
🌳

🌳 𝐑𝐎𝐎𝐓𝐄𝐃 𝐅𝐎𝐑 𝐓𝐇𝐄 𝐅𝐔𝐓𝐔𝐑𝐄 – 𝐓𝐇𝐄 𝐏𝐎𝐖𝐄𝐑 𝐎𝐅 𝐏𝐋𝐀𝐍𝐓𝐈𝐍𝐆 𝐓𝐑𝐄𝐄𝐒 🌳 This week on Protek Home & Garden Care, Paul Hartzenberg chats about why planting trees is one of the best long-t...

Saterdag 14:00, die herstelwerk duur voort en hopenlik môre middag sal dit voltooi wees.  Baie dankie vir jul geduld. Vr...
15/05/2026

Saterdag 14:00, die herstelwerk duur voort en hopenlik môre middag sal dit voltooi wees. Baie dankie vir jul geduld.

Vrydag 18:00 die herstelwerk is amper voltooi vir die dag, dan skakel hul SFM weer aan op 90.1 Fm. Dankie vir jul geduld!

📻 SFM 90.1 FM Opdatering vanaf die Senderterrein
Werk aan SFM se 90.1 FM uitsaaitoring word vandag voortgesit en die sein sal noodgedwonge weer tydelik afgeskakel moet word — hopelik vir die laaste keer terwyl die herstelwerk afgehandel word.
Sedert Maandag is daar steeds geen Eskom-krag op die berg nie en funksioneer SFM tans volledig op ’n groot kragopwekker wat ongeveer 300 liter diesel gebruik. Die voortdurende gebruik van die kragopwekker bring beduidende kostes mee, veral onder die huidige omstandighede waar diesel tans teen R33.58 per liter staan. Dit bly egter ’n noodsaaklike stap om te verseker dat SFM steeds op die lug bly tydens die aanhoudende kragonderbreking op die berg en dat uitsendings, ondanks die uitdagings, voortgesit kan word.
Om veiligheidsredes moet die uitsaaisein tydens sekere herstelwerk afgeskakel word. Die tegniese span werk direk by die toring en die 1kW seinuitstraling vereis dat die toerusting tydelik afgeskakel word terwyl daar op die terrein gewerk word.
Luisteraars moet asseblief ook kennis neem dat wanneer krag op die berg herstel of weer onderbreek word, die toerusting outomaties moet “reset”. Dit kan veroorsaak dat die sein en uitsending vir kort oomblikke wegval voordat alles weer normaal hervat.
🎧 SFM se streaming bly intussen beskikbaar by sfmstreek.com
Dankie vir elke luisteraar se geduld, ondersteuning en begrip gedurende hierdie uitdagende tyd. Ons tegniese span en kontrakteurs werk onverpoosd, dikwels tot laat in die aand, om die skade volledig te herstel en die uitsaaipunt weer stabiel te kry. SFM is opreg dankbaar vir die ongelooflike toewyding en harde werk wat tans agter die skerms plaasvind.

🌍 Kus tot Kruin – Vandag om 11:30 op SFM Streek RADIO 🌿🌧️Fred Orban gesels vanoggend oor iets wat die wêreld al hoe meer...
14/05/2026

🌍 Kus tot Kruin – Vandag om 11:30 op SFM Streek RADIO 🌿🌧️
Fred Orban gesels vanoggend oor iets wat die wêreld al hoe meer raak — storms, vloede, droogtes en ander sogenaamde “natuurrampe”.
Maar kyk ons dalk verkeerd daarna?
Is sommige van hierdie verskynsels moontlik deel van die natuur se manier om balans te probeer herstel nadat die mens vir jare druk op ekosisteme geplaas het?
Ons ondersoek hoe menslike optrede die natuurlike balans beïnvloed, en waarom dit belangrik is om die natuur beter te verstaan eerder as om dit as ’n vyand te sien.
’n Interessante en insiggewende gesprek wat jou anders sal laat d**k oor die wêreld rondom ons.
🎧 Luister gerus weer: https://iono.fm/e/1676096 @
📻 Skakel in: 90.1 FM & 104.1FM in die Tuin Roete en Klein Karoo
🌿 Sandpiper Guest Cottages

Fred gesels vanoggend oor iets wat die wêreld al hoe meer raak — storms, vloede, droogtes en ander sogenaamde “natuurrampe”. Maar kyk ons dalk verkeerd daarna? Is sommige van hierdie verskynsels moontlik deel van die natuur se manier om balans te probeer herstel nadat die mens vir jare druk o...

⚠️ Tegniese Kennisgewing aan SFM se getroue Luisteraars ⚠️Na dae van uiterste weerstoestande en ontoeganklike bergpaaie ...
14/05/2026

⚠️ Tegniese Kennisgewing aan SFM se getroue Luisteraars ⚠️
Na dae van uiterste weerstoestande en ontoeganklike bergpaaie kon SFM Streek RADIO se tegniese span gister uiteindelik een van ons senderterreine bereik — net om omvangryke stormskade aan te tref.
Sterk wind het groot skade aan ons infrastruktuur veroorsaak. Antennas en staalstrukture is omgeruk, terwyl ondersteunende pale en toerusting ernstig beskadig is. Dele van die installasie moet nou dringend herstel en weer opgerig word om on onderbroke uitsendings te verseker.
Om hierdie herstelwerk veilig te kan uitvoer, moet die 90.1FM sender tydelik afgeskakel word terwyl tegnici aan die antennas, kabels en ondersteunende strukture werk. Gedurende hierdie noodherstelproses sal SFM dus tydelik van die lug af wees op 90.1FM.
Die aanlyn stroomdiens bly egter steeds aktief en luisteraars kan voortgaan om SFM aanlyn te volg via www.sfmstreek.com.
Ons waardeer elke luisteraar se geduld en lojale ondersteuning terwyl ons span onder uitdagende omstandighede werk om die diens so vinnig en veilig moontlik te herstel.
SFM Streek RADIO — die klankbaan van die Tuinroete.

🦈🦊🌊 Kus tot Kruin – Die natuur se “skoonmakers” onder die vergrootglasFred Orban gesels op Kus tot Kruin oor ’n paar van...
11/05/2026

🦈🦊🌊 Kus tot Kruin – Die natuur se “skoonmakers” onder die vergrootglas

Fred Orban gesels op Kus tot Kruin oor ’n paar van die Tuinroete se mees misverstane diere.
Die Witdoodhaai, Bakoorjakkalsie, Bruin Hiëna en Strandjut speel almal ’n belangrike rol as aasdiere en natuurlike “skoonmakers” van ons ekostelsels. Tog word hulle dikwels gevrees, verkeerd verstaan en selfs deur die mens vervolg.
Ons kyk na hul funksie in die natuur, hoekom hulle onmisbaar is vir biodiversiteit en waarom bewaring van hierdie spesies so belangrik is.
🎧 Luister gerus saam na hierdie insiggewende gesprek op SFM Streek RADIO. Luister weer: https://iono.fm/e/1673536

📻 Skakel in: 90.1 FM & 104.1FM in die Tuin Roete en Klein Karoo
Sandpiper Guest Cottages

🦈🦊🌊 Kus tot Kruin – Die natuur se “skoonmakers” onder die vergrootglas Fred gesels oor ’n paar van die Tuinroete se mees misverstane diere. Die Witdoodhaai, Bakoorjakkalsie, Bruin Hiëna en Strandjut speel almal ’n belangrike rol as aasdiere en natuurlike “skoonmakers” van ons...

🌬️ Maak Asemhaal Makliker – Die Krag van Suurstof en Osoon 🌬️Hierdie week op Gesondheidsake gesels Christine van The Loc...
11/05/2026

🌬️ Maak Asemhaal Makliker – Die Krag van Suurstof en Osoon 🌬️

Hierdie week op Gesondheidsake gesels Christine van The Local Choice Pharmacy Hartenbos oor iets wat elke mens elke oomblik doen… asemhaal. Maar haal ons reg asem? 🤔

✅ Hoekom suurstof só belangrik is vir energie en welstand
✅ Wat osoon is en hoe dit verskil van gewone suurstof
✅ Hoe osoon moontlik kan help met sinusse, hooikoors en inflammasie
✅ Wat osoon-insulfasie behels
✅ Praktiese wenke vir beter asemhaling en meer suurstof in jou liggaam

🎧 Skakel in vir hierdie interessante gesprek met The Local Choice Hartenbos Apteek - Luister weer: https://iono.fm/e/1673383
📻 Skakel in: 90.1 FM & 104.1FM in die Tuin Roete en Klein Karoo

🌬️Maak Asemhaal Makliker – Die Krag van Suurstof en Osoon 🌬️ Hierdie week op Gesondheidsake het Christine van TLC gesels oor iets wat elke mens elke oomblik doen… asemhaal. Maar haal ons reg asem? 🤔 Ons kyk na: ✅ Hoekom suurstof só belangrik is vir energie en welstand ✅ Wat oso...

Address

55 Marsh Str, Plaza Aquada Building
Mossel Bay
6500

Opening Hours

Monday 09:00 - 15:00
Tuesday 09:00 - 15:00
Wednesday 09:00 - 15:00
Thursday 09:00 - 14:00
Friday 09:00 - 14:00
Saturday 09:00 - 12:00

Telephone

+27834094800

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when SFM Streek RADIO posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Contact The Business

Send a message to SFM Streek RADIO:

Share