Mosselbaai : Kwêla dorp van die jaar 2017

Mosselbaai : Kwêla dorp van die jaar 2017 Contact information, map and directions, contact form, opening hours, services, ratings, photos, videos and announcements from Mosselbaai : Kwêla dorp van die jaar 2017, Mosselbaai.

Hier is n reeks met n baie nice design en uitstekende gehalte T-Hemde om ons Trotse SA geskiedenis vir die wêreld uit te...
19/10/2023

Hier is n reeks met n baie nice design en uitstekende gehalte T-Hemde om ons Trotse SA geskiedenis vir die wêreld uit te beeld. Besoek graag hulle webwerf. Dit maak vir baie goeie geskenk vir die geskiedkundiges wat lekker gesels om n braai vuur. Bestel jou gunsteling vroeg vir die op komende seisoen. Besoek www.vlamboom.co.za

07/07/2022

🌻🌼🌱n Fleur van blomme te sien op die SFM Reisklub blommetoer 30 Augustus tot 6 September 2022. Elegante verblyf, luukse vervoer en Top gidse om jou ervaring onvergeetlik te maak. Vir navrae stuur epos aan [email protected] of per whats/a 066170448. 👍die SFM Reisklub fbook blad en bly op hoogte van al die toer nuus. 🌼🌻🌱

Wat 'n mylpaal, baie geluk Oom Thomas!
19/02/2021

Wat 'n mylpaal, baie geluk Oom Thomas!

14/12/2020

Hier is ‘n beter foto van die Strande wat gesluit is.

11/12/2020

LIGGIEFEES VANJAAR INNOVEREND ANDERS
Mosselbaaiers sien jaarlik uit na die liggiefees wanneer die dorp se feesliggies amptelik aangeskakel word.
Vanjaar, in die lig van die uitdagings wat die jongste toename in COVID-19 aktiewe gevalle in die dorp meebring, is besluit om die liggiefees effe anders te benader.
Met die vriendelike samewerking van die drie streekradiostasies bied die munisipaliteit steeds die liggiefees op Saterdag, 12 Desember vanaf ongeveer 19:00 aan. Vanjaar nooi ons die inwoners om egter op hul gunstelingradiostasie in te skakel vir die Burgemeester se feesboodskap, asook vir die gebed vir die nooddienswerkers wat die feesseisoen voorafgaan.
Luisteraars kan inskakel op:
•SFM Streekradio op 90.1 Fm vir die Mosselbaai en George omgewing en op 104.1 Fm vir Oudtshoorn en die Langkloof.
• EdenFM se luisteraars kan inskakel op 93.8 Fm Stereo, en vanuit die Klein Karoo op 103.6 Fm stereo.
• HeartBeatFM se getroue volgelinge kan gerus inskakel op Heartbeat 103.9fm of die livestream volg op Heartbeatfm.ndstream.net
Die Mosselbaai-munisipaliteit bedank ons mediavennote vir die vriendelike samewerking.
Die feesliggies sal oudergewoonte om 19:30 aangeskakel word – dalk op ‘n meer innoverende manier, maar elke inwoner word van harte uitgenooi om die onderskeie radiostasies se program te geniet in die aanloop tot die amptelike aanskakeling.

Mossel Bay residents usually look forward to the festive ceremony during which the town's festival lights are officially switched on.
This year, considering the challenges posed by the latest increase in COVID-19 active cases in the town, it was decided to approach the festival slightly differently.
With the friendly cooperation of the three regional radio stations, the municipality may still host the light festival on Saturday, 12 December as of approximately 19:00.
This year, however, we invite our residents and visitors to tune in to their favourite radio station for the Mayor's Festive message, as well as for the prayer for our emergency service workers as we head into the holiday season.
Listeners can tune in to;
• SFM Regional Radio on 90.1 Fm for the Mossel Bay and George area and on 104.1 Fm for Oudtshoorn and the Langkloof.
• EdenFM's listeners can tune in to 93.8 Fm Stereo and from the Little Karoo to 103.6 Fm stereo.
• HeartBeatFM's faithful followers can tune in to Heartbeat 103.9fm or follow the Livestream on Heartbeatfm.ndstream.net
Mossel Bay Municipality thanks our media partners for their kind cooperation.
The festival lights will be switched on as usual at 19:30 - perhaps in a more innovative way, and residents are cordially invited to enjoy the respective radio stations' programmes in the run-up to the official switch-on.

11/12/2020
08/12/2020

MEDIAVERKLARING: OPELUGMARKTE STEEDS TREKPLEISTERS

Vrystelling: Onmiddellik
Verskeie opelugmarkte word vir die feesseisoen beplan en binne die raamwerk van die heersende inperkingsriglyne aangebied.
• Die immergewilde aandmarkte kry vanjaar 'n nuwe kleurtjie wanneer die Mosselbaai-aandmark na Blandstraat verskuif tot rondom die Goods Shed. Nie net sal winskopiejagters by die gewilde buitelugstalletjies kan kies en keur nie, maar al die keurige aanbiedings van die Goods Shed sal ook beskikbaar wees.
Hierdie mark vind op 18 Desember plaas.
• Hartenbos se Aandmarkte vind onderskeidelik op 19 Desember, en weer op 23 Desember, net betyds vir die laaste-oomblik-kerskouskopies.
• 'n Nuwelingmark is die Feel Alive Festival wat daagliks vanaf 17 Desember tot en met 17 Januarie inwoners en vakansiegangers met onder meer uithalergeregte na die Harry Giddeypark gaan lok. Boonop word elke aand 'n restaurantstyl-ete in die besondere atmosfeer van die park met sy pragtige bome, klippaadjies en ruim grasperke aangebied.
Stalletjiehouers wat belangstel om hier betrokke te raak, kan nog Gwynne Harding, die Munisipaliteit se bestuurder, plaaslike ekonomiese ontwikkeling, by 044 606 5000, of [email protected] kontak.
• Die Mark in die Park wat vroeër in November weens gure weer nie in die Harry Giddeypark aangebied kon word nie, sal besoekers op 19 Desember en op 20 Desember alles en nog wat te kies en te keur bied. Die eerste markdag in hierdie pragtige ligging was 'n groot sukses, moenie dié geleentheid misloop nie. Die mark is terug op openbare aandrang.
• Op 19 Desember kan veral Groot-Brakrivier se mense en besoekers gerus die mark op Wolwedans ondersteun. Besoekers kan gerus ook inloer want velerlei word aangebied. Hierdie mark duur vanaf 09:00 tot 14:00.
Vereistes
By elke mark sal duidelike kennisgewings by die ingange die publiek te herinner dat gesigsmaskers verpligtend is.
By die ingange sal alle besoekers kan saniteer en alle voldoeningsvereistes sal nagekom word.
Kennisgewings sal besoekers herinner om 'n veilige sosiale afstand te handhaaf.
Alle stalletjie sal oor kantseile beskik en twee houers met saniteerder beskikbaar hê, onderskeidelik vir die besoekers en die stalletjiehouer en personeel. Stalletjiehouers sal ook ‘n veilige sosiale afstand handhaaf. Boonop sal stalletjiehouers weier om publiek te bedien wat nie gesigsmaskers behoorlik dra nie, en kennisgewings tot dien effek sal vertoon word.
Deurlopende afkondigings sal klante en stalletjiehouers aan die voorkomingsmaatreëls herinner en sekuriteitspersoneel sal help om voldoening te verseker.
Mosselbaai is oop vir besigheid en wil graag die plaaslike ekonomie bevorder. Koop asseblief plaaslik en ondersteun ons entrepreneurs.

MEDIA RELEASE: OPEN AIR MARKETS REMAIN A SEASONAL DRAWCARD

RELEASE: Immediate

Various open-air markets are planned in and around Mossel Bay during the festive season and compliance with the prevailing COVID-19 alert level guidelines will be ensured.
• The ever-popular night markets will get new verve this year when the Mossel Bay market moves to Bland Street at the Goods Shed. Not only will bargain hunters be able to pick and choose at the popular outdoor stalls, but all the exquisite offerings of the Goods Shed will also be on offer.
This market takes place on December 18.
• Hartenbos' Night Markets will offer Christmas stocking fillers on December 19, and again on December 23, just in time for that last-minute value-for-money gift hunting.
• A new market offering is the Feel Alive Festival, which invites residents and holidaymakers alike to enjoy choice dishes and offerings daily at the Harry Giddey Park from 17 December to 17 January. Also, a restaurant-style meal will be served every evening in the park's unique ambiance of beautiful large trees, stone paths, and spacious lawns.
Stallholders interested in getting involved in this market may contact Gwynne Harding, the Municipality’s Manager, local economic development, at [email protected] or 044 606 5000.
• The Market in the Park, which due to rain could not be held in the Harry Giddey Park earlier in November, will offer visitors everything and more to choose from on 19 December and 20 December. The first market day in this beautiful space was a great success, so do not miss the opportunity to visit this market, back by popular demand.
• On 19 December, the market at Wolwedans will be offering choice eats and treats. These stalls open from 09:00 to 14:00.
Requirements
Signs will be displayed at the entrances to all the markets to remind shoppers that face masks are mandatory.
At the entrances, visitors will have to sanitize and be screened.
Notice boards will remind visitors of the need for social distancing.
All stalls will have side partitions and have two containers with sanitizer available, respectively for the visitors and the stallholder and staff. Stallholders will also maintain a safe social distance. Stallholders will refuse assistance to the public not wearing their face masks properly and a notice to that effect will be displayed.
Ongoing announcements will remind customers and stallholders to comply with all the preventive measures, and security staff will help to ensure compliance.
Mossel Bay is open for business and would like to promote the local economy. Please buy locally and support our entrepreneurs.

[ENDS]

DISTRIBUTED BY MOSSEL BAY MUNICIPALITY COMMUNICATIONS & MEDIA, 8 DECEMBER 2020.

Kom jy kuier, maak die SFM Craft Beer & Wine Festival jou hoogtepunt hierdie vakansie.  Kom beleef van die beste Craft p...
13/09/2019

Kom jy kuier, maak die SFM Craft Beer & Wine Festival jou hoogtepunt hierdie vakansie. Kom beleef van die beste Craft produkte van binne en buite die streek op die beste venue

31 Augustus is ook die afsny datum vir kommentare en besware oor die Perlemoenplaas by Gouritsmond.  Is dit 'n aanslag, ...
21/08/2019

31 Augustus is ook die afsny datum vir kommentare en besware oor die Perlemoenplaas by Gouritsmond. Is dit 'n aanslag, soos die Mosselbaai haweprojek om ons kuslyn te beset? Deel dit ook asb sodat mense ingelig is

PERLEMOENPLAAS: Stuur asb u beswaar so gou moontlik... teen (i) die VERGUNNINGSGEBRUIK en (ii) AFWYKING van boulyn aan (om seker te maak Hessequa kry dit) [email protected] of [email protected]. VOEG bo-aan hul verwysingsno. soos op advertensie: 15/4/8/41; 15/4/8/5 & LD- 6/453. Ons gaan afskrifte hou en u besware persoonlik aan Hessequa oorhandig. Dit kan so eenvoudig as wat u wil gestel word...MAAR ons het ELKEEN se samewerking nodig! ASB! Veral die persone wat vêr woon. Help ons ...ons maak op jul samewerking staat. Isabel Swart.

31 Augustus is die afsny datum waarop kommentare en besware gemaak kan word op díe voorgestelde verandering vir die Moss...
21/08/2019

31 Augustus is die afsny datum waarop kommentare en besware gemaak kan word op díe voorgestelde verandering vir die Mosselbaai Waterkant. Maar weet jy genoeg om opgewonde te raak? Komende week gaan SFM fokus op die pro’s en con’s van hierdie ontwikkeling. Intussen deel dit asb wyd en suid want jy MOET weet wat in die pyplyn is.

Stem nou, tyd raak min!  Ons wil graag gaan konsert hou in Stilbaai💃🏼🕺🏼
05/03/2019

Stem nou, tyd raak min! Ons wil graag gaan konsert hou in Stilbaai💃🏼🕺🏼

Stilbaai is pas aangewys as een van die drie semi-finaliste in die Wes-Kaap in Kwêla se Dorp van die jaar kompetisie.
Die gemeenskap het 'n week om te stem en te verseker dat Stilbaai as Dorp van die jaar in die Wes-Kaap aangewys word. Stembusse is reeds oop en stemme kan uitgebring word tot 12:00 Vrydag 8 Maart. Slegs 30 sms'e per nommer word toegelaat tydens hierdie week se stemmery. Stilbaai maak staat op almal se stemme. R1 000 000 se bemarkingswaarde is op die spel.

Luister en kyk gerus na SFM aanlyn vir plaaslike nuus en brokkies.  Videobeeld is regstreeks.  Www.sfmstreek.co.za
12/01/2019

Luister en kyk gerus na SFM aanlyn vir plaaslike nuus en brokkies. Videobeeld is regstreeks. Www.sfmstreek.co.za

Address

Mosselbaai
6503

Telephone

+27834094800

Website

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when Mosselbaai : Kwêla dorp van die jaar 2017 posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Share