Die Hoorn

Die Hoorn Jou eie onafhanklike gemeenskapskoerant in die Klein Karoo, met die jongste nuus Die Hoorn verskyn weekliks op Donderdag.

Deurlopende nuus verskyn op https://www.diehoorn.com.

“Die beskuldigde het nie uit selfverdediging opgetree nie en moes voorsien het dat dit tot die oorledene se dood kon lei...
15/09/2026

“Die beskuldigde het nie uit selfverdediging opgetree nie en moes voorsien het dat dit tot die oorledene se dood kon lei indien hy hom in die nek steek.” Só het streeklanddros Ntsoki Moni Maandag in haar uitspraak gesê toe sy Franklin Delport (54) aan moord skuldig bevind het. Lees hier verder:

Hy het onskuldig gepleit op die aanklag van moord, maar wel skuldig op strafbare manslag omdat hy na bewering uit selfverdediging opgetree het.

Inwoners wat sukkel om hul munisipale rekening te betaal, weet dalk nie dat hulle vir hulp kan aansoek doen nie. Oudtsho...
15/09/2026

Inwoners wat sukkel om hul munisipale rekening te betaal, weet dalk nie dat hulle vir hulp kan aansoek doen nie. Oudtshoorn Munisipaliteit bied deernisondersteuning aan huis-houdings met ’n lae inkomste wat aan die vereistes voldoen. Lees hier verder:

Persone met gestremdhede kan ook vir soortgelyke ondersteuning kwalifiseer indien hulle aan die munisipaliteit se vereistes voldoen.

15/09/2026
Calitzdorp se Angela Kotze het ’n nuwe oorspronklike enkelsnit, “Die Pyltjie en Die Liedjie”, uitgereik waarin sy kyk na...
14/09/2026

Calitzdorp se Angela Kotze het ’n nuwe oorspronklike enkelsnit, “Die Pyltjie en Die Liedjie”, uitgereik waarin sy kyk na hoe woorde en musiek soms veel verder reis as wat ’n mens ooit besef. Lees hier verder:

Calitzdorp se Angela Kotze het ’n nuwe oorspronklike enkelsnit, “Die Pyltjie en Die Liedjie”, uitgereik waarin sy kyk na hoe woorde en musiek soms veel

14/09/2026

🎭✨ AGTER DIE MASKER… ✨🎭

Die hoof van Oudtshoorn Vaardigheidskool en Byron gesels oor die opwinding rondom ons Maskerbal — en hoekom jy beslis hierdie besondere aand saam met ons moet kom geniet!

Dit gaan nie net oor mooi maskers, heerlike kos en ’n aand vol vermaak nie. Dit gaan daaroor om saam te staan en ’n betekenisvolle verskil vir Oudtshoorn Vaardigheidskool te maak. ❤️

📅 Vrydag, 18 September
🎟️ R500 per paartjie | R300 per persoon
📍 Kaartjies beskikbaar by Oudtshoorn Vaardigheidskool en Die Hoorn

Kyk die video, kies jou masker en maak gereed vir ’n onvergeetlike aand! 💃🕺

Die vraag is nie wie jy agter die masker is nie… die vraag is: gaan ons jou daar sien? 🎭

Die maskers wag en Oudtshoorn maak gereed vir ’n elegante aand van fynproewerskos, musiek en dans wanneer die Oudtshoorn...
14/09/2026

Die maskers wag en Oudtshoorn maak gereed vir ’n elegante aand van fynproewerskos, musiek en dans wanneer die Oudtshoorn Vaardigheidskool Maskerbal volgende week, op Vrydag 18 September, aangebied word. Lees hier verder:

Die aand bied ook aan plaaslike ondernemings die perfekte geleentheid om hul personeel, kliënte of sakevennote te bederf.

14/09/2026
Na aanleiding van Die Hoorn se berig oor die nuwe kankerondersteuningsinisiatief in Oudtshoorn, het verskeie inwoners ge...
14/09/2026

Na aanleiding van Die Hoorn se berig oor die nuwe kankerondersteuningsinisiatief in Oudtshoorn, het verskeie inwoners gevra hoe hulle betrokke kan raak. Lees hier verder:

Nie almal kan geld skenk nie, maar iets wat ongebruik in ’n stoorkamer staan, ’n uur van iemand se tyd of ’n eenvoudige daad van versorging kan ’n groot verskil maak.

Address

KKSP Building, Koöperasie Street
Oudtshoorn
6625

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when Die Hoorn posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Contact The Business

Send a message to Die Hoorn:

Shortcuts

Share

Category