01/02/2026
Van die ATKV-NOSS familie wil ons , ons innige simpatie betaan aan die breë familie van Wyle Dr. Ferrus.
Mag haar siel in ewige vrede rus.💔🕊
.❤
Die ATKV verneem met diepe leedwese van die afsterwe van dr. Diana Ferrus.
Vir baie mense sal dr. Ferrus se naam sinoniem met tuiskoms wees. Uiteraard dink ’n mens aan haar seminale en geliefde gedig, “Ek het gekom om jou huis toe te neem”, wat uiteindelik ’n sleutelrol sou speel in die repatriasie van Sarah Baartman se oorskot na Suid-Afrika. Enigeen met wie se paaie dr. Ferrus s’n gekruis het, sou eweneens kon getuig dat haar gul en warm menswees jou dadelik tuis laat voel het.
Dr. Ferrus se literêre bydrae was nie net tot haar eie werk beperk nie, maar as mentor van ander skrywers het sy ook ’n reusebydrae gelewer. Sy het die besondere vermoë gehad om te spreek tot die breë Afrikaanse taalgemeenskap, en was ’n belangrike vrouestem wat die geskiedenis met haar werk verlewendig het. As literêre brugbouer en padmaker laat sy ’n onmiskenbare indruk.
Die ATKV was bevoorreg om dr. Ferrus in 2024 met ’n ATKV-Prestigetoekenning – dié organisasie se hoogste eerbetoon – te huldig. Ons betuig ons medelye met almal wat vir dr. Ferrus lief is.