12/06/2026
🔴 PAS BEKEND | Die familie van Ethan Lewies het Paarl Post ingelig dat die 24-jarige jongman omstreeks 18:48 veilig by sy woning in Paarl-Oos opgedaag het.
Sy niggie Beverley Lewies sê met sy aankoms was hy "baie verward en vuil en is hy en sy ma op pad na die hospitaal sodat hy die nodige mediese hulp kan ontvang".
Die familie bedank die gemeenskap vir hul ondersteuning.
Die familie van die vermiste Ethan Lewies van die Paarl doen 'n beroep op die gemeenskap om hulle te help om die 24-jarige man op te spoor.
Volgens sy niggie Beverley Lewies is Ethan gediagnoseer met skisofrenie en is hy al vir meer as 'n maand nie op medikasie nie.
"Ons soek hom al van Maandag (8 Junie) af, maar sover geen sukses. Indien mense hom sien kan hulle die Paarl-Oos polisie kontak of hulle kan vir my direk bel en dan sal ek kom tot waar hy is," sê Beverley wat namens die familie praat.
"Hy is glad nie aggressief nie," voeg sy by.
Indien enigeen vir Ethan sien kan Beverley by 078 407 9202 gekontak word.