10/05/2026
Titel: Inheemse Ve'lange
Bundel: Kraal: My Koms en Kerk
Te Koop by: https://www.smashwords.com/books/view/1905697
----------
soms voel ek sô ve’lore
soes ôs oeroue stamouers
my trane vloei vi’ bietig tye
my trane soes watervalle
stort uit my
klop aan my gees
soes my grootouma
se grootouma se grootouma
wie se onvormde gestaltes
my elke dag skape
wie se ongevoelde hanne
my in gebed dra
voor ek was wat
hulle my gemaak het
was ek julle
ek was onner’ie kalwers
een van’ie trotse bulle
©/KHARA
----------
Link: https://www.smashwords.com/books/view/1905697
----------
Met hierdie projek dek die skrywer homself met die mantel van stamdigter en murmereer oor die vernietiging en uitwissing van krale en kinners. Met hierdie bundel onnersoek die digter die diepte van inheemsheid in 'n land waar almal inheems is maar niemand inheems voel. Figure soos Autshamoa, Krotoa,...