rooi rose

rooi rose Stylvol, sinvol, propvol In die lig daarvan behou ons die reg om enige materiaal aan te pas of te verwyder, indien dit onvanpas is en/of beledigend oorkom.

Besoek ons webblad by www.rooirose.co.za

Ons Facebook-reëls:

Die rooi rose-Facebookblad, uitgegee deur Highbury Media, is 'n aanlyngemeenskap waar ons positiewe aksie & reaksie aanmoedig. Neem asseblief kennis dat enige materiaal wat op ons Facebookblad verskyn deur Highbury Media gebruik kan word, hetsy in tydskrifte of op aanlyn-kanale. Maak asseblief seker dat jy die regte besit om materiaal

te laai. Volg ons ook op:
Twitter: https://twitter.com/rooi_rose
Pinterest: http://www.pinterest.com/rooirose/
Instagram: http://instagram.com/rooirose

Vandag, op Wêreldselfdoodvoorkomingsdag, herinner ons mekaar hoe belangrik dit is om raak te sien wanneer iemand swaarkr...
10/09/2026

Vandag, op Wêreldselfdoodvoorkomingsdag, herinner ons mekaar hoe belangrik dit is om raak te sien wanneer iemand swaarkry – en om gesprekke daaroor te begin. 💛

Hoewel meer vroue as mans met depressie en angs gediagnoseer word, sterf bykans vyf keer meer mans aan selfdood, en die begin van daardie gesprek kan ook die weg na moontlike hulp en oplossings baan.

Raadpleeg jou huisdokter, sielkundige of psigiater of bel ’n vertroueling en praat oor selfdoodgedagtes of meld dit by die naaste noodgevalle-eenheid aan. Inligting kan ook by www.sadag.org en www.lifelinesa.co.za bekom word. Die South African Depression and Anxiety Group (SADAG) kan by 0800 121 314, geskakel word of stuur ’n SMS na 32312. Kontak Lifeline by 0861 322 322.

Klik op die skakel en lees meer oor die waarskuwingstekens van selfdood: https://rooirose.co.za/?p=148782

MEESTE GELEES | Junior het dalk nie 'Boer Soek ’n Vrou' se top-5 gehaal nie, maar een brief het tog sy lewe verander. Vy...
10/09/2026

MEESTE GELEES | Junior het dalk nie 'Boer Soek ’n Vrou' se top-5 gehaal nie, maar een brief het tog sy lewe verander. Vyf maande ná hul eerste ontmoeting het hy die groot vraag gevra – en dié September begin hulle hul lewe saam. 🥹🥰

Kyk wie Junior se hart gewen het en lees hoe hul liefdesverhaal ontvou het: https://www.rooirose.co.za/boer-soek-n-vrou-junior-en-sy.../

Foto: Verskaf

Die internasionale ster Loren Allred, wat bekendheid verwerf het vir die liedjie 'Never enough' op 'The Greatest Showman...
09/09/2026

Die internasionale ster Loren Allred, wat bekendheid verwerf het vir die liedjie 'Never enough' op 'The Greatest Showman' se klankbaan, is binnekort op ontbytSAKE te sien! 🎪 🪙

Sy gaan die ontbytSAKE-toekenningsverhoog deel met gewilde Suid-Afrikaanse kunstenaars, soos Elvis Blue, Tarryn Lamb, Elandré en Elmé Churr en sy gaan gesels oor haar loopbaan op die ontbytSAKE-program. 📈

Klik hier vir die tye wat sy op die kassie gaan verskyn: https://www.rooirose.co.za/internasionale-ster-by-ontbytsake-toekennings/

Foto: Verskaf

Johann Symington is Dinsdag ná ’n lang siekbed aan hartversaking oorlede. 🕊Hy was bekend vir sy werk as predikant, skryw...
09/09/2026

Johann Symington is Dinsdag ná ’n lang siekbed aan hartversaking oorlede. 🕊

Hy was bekend vir sy werk as predikant, skrywer en TV-aanbieder, en was ook jare lank redakteur van Kerkbode. Johann het ook meer as ’n dekade lank ’n gewilde rubriek vir rooi rose geskryf.🌹

“Hy het ons geleer om die mooi in kuns, musiek en in die lewe raak te sien. Hy was fenomenaal,” het sy dogter, Suna Symington, gesê.

rooi rose is dankbaar vir sy jare lange insette, en d**k aan sy geliefdes in hierdie moeilike tyd. 💐

Lees meer hier: https://www.rooirose.co.za/?p=168037

Foto: Kerkbode

Jou daaglikse rooi rose -inspirasie is ook op WhatsApp! 🤳😍Volg ons kanaal vir aktuele artikels, stories oor bekendes, in...
09/09/2026

Jou daaglikse rooi rose -inspirasie is ook op WhatsApp! 🤳😍
Volg ons kanaal vir aktuele artikels, stories oor bekendes, inspirasiestories, mode, dekor, resepte, kompetisies en nog meer! 🌹

Klik hier en volg ons op WhatsApp: https://whatsapp.com/channel/0029Vb6Ng6DBA1f384iJba3K

Foto: Pexels

"Beproef alles en behou die rugby." 🏉🏆Dís wat Francois van Coke sê in kykNET se nuwe dokumentêr, "Tweespalt". Dié dokume...
09/09/2026

"Beproef alles en behou die rugby." 🏉🏆

Dís wat Francois van Coke sê in kykNET se nuwe dokumentêr, "Tweespalt". Dié dokumentêr ondersoek die belewenis van die Springbok- en All Black-ondersteuners se wedywering op eie bodem. 💚🖤

Lees hier waarna jy nóg in hierdie dokumentêr kan uitsien: https://www.rooirose.co.za/?p=168012

08/09/2026

Tanya de Vente-Bijker praat oor waar haar idees vir stories vir rooi rose vandaan kom en hoe sy haar artikels aanpak.

Kyk hierdie episode van 'Op die Bladsy' op YouTube: https://www.youtube.com/watch?v=wX_o_bArwmE&t=9s, IonoFM en Spotify.

Address

Pinelands

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when rooi rose posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Contact The Business

Send a message to rooi rose:

Shortcuts

Share

Category