Radio Suid Afrika

Radio Suid Afrika Radio Suid Afrika was vir jare 'n gesogte SA radio stasie. In die vroeë 90s word RSG gebore en RSA verdwyn vanaf die luggolwe. RSA Jou Stem

Internet radio word 'n realiteit en in 1996 is RSA terug as stasie. Herskep, deur individue met 'n droom en visie.

Rock ’n Roll het ’n ding met outsiders.Van die kantlyn af kyk jy op na ’n groep, jy ken die songs, jy ken die stories, j...
12/09/2026

Rock ’n Roll het ’n ding met outsiders.

Van die kantlyn af kyk jy op na ’n groep, jy ken die songs, jy ken die stories, jy droom dalk selfs daarvan om eendag daar te staan. En dan, iewers langs die pad, gebeur die ondenkbare: die kantlyn verdwyn en jy word self deel van die bende.

SkallaBrak het so ’n storie.

Toe Jean Tunes sestien was, was hy saam met sy familie by ’n fees in Wellington. In ’n oomblik van besonderse ma-dapperheid het sy ma hom aan Piet Botha van Jack Hammer voorgestel. Glad nie iets wat sy sommer normaalweg sou doen nie – om jou sestienjarige seun aan ’n Rock Star voor te stel wat jy eintlik van geen kant af ken nie.

Maar partykeer is dit juis die klein, toevallige oomblikke wat later groot stories word.

SkallaBrak was ook op die feesprogram en Jean was reeds ’n bewonderaar van die Brakke se musiek.

Die eerste saadjie was geplant.

Die jare daarna het Jean sy eie paadjie deur die Suid-Afrikaanse musiekwêreld geloop en onder andere saam met Piet Botha en Riku Lätti musiek gemaak.

Tot ’n Woordfees-optrede met Die Wasgoedlyn.

Een van die SkallaBrak-lede het daardie aand saam met Die Wasgoedlyn die song Passasier opgevoer. Agter die dromme was Jean.

Iewers tussen die note, die woorde en die Rock ’n Roll het die SkallaBrak-lid iets raakgesien.

Toe, een Maandagoggend in 2019, kom die oproep:

“Jean, SkallaBrak wil hê jy moet saam met ons speel.”

Die sestienjarige bewonderaar wat eens van die kantlyn af na die Brakke gekyk het, was nou self ’n Brak.

En sewe jaar later draf Jean Tunes steeds saam met die bende uit.

Party Rock ’n Roll-stories begin met ’n kitaar.

Jean s’n het begin met ’n ma wat sê:

“Kom, ek stel jou aan Piet Botha voor.”

BOETIE KOM KYK! AFRICANA LIVE

Jean Tunes en die res van die Brakke is op 17 Oktober 2026 by Daisy Jones, Stellenbosch, saam met Mage Mary Troskie en Willim Welsyn Band.

’n Aand vol Africana, stories, musiek en genoeg Rock ’n Roll!

🎟️ Kaartjies: https://www.quicket.co.za/events/385296-boetie-kom-kyk-africana-live/?ref=organiser-profile #/

www.radiosuidafrika.co.zaMôre middag op HOOR, 'n gesprek met die SA sangeres Luna Paige. wat se 2026 Toer, die Reisigers...
12/09/2026

www.radiosuidafrika.co.za

Môre middag op HOOR, 'n gesprek met die SA sangeres Luna Paige. wat se 2026 Toer, die Reisigers die week afskop.

Luna Paige is 'n Afrikaanse sangeres. Haar solodebuutalbum, Luna is in 2003 opgeneem. Sy het in 2002 in Stellenbosch gegradueer. Alhoewel haar moedertaal Afrikaans is, het sy aanvanklik in Engels gesing, en eindelik na 10 jaar in Afrikaans begin sing.

Sy het al saam met talle ander Suid Afrikaanse kunstenaars, soos Chris Chameleon, Gerald Clark, Nick Turner en Jamie Jupiter opgetree.

Sy is 'n impresario wat 'n helder lig van oorspronklikheid oor ons musikale landskap skyn.

Skakel in en kom luister saam.co.za

www.radiosuidafrika.co.zaRESULTS: RSA Hit Parade WK #13Congrats to DDT (Deon du Toit) for his third No  #1  this week wi...
01/09/2026

www.radiosuidafrika.co.za

RESULTS: RSA Hit Parade WK #13

Congrats to DDT (Deon du Toit) for his third No #1 this week with the rocker, "Do or Die". A hat trick of note, that's for sure. Gonna miss this one as it has to retire, but wait...................another one of his finest ones has replaced it. Check our poll to VOTE for it.

Herewith the results for tonight:

DDT – Do or die 1
Switchtalk - Listen 2
Zac Hilon - A dream is there 3
Tree63 - Voyage 4
Neil Sandilands - Lonely Boer 5
Jeandré - Desert Rose 6
Steve Hofmyer - Gatvol 7
Rock The Boat - Before We Were Us 8
Heinz Winckler - Jou Nuwe Begin 9
Egmond - STOP 10
Cinema - I Believe In You 11
Tim Parr -You Light Me a Light 12
Deon Mattheus - Piece of your heart 13
Zondagkraal - Swem 14
Cindy Alter & CheraLee - Be your own hero 15
Sheron - Bathing in sunshine 16
Mean Mister Mustard - Teardrops in a hurricane 17
The Color Blew - Popcorn and Candyfloss 18
Martin Vee - Stone Pony 19
The Fismits – Independence 20

Listen HERE: https://www.podomatic.com/.../2026-08-19T12_46_45-07_00

www.radiosuidafrika.co.zaVanmiddag op Hoor, 'n gesprek met die SA sanger Egmond wat se mees onlangste treffer STOP tans ...
30/08/2026

www.radiosuidafrika.co.za

Vanmiddag op Hoor, 'n gesprek met die SA sanger Egmond wat se mees onlangste treffer STOP tans op die RSA Treffersparade is.

Al tong in die kies as Afrikaanse pop sensasie en koeksister rocker Egmond beskryf. Egmond is alreeds sederdien 2003 op die musiek toneel met musiek video treffers en #1 liedjies wat opspraak maak en aandag trek regoor die wêreld. Kyk maar na die verskeie vermaaklikheids webtuistes se voorblaaie wat hy reeds gehaal het die afgelope twee dekades, nasionale televisie wat sy videos speel en radio stasies waar hy luisteraars vermaak. Met digitale verkope oor die miljoen eenhede is daar iets uniek aan die veelsydige liedjie skrywer en sanger.

Hy skryf sy eerste liedjie op 17 maar neem dit eers op ses jaar later.

Skael in en kom luister saam.
co.za

26/08/2026

Address

Mangold Street
Port Elizabeth
6000

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when Radio Suid Afrika posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Contact The Business

Send a message to Radio Suid Afrika:

Shortcuts

Share

Category