28/05/2026
NAMPO Oesdag is meer as net ’n landbou-ekspo. Dis ’n plek waar mense bymekaar kom, idees gedeel word, verhoudings gebou word en die hart van Suid-Afrikaanse landbou gevier word. Van vroegoggend vergaderings tot inspirerende gesprekke en groot oomblikke op die verhoog het ons die jaar weer gesien hoe NAMPO ń gemeenskap saambring🌾
het weer die voorreg gehad om deel te wees van hierdie ongelooflike geleentheid by die Santam Landbou-vroueprogram in die Rose Rose-tent tydens NAMPO Oesdag 2026.
Ons span het die verhoog, beligting, klank, kameras en skerms voorsien om die ervaring tot lewe te bring, sodat elke oomblik nie net gesien en gehoor word nie, maar gevoel word. ✨
Ons glo dat goeie produksie ruimte skep waar mense kan connect, leer, inspireer en onthou.
Dankie aan almal wat deel was van die magic. 🎤💡📹